<?xml version="1.0" encoding="UTF-8" standalone="yes"?>
<article Literator_394=""><bibl><publisher><pub_name>AOSIS OpenJournals</pub_name><pub_url>www.openjournals.net</pub_url><pub_mail>info@openjournals.net</pub_mail>
<journal_website>http://www.literator.org.za</journal_website></publisher><issn><issn_print>0258-2279</issn_print><issn_web>2219-8237</issn_web></issn><title>
<article_title>Uit ‘Tinboektoe toe’ </article_title></title><aug><au><author_name>S.F. (Franci) Greyling1</author_name><author_affiliation>1Faculty of Arts,
School of Languages, North-West University, South Africa</author_affiliation></au></aug><correspondence><corresponding_email>franci.greyling@nwu.ac.za</corresponding_email>
<corresponding_postal_address>Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa</corresponding_postal_address></correspondence></bibl><xref>
<article_title>394</article_title><volume>33 </volume><issue>1</issue><doi>10.4102/lit.v33i1.394 </doi></xref><history><dates><recieved_date>05 Dec. 2011</recieved_date>
<accepted_date>30 Jan. 2012</accepted_date><paragraph>13 Nov. 2012</paragraph></dates><citation><text>Greyling, SF., 2012, ‘Uit “Tinboektoe toe”’, Literator 33(1), Art. #394, 2 pages. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v33i1.394</text></citation><note><text>Hierdie bydrae is uit die kunstenaarsboek Tinboektoe toe, geskryf deur Franci Greyling (2010), http://www.bookboek.co.za/fg.html</text></note></history><copyright><year>© 2012.</year><statement>The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. </statement></copyright><body><sec_heading>Tinboektoe toe <paragraph>Eendag was daar drie sussies wat by die noordbrug langs die mooi rivier gebly het. Die eerste sussie het gedans, drama gedoen, en het baie vriende gehad. Die derde sussie het tennis en hokkie gespeel en het altyd eerste in haar klas gestaan. </paragraph><paragraph>En die middelste sussie? Die middelste meisiekind het gereis.  ****</paragraph><paragraph>Jare terug het die meisiekind na baie droom en baie dink uit blik en sink en stukkies draad vir haar ’n wondertuig gemaak.</paragraph><paragraph>’n Tuig wat van die noorderbrug op die westewind kan reis tot by die oosste oosterlig en die punt van die suiderkruis.</paragraph><paragraph>Nou reis sy ver en soms naby, bring van orals stories saam, lappies kleur, titseltjies geur en skerfies van die maan.  ****</paragraph><paragraph>Liewe almal by die huis, Ek vertrek weer op ’n reis. Wil jy dalk weet waarnatoe? Al die pad na Tinboektoe.</paragraph><paragraph>Ek het kaarte in my tas ’n pen, ’n boek en ’n kompas, ’n serp wat in die wind kan waai en skoene wat kan tiekiedraai.</paragraph><paragraph>Die reis sal sewe weke duur en ek sal vir jou briewe stuur  van elke nuwe vreemde plek en stories wat ek daar ontdek.</paragraph><paragraph>Skryf elke week vir my terug. Pos jou kaart na die noorderbrug. En voor jy sien, is ek weer hier by ons huis langs die mooi rivier.</paragraph><paragraph>Middelste Meisiekind </paragraph><paragraph>By die brug kan ek nie oor want daar onder sit ’n trol wat so verskriklik lelik is dat al die bokkies skrik mis en stertorent weghol!</paragraph><paragraph>Toe maak ek maar ’n ander plan en duik die water in en dit is eintlik hoe my reis na Tinboektoe begin.</paragraph><paragraph>Op reis – soos in stories – is daar dikwels ’n bos ’n woud of ’n klompie bome.</paragraph><paragraph>Plek vir  verdwaal avonture drome.  ***</paragraph><paragraph>Raai wie het ek vandag ontmoet? Twee hygende varkies en ’n wolf op spoed. Ek wou nog vra: “Gaan dit goed?” Maar hulle was so haastig dat ek hul skaars kon groet!</paragraph><paragraph>(*Gepubliseer in Rymreise, saamgestel deur Adinda Vermaak en Pieter Strauss, Nasou Via Afrika, 2010)   ***</paragraph><paragraph>Op reis is jy soms alleen en soms ontmoet jy ander, maak jy vriende langs die pad wat jou laat talm, wat dalk ’n wyle saamreis, stories en avonture deel, of selfs ’n nuwe koers aanwys.  ***</paragraph></sec_heading><sec_heading>Die vlieënde Hollander <paragraph>Op ’n donker stormnag as die golwe siedend slaan – en die maan slegs ’n skerfie – verskyn daar asof uit die niet ’n skip met wapperende seile.</paragraph><paragraph>Dis hy, sal matrose fluister, dis hy, huil die wind. Dis die man,  dis die een wat op ’n donker stormnag  met die golwe siedend teen die boeg teen God en mens gevloek het – gedoem is om ewig te swerf nooit te anker nie nooit te sterf – te vaar voort te vaar voorts vaart voort  ***</paragraph><paragraph>Droogvoets deur die Rietsee en veertig jaar deur die woestyne Mara waar die water bitter was en Elim met die twaalf fonteine.  ***</paragraph><paragraph>Op pad van Jerusalem na Jerigo het rowers ’n man half dood laat lê. Twee het gesien maar verbygegaan. ’n Derde het vertoef versorg verstaan.  ***</paragraph><paragraph>(Lees hierdie versie van onder na bo)  “Tink, tink, tink, tink, tink!”	           		                                         verby.                    gly en glip hy onder sy vlerke uit toe aasvoël aan die wolke raak Tinktinkie het ’n plan gemaak:  – net aasvoël in die bloue lug –</paragraph><paragraph>maar een vir een val hul terug almal laat die vlerke klap Uil en volstruis, arend en flap by almal verby?” “Kan die hoogste vlieg “Wie van ons?” het die voëls gestry,</paragraph></sec_heading><sec_heading>Die voëls kies ’n koning <paragraph>***  Noord oor die Vaalrivier na Transvaal, oos oor die draak se rug na Natal, deur die einders van die dorsland, teen die grense van die koors, lê die spore van ’n wa.  ***  * </paragraph><paragraph>Ek skryf ’n brief aan die man op die maan – bladsye en bladsye vol. Ek rol dit in ’n koker op, bind dit aan ’n pyl en skiet dit met ’n wilgerboog dat die hoog die lug inseil. Ek sien hoe dit deur die sterre trek en om die maan gaan draai en al verder deur die donker lug ’n duisend briewe saai. Nou wonder ek  – en wonder jy? – het hy ooit sy pos gekry, of sou daar iemand anders wees wat al dié briewe nou dalk lees?</paragraph><paragraph>(*Gepubliseer as “Sterrekyker” in Toulopers: verse vir tieners, saamgestel deur Jaco Jacobs, LAPA, 2011)  ***</paragraph><paragraph>Suiderkruis Oosterlig Westewind Noorderbrug</paragraph><paragraph>Liewe almal –  Ek is terug.</paragraph><paragraph>Dis lekker om weer hier te wees en al julle stories nou te lees.</paragraph><paragraph>Beste groete Reiskind</paragraph><paragraph>NS. Ek was toe by Tinboektoe Wanneer gaan jy daarnatoe?</paragraph></sec_heading></body></article>
