Original Research

Die resensent as deel van die literêre kommunikasieproses

H. P. van Coller
Literator | Vol 5, No 2 | a916 | DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v5i2.916 | © 1984 H. P. van Coller | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 09 May 1984 | Published: 09 May 1984

About the author(s)

H. P. van Coller, Departement Afrikaans-Nederlands, UOVS, South Africa

Full Text:

PDF (325KB)

Abstract

Die leser neem vandag ’n belangrike plek in binne literatuurondersoek; in baie resente literêre benaderings word hy trouens sentraal geplaas. 'n Hele ontwikkelingsgang voltrek hom sodoende op die gebied van die literatuurteorie in die afgelope hondcrd jaar: die fokus verskuif van die outeur (positivisme) na die teks (outonomisme) en uiteindelik na die leser. Dit is toe te skryf aan die besef dat 'n literêre teks ’n artefakt is wat deur 'n leser omskep word tot ’n estetiese objek en dal ’n literêre teks se bestaan belangrike ontologiese vrae oproep: onafhanklik van ons belewing daarvan bestaan die teks nie werklik nie. Lesers kan vandag in twee kategorieë verdeel word, nl. passiewe lesers wat hul leeservaring nie openbaar maak nie, en sg. aktiewe lesers wat hul resepsie wel verwoord. Die laasgenoemde groep word weer verdeel in produktiewe lesers en reproduserertde lesers. Ons laat die produktiewe lesers wat nuwe literêre tekste skep, verder ter syde; reproduserende lesers interesseer ons juis omdat hulle hul resepsies verwoord in die vorm van wetenskaplike analises, voordragte en resensies.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2452
Total article views: 2057


Crossref Citations

No related citations found.