Original Research

The diamond novels of Luderitz: fact or fiction?

G. Thiel
Literator | Vol 9, No 3 | a854 | DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v9i3.854 | © 1988 G. Thiel | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 07 May 1988 | Published: 07 May 1988

About the author(s)

G. Thiel,, South Africa

Full Text:

PDF (379KB)

Abstract

Hierdie artikel ondersoek drie prosawerke wat gedurende die opwindende tydperk van 1908-1914 oor die lewe op die diamantvelde van Suidwes-Afrika, spesifiek in die omgewing van Luderitz, geskryf is. Aangesien die skrywers van hierdie werke kragtige ondersteuners van die Duitse kolonialisme was, wou hulle met hulle literêre werke die kolonisasie van Suidwes-Afrika aanmoedig. Daarom het hulle - soos hierdie artikel aantoon - kwistig historiese gegewens in die fiktiewe tekste geintegreer om sodoende ’n outentieke agtergrond te skep, Hulle ploeg egter vir die sentimente met die kalwers van die Duitse triviale vervolgverhale wat destyds reeds in die kolonie beskikbaar was. Hierdie eienaardige kombinasie lei tot negatiewe assosiasies met die destydse kolonie Suidwes-Afrika en ondermyn sodoende die doelwitte van die skrywers. Waar die skrywers die probleme van die kolonisasie van die inheemse bevolking aanraak of wys op die moeilikhede wat die Duitsers met die aanpassing by die eensame leefwyse in Suidwes-Afrika ondervind, styg hulle bo die vlak van gewone triviale literatuur uit. Ongeag die eksotiese besonderhede, gesien vanuit ’n Europese perspektief, beskryf die tekste 'n onherbergsame landstreek en die helde en heldinne swig óf voor die moeilikhede en versoekings van die lewe in die diamantwêreld, óf hulle keer terug Duitsland toe om daar ’n gelukkiger toekoms tegemoet te gaan.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2324
Total article views: 2412

 

Crossref Citations

1. ‘A German Whore and no Money at that’: Insanity and the Moral and Political Economies of German South West Africa
Mattia Fumanti
Culture, Medicine, and Psychiatry  vol: 44  issue: 3  first page: 382  year: 2020  
doi: 10.1007/s11013-019-09663-4