About the Author(s)


Hennie P. van Coller Email
Department of Afrikaans, Dutch, German and French, Faculty of Humanities, University of the Free State, South Africa

Citation


Van Coller, H.P., 2018, ‘Afskeid’, Literator 39(2), a1484. https://doi.org/10.4102/lit.v39i2.1484

Litera

Afskeid

Hennie P. van Coller

Received: 01 Feb. 2018; Accepted: 02 May 2018; Published: 31 July 2018

Copyright: © 2018. The Author(s). Licensee: AOSIS.
This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited.

Afskeid

Wat ons gehad het, was mooier
as waarop ons kan hoop
in dié lewe.
Maar vir my moet die liefde knetter,
vonke moet spat, spring
soos in ’n smidswinkel
woeps, hoog die lug in.
Strooisels van sterre,
vuurvliegies van ekstase.
Koud het dit geraak,
ál die hitte weggeëb.
Weet jy, afskeid neem is ’n kuns,
maar min mense beheers dit.
Draai jou rug, stap weg,
moet nooit terugkyk nie:
uitgebrande as is onthutsend
én bietjie treurig
(‘sielig’ vat dit beter vas).
Dit smeul byna nie meer nie.
Vee dit netjies op ’n hopie,
gooi dit in ’n Checkerssak,
gooi dit in ’n vullisblik.
Was jou hande.
Bietjie doodgaan is nooit
die einde van vuur nie.

Leeglê

Dit verg heelwat energie
om jou batterye te laat leegloop.
Baie talent moet jy hê
om aardslui te wees;
hope moed ook om te loer
in die leegtes van letargie,
ysere dissipline om agteloos
tyd deur die vingers te laat glip.
Ook oordag bly jy worstel
met die ondraaglike drama
van die ligtheid van lewe.
Eintlik stoei jy met
wat die wêreld skynbaar verwag.
Daagliks word jy minder belangrik:
wie lui is, kan moeilik presteer,
word nooit volgens prestasie geëer.
Onder jou vel leef die ander-ek
treurig omdat selfs jý hom nie kan verdra nie.
Wat kry jy as jy hard werk aan luiheid?
Ure bestee aan leeglê studeer?
Word daar iets gefluister van vryheid?
Die losraak uit die vel strak gespan?
Wat alles straks binnehou,
maar tog ook (…) knel.



Crossref Citations

No related citations found.