Article Information

Author:
T.T. Cloete1

Affiliation:
1Department of Afrikaans and Dutch, North-West University, Potchefstroom, South Africa

Postal address:
Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa

Dates:
Received: 28 Mar. 2012
Accepted: 16 Apr. 2012
Published: 11 Dec. 2012

How to cite this article:
Cloete, T.T., 2012, ‘die onvoltooide vrou’, Literator 33(2), Art. #410, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/
lit.v33i2.410

Copyright Notice:
© 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
die onvoltooide vrou
In This Litera...
Open Access

And to make an end is to make a beginning
(T.S. Eliot)

sỳ

is een van dié wat meer as een mens is

maar onderling is almal saamgebind
deur iets beminlik skoon

sy wat ’n vers kan blootlê soos
die rooipoot oesterbreker met die koolswart lyf
behendig met sy gloeirooi snawel oesters in ’n poel
oopwrik met laagwater

die wiskunde die vers se aanverwant
is sigbaar in die helder voorhoof

die vingers en klokstem is van die orrelis
in haar sy met die hart en vingerpunte van ’n digter

die oë en die perspektief die hand is van ’n skilder
kwa digter

en dan die sonnig aardse mens
wat as dit nodig is my magtig
onverskrokke haar verset

iets bly nog oor iets wat ontwyk
en soos musiek begin waar tekens en die taal ophou

Verlaine het al van haar geskryf
meer as ’n eeu voor sy gebore is

mon rêve familier
is sigbaar en herkenbaar maar
ontglip selfs in die son se lig

soveel dekades nadat sy hier met ons is blý
daar iets wat jeugdig is
beminlik onvoltooi
in heilna du plooy



Crossref Citations

No related citations found.