Article Information

Author:
Wyn Roux1

Affiliation:
1Department of Afrikaans & Theory of Literature, University of South Africa, South Africa

Postal address:
Private Bag X05, Noordbrug 2522, South Africa

Dates:
Received: 15 Sept. 2011
Accepted: 06 Jan. 2012
Published: 07 Dec. 2012

How to cite this article:
How to cite this article: Roux, W., 2012, ‘gedigte’, Literator 33(2), Art. #408, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/
lit.v33i2.408

Copyright Notice:
© 2012. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.
Gedigte
In This Litera...
Open Access
by ’n skilderdoek geprewel –
‘die vensters moet op knip
en als wat mooi is
verwerk tot die geluk’

Voëlsang

mens herken aan die mond
die iets wat oë nie kan,
voor dagbreek
die droom van voëlsang

Herberg

De Oude Warande, Tilburg 2010

ek woon in ’n herberg
in sneeu

met gedagtes
en sonder koerante.

ek slaap rustig
en droom volledig

sonder begin
of einde.

niks pla nie,
want ek woon

in ’n herberg
in sneeu

met gedagtes
en sonder koerante

en droom volledig

Hoëveldse winter

Op reis van Potchefstroom na Pretoria, Junie 2012
Die Hoëveldse winter is mooi.
Kyk hoe verbrand is alles.

Langs snelweë staan reuse
die een na die ander.

Kragpale.
Mynskagte.

Die lug is geweldig.
Ons ry en ons ry.

En skielik sak die son.
’n Kameraskoot.

Wat verby is, is verby.



Crossref Citations

No related citations found.