Original Research

Die grondteks van die Afrikaanse Nuwe Testament

J. H. Petzer
Literator | Vol 6, No 3 | a924 | DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v6i3.924 | © 1985 J. H. Petzer | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 09 May 1985 | Published: 09 May 1985

About the author(s)

J. H. Petzer,, South Africa

Full Text:

PDF (168KB)

Abstract

Voordat daar met die vertaling van 'n dokument begin kan word, is dit noodsaaklik om die teks, die presiese bewoording van die dokument, vas te stel. Die vasstelling van die teks is soveel te meer belangrik wanneer die dokument wat vertaal word, 'n ou dokument is, wat voor die uitvinding van die boekdrukkuns geskryf is en waarvan die oorspronklike dokument reeds verlore is. So 'n dokument is van geslag tot geslag deur middel van handkopieë oorgelewer en in hierdie kopieproses het daar talle foute in die manuskripte van die betrokke dokument ingesluip. Aangesien die oorspronklike verlore is, moet alle beskikbare manuskripte van so 'n dokument versamel word, en met mekaar vergelyk word. Op die plekke waar hierdie manuskripte van mekaar verskil, moet dan bepaal word watter manuskrip waarskynlik die lesing van die oorspronklike dokument bevat. Nadat daar op hierdie wyse bepaal is wat die presiese bewoording van die oorspronklike dokument was, kan daar eers met die vertaling van die betrokke dokument begin word. Hierdie probleem staar alle vertalers van klassieke dokumente, maar ook vertalers van die Nuwe (en Ou) Testament in die gesig.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2679
Total article views: 2718


Crossref Citations

No related citations found.