Enantiodromia
Ek is ’n gedig
wat ’n plek
soek om te gebeur:op my psige ingebreek
deur klouterdiewe
van die digkuns. My paspoort en ID
raak soek as ek vra:
wié roep daar? Op reis in ’n sirkelgang
weet ek nou
jy sal klip uit bloed tap. ’n Orkaan waai
die huis van die gedig
hermeties onderstebo:
Jannie Smuts dra
in sy saalsak
Kantwerk -
wolf, wolf
blaas blaas
voor die deur:
word eerder mana (sic! )
uit die hemele van die onbewuste
soos Carl Gustav
dit netjies stel: complexio oppositorum
hou my dag en nag
tobbend oor oorgange: dié bostaande formule
onbegrypend nes ’n akker
breek in my gemoed: gedagvaar deur die dood
en verloën oor die liefde,
dus as hermiet verban. Die spreker (én leser)
bly skuilhou én kopkrap in die
kelders van onthou.
Katabasis
“We live life forwards and think about it backwards”Howard Nemerov Dieper delwend die verlede in
lesend aan die vyfde edisie
van die Norton
ontdek ek ’n vers van Simon Armitage
oor hoe jy nooit ’n gil
kan stilmaak nie. Verder die hel in
speel skeeloog Sartre
harpsikord
en sing vals-vals
die hel-is-ander-mense; met Dowe Peet
aan’t klippe kap
oor sy weggegaan het
en bly merels voer
teen die wind; nes Dirk-der-duisende
weet daar is moer
in sy grootkoffieboek
se digterlike parade. Is ek dan steeds Orpheus
soekend na Eurydice
of word dié proses
meer-en-meer
‘n anabasis?
What the hell!
Jeroen Bosch trip-
tiek ‘n laaste oordeel
met sy visies
van die helnaarmaals. Op my ou ramkietjie
met net een snaar
speel ek immer op papier
só aanmekaar.
|