Original Research
Latyn en die eenheid en verskeidenheid van die romaanse tale
Literator | Vol 6, No 4 | a929 |
DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v6i4.929
| © 1985 M. J.H. du Plessis
| This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 09 May 1985 | Published: 09 May 1985
Submitted: 09 May 1985 | Published: 09 May 1985
About the author(s)
M. J.H. du Plessis,, South AfricaFull Text:
PDF (189KB)Abstract
Met die afsterwe van die biskop van Avignon in 561 het die koning van die Franke, Clotharius die eerste, die vakante pos aan ’n Paryse priester aangebied. Laasgenoemde het die aanbod egter vriendelik maar ferm van die hand gewys. As rede het hy sy onkunde en veral sy gebrekkige kennis van korrekte Latyn aangevoer, waar hy in Avignon verplig sou wees om onder geleerdes te beweeg wat ’n suiwerder vorm van Latyn sou praat. Hierdie anekdote wat vir ons vertel word deur Gregorius van Tours in sy Geskiedenis van die Franke dui reeds op die duidelik waarneembare verskil in die kultuur en taal in die Suidelike en Noordelike dele van die sesde eeuse Gallië (Gregorius Turonensis, 1951:6.9).
Keywords
No related keywords in the metadata.
Metrics
Total abstract views: 2612Total article views: 1870