Original Research

Kinderlektuur en biblioterapie

C. Lohann
Literator | Vol 6, No 2 | a910 | DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v6i2.910 | © 1985 C. Lohann | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 09 May 1985 | Published: 09 May 1985

About the author(s)

C. Lohann,, South Africa

Full Text:

PDF (116KB)

Abstract

Daar is baie mense, en onder hulle selfs opvoeders, letterkundiges en bibliotekarisse, wat kinderlektuur sien as ’n blote middel vir die kind om die tyd mee te verdryf of om te gebruik vir die genot wat 'n storie gewoonlik bied. In die akademiese wêreld is dit eweneens niks vreemds dat die mening soms bestaan dat die kinderlektuur 'n terrein is wat darem nie werklik geskik is vir ernstige studie of navorsing nie. By die moderne universiteit is dit dikwels vir studente ’n verleentfieid om kinderlektuur te bestudeer, omdat hulle die spot van maats moet verduur as hulle hul met kinderstories ophou. In al hierdie gevalle is die uitgangspunt min of meer die volgende: Watter intelligente en regdenkende mens, wat akademies en intellektueel al 'n bepaalde vlak bereik het, sou verkies om hom met hierdie beuselagtige, eenvoudlge dinge van die kind op te hou as hy in staat is om veel belangriker en ingewikkelder terreine te bestudeer?

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2562
Total article views: 2838


Crossref Citations

No related citations found.