<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-43-1869</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v43i1.1869</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Geleerde digters en geleerde lesers</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-4007-6427</contrib-id>
<name>
<surname>Steenkamp</surname>
<given-names>Johan J.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>School for Ancient Languages and Text Studies, Faculty of Theology, North-West University, Potchefstroom, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Johan Steenkamp, <email xlink:href="johan.steenkamp@nwu.ac.za">johan.steenkamp@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>10</day><month>10</month><year>2022</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2022</year></pub-date>
<volume>43</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1869</elocation-id>
<product><source>Die geleerde digter</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Henderson</surname> <given-names>W.J</given-names></string-name></person-group> <isbn>ISBN 978-0-6399219-2-1</isbn> <publisher-name>Imprimatur</publisher-name>, <year>2018</year>, <comment>R600&#x002A;</comment> <comment>&#x002A;Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2022. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2022</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p><italic>Die geleerde digter</italic> is Henderson se vierde boek oor korter antieke Griekse po&#x00EB;sie en die langste &#x2013; die boek beslaan drie bande. Die werk bevat seleksies uit die pastorale en epigrammatiese po&#x00EB;sie. Di&#x00E9; reeks oor die korter Griekse po&#x00EB;sie beoog, in Henderson se woorde, om &#x2018;n seleksie van die antieke Griekse po&#x00EB;tiese vorme wat nog nie in Afrikaans vertaal is nie, in Afrikaans beskikbaar te maak. Die eerste boeke in die reeks, <italic>Op Griekse lier</italic> (2004), <italic>Vir Griekse fluite</italic> (2009), en <italic>Die berispende stem</italic> (2011), het onderskeidelik liriese, elegiese en jambiese po&#x00EB;sie bevat. Hierdie laaste boek sluit die res van die genres in, wat tydens die Hellenistiese tyd meer popul&#x00EA;r was. <italic>Die geleerde digter</italic> is nie &#x2018;n vertaling van al die korter Griekse po&#x00EB;sie wat gepubliseer is nie; dit is &#x2018;n antologie eerder as &#x2018;n versameling. <italic>Die geleerde digter</italic> gee &#x2018;n verteenwoordigende seleksie van die genres, besprekings van die gedigte, die konteks waarin hulle gepubliseer is en die digterlike storiew&#x00EA;reld waarin die gedigte afspeel.</p>
<p>Die doelwit wat Henderson hom met die boek gestel het, is allesbehalwe maklik. Die po&#x00EB;sie in hierdie bundel is die produk van &#x2018;n lang en komplekse liter&#x00EA;re tradisie en Henderson se werk daarop is, soos hy in die voorwoord bely, reeds in die vorige eeu in Urbino in Itali&#x00EB; begin. Hellenistiese po&#x00EB;sie is eiesoortig en uniek. Dit is geskep in &#x2018;n spesifieke geskiedkundige konteks, wat nie maklik is om te leer ken nie, en in &#x2018;n sonderlinge kulturele klimaat wat moeilik is om te verstaan. Afgesien hiervan is die tekste van die gedigte self ook nie stabiel nie, maar die produk van eeuelange oorskryf. <italic>Die geleerde digter</italic> is dus, terselfdertyd, &#x2018;n vertaling, &#x2018;n liter&#x00EA;re interpretasie, &#x2018;n kultuurgeskiedkundige analise en &#x2018;n tekskritiese ondersoek.</p>
<p>Die meeste van die gedigte vervat in <italic>Die geleerde digter</italic> is alreeds in antieke tye in antologie&#x00EB; versamel. Die gedigte wat die grootste invloed op Europese literatuur gehad het, kom uit die versameling wat bekend staan as die <italic>Anthologia Graeca</italic> (1606), wat op sy beurt saamgestel is uit die <italic>Anthologia Planudea</italic> (14de eeu) en die <italic>Anthologia Palatina</italic> (10de eeu). Di&#x00E9; versamelings is natuurlik op ouer versamelings gebaseer waarvan ons nie baie weet nie. Die oudste versamelaar van antieke Griekse gedigte aan ons bekend is Meleagros van Gadara, wie se gedigte in band drie verskyn.</p>
<p>Antieke Griekse literatuur het &#x2018;n enorme geskiedenis en die meeste van die genres wat ons vandag in Westerse literatuur aantref is deur die antieke Griekse skrywers geskep. Die arga&#x00EF;ese tydperk (<italic>c.</italic> 800-480 v.C.) is bekend vir veral epiese po&#x00EB;sie en die meeste lesers is bekend met die <italic>Ilias</italic> en <italic>Odusseia</italic> van Homerus, dalk ook met die werke van Hesiodus. Die klassieke tydperk in die vyfde eeu v.C. en net daarna is weer bekend vir die drama van die beroemde Griekse tragedieskrywers soos Sophokles, Aristophanes en Euripides. Dit is natuurlik nie te s&#x00EA; dat daar slegs drama en epos in antieke Griekeland geskryf is nie en Henderson wy &#x2018;n deel van band twee aan die epigrammatiese po&#x00EB;sie van di&#x00E9; tydperk. Die grootste deel van <italic>Die geleerde digter</italic> is egter gemoeid met die po&#x00EB;sie van die Hellenistiese tydperk &#x2013; die tydperk wat gevolg het op die val van die Macedoniese ryk van Aleksander die Grote. In hierdie tydperk het genres met korter gedigte meer popul&#x00EA;r geword en die beste digters het hulle op die korter genres toegespits. Dit is ook in di&#x00E9; tyd dat Griekse literatuur nie meer deur outeurs van Griekeland oorheers is nie, maar toe die kulturele hoofstad van die Griekssprekende beskawing na Aleksandri&#x00EB; in Egipte verskuif het. In Aleksandri&#x00EB;, onder die beskerming van die Ptoleme&#x00EF;ese koningshuis, het die letterkunde in &#x2018;n unieke kulturele konteks in en om die beroemde biblioteek, die <italic>Mouseion,</italic> in die stad gefloreer.</p>
<p>Die titel <italic>Die geleerde digter</italic> is ontleen van hierdie ho&#x00EB; liter&#x00EA;re kultuur waarin die po&#x00EB;sie geskep is. Soos Henderson in die verskeie inleidings in die boek ons telkens bewus maak, is hierdie korter po&#x00EB;sie deur geleerde skrywers vir &#x2018;n baie spesifieke gehoor gekomponeer. Die netwerke van intertekstuele verwysings, fyn humor en subtiele po&#x00EB;tiese spel maak die gedigte kompleks en interessant &#x2013; dit maak ook die vertaler se werk baie moeiliker. Dit is alombekend dat vertaling nie net die omskakeling van &#x2018;n boodskap in een taal na &#x2018;n ander behels nie, maar dat dit ook, veral in die geval van literatuur, die herskepping van die oorspronklike kunswerk in &#x2018;n nuwe kultuur vereis. <italic>Die geleerde digter</italic> kry dit reg.</p>
<p>Die eerste band bevat &#x2018;n algemene inleiding tot al drie bande van die boek. Die lys van afkortings, wat redelik uitgebreid is, sowel as die notas oor die datums (en gebrek aan datums) vir die Griekse outeurs, word egter in elke band herhaal. In die eerste band, in die tweede hoofstuk, word die liter&#x00EA;re w&#x00EA;reld van Aleksandri&#x00EB;, die konteks waarin gedigte van al drie bande gepubliseer is, beskryf. Di&#x00E9; inleiding is nie &#x2018;n geskiedkundige handboek oor die tydperk nie, maar &#x2018;n inleiding tot die verstaan van die po&#x00EB;sie wat volg. Henderson behandel die Hellenistiese w&#x00EA;reldbeeld en filosofie, die kultuur van die <italic>Mouseion</italic> en die liter&#x00EA;re teorie wat die skryf en lees van die po&#x00EB;sie onderl&#x00EA; het.</p>
<p>Met die eerste oogopslag lyk dit of die sowat 15 bladsye wat aan hierdie afdeling gewy is, nie naastenby voldoende kan wees om s&#x00F3; &#x2018;n ingewikkelde tydperk te beskryf nie. &#x2018;n Nader blik wys die teenoorgestelde. Henderson mors nie tyd met breedvoerige verduidelikings wat reeds in ander boeke opgeskryf is nie en streng gesproke aan die meeste literatuurliefhebbers bekend behoort te wees. Die bespreking fokus slegs op di&#x00E9; aspekte van die kultuur wat noodsaaklik is vir die verstaan en geniet van die po&#x00EB;sie. Die res van die eerste band is gewy aan die pastorale po&#x00EB;sie self.</p>
<p>Die afdeling oor pastorale po&#x00EB;sie fokus natuurlik op Theokritos van Sirakuse, sekerlik die bekendste pastorale digter, maar Moschos van Sirakuse en Bion van Smirna is ook verteenwoordig. Elkeen van die digters het hul eie inleiding waarin Henderson noukeurig, maar bondig, die inligting wat oor die digters beskikbaar is, gee. Die hoogtepunt van die eerste band is definitief die sowat negentig bladsye wat aan Theokritos gewy is. Die <italic>Idille</italic> van Theokritos staan aan die begin van &#x2018;n tradisie van pastorale po&#x00EB;sie en as die oorspronklike inspirasie vir pastorale po&#x00EB;sie van Vergilius tot Spenser, Milton en Pope. Elke gedig word omsluit met &#x2018;n breedvoerige uiteensetting van die tematiek, performatiewe implikasies, intertekstuele verwysingsnetwerk en, waar nodig, die tekstradisie, vooraf, en &#x2018;n interpretasie van die gedig self, daarna. Die strukturele organisasie van die besprekings en vertaling word herhaal by elke afdeling.</p>
<p>&#x2018;n Goeie voorbeeld is die storie van Poluphemus wat in <italic>Idille 11</italic> vertel word en weer in <italic>Idille 6</italic> na verwys word. Poluphemus die sikloop is smoorverlief op die nimf Galateia, maar hy dink dat sy hom lelik ag (hy is immers &#x2018;n sikloop). Om hom van sy liefdesteleurstelling te genees, sing hy aan sy beminde &#x2018;n lied wat nie baie gesofistikeerd is nie. Hier is &#x2018;n uittreksel:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2018;Ek weet, skone meisie, waarom jy wegvlug:</p>
<p>dit is omdat &#x2018;n harige wenkbrou, net een grote,</p>
<p>oor my hele voorkop strek van oor tot oor,</p>
<p>en net een oog daaronder is, en &#x2018;n plat neusgat bo my lip.</p>
<p>Maar lelik soos ek is, ek pas &#x2018;n duisend beeste op,</p>
<p>en van hulle trek en drink ek die beste melk.</p>
<p>Aan kaas het ek geen tekort, nie in die somer, herfs</p>
<p>of einde winter nie: my rakke is altyd swaar gelaai&#x2019;.</p>
</disp-quote>
<p>Band twee bevat klassieke en vroe&#x00EB; Hellenistiese epigramme. Die gedigte in hierdie bundel is nie almal Aleksandryns nie, maar kom uit verskeie ander dele van die Griekse w&#x00EA;reld. Die band is natuurlik ook van &#x2018;n inleiding voorsien wat die oorsprong, ontwikkeling en tematiek van die epigram bespreek. Die beroemde digters Simonides van Keos, Leonidas van Tarentum en Poseidippos van Pella is natuurlik verteenwoordig, maar die tydperk het ook verskeie vrouedigters opgelewer. Die w&#x00EA;reld van vroue in antieke Griekeland, hul vrese en drome, word verwoord in die epigramme van Erinna van Telos, Anut&#x00EA; van Tegea en Nossis van Lokri.</p>
<p>Die vrouedigters staan nie terug vir die mans nie en hul werk is al in antieke tye hoog geag. Een van die epigramme van Nossis eindig met &#x2018;n koeplet wat nie minder nie as vier interpretasiemoontlikhede bevat. Di&#x00E9; word in die bespreking n&#x00E1; die gedig genoem, maar in die vertaling self word die polisemie net so gelos:</p>
<disp-quote>
<p>&#x2018;&#x201C;Niks is soeter as die liefde nie; alle ander genietinge kom</p>
<p>tweede; ek het selfs heuning uit my mond gespoeg.&#x201D;</p>
<p>So s&#x00EA; Nossis. Maar vir wie Kupris&#x002A; nog nie gesoen het nie, &#x002A;<italic>Aphrodite</italic></p>
<p>weet regtig nie watter blomme haar rose is nie&#x2019;.</p>
</disp-quote>
<p>Laastens, in band drie, word daar na die <italic>Mouseion</italic> in Aleksandri&#x00EB; teruggekeer. Die seleksie begin by sekerlik die beroemdste Hellenistiese digter, Kallimachos van Kurene, een van die hoofbibliotekarisse van die <italic>Mouseion</italic> en eindig by Meleagros van Gadara wat in die eerste eeu v.C. in Siri&#x00EB; gebore is.</p>
<p>Die keurige uitleg en versorging van die drie bande moet ook genoem word. In hierdie opsig moet Imprimatur gekomplementeer word met die drie aantreklike bande wat hulle uitgegee het. Die stofomslag voel luuks en die bindwerk lyk of dit die aanslae van herhaalde gebruik maklik sal weerstaan. Die bladsye is netjies uitgel&#x00EA; en alhoewel die skreeflose lettertipe eienaardig is vir &#x2018;n gedrukte boek, lees die teks maklik. Die groot probleme wat gewoonlik gepaardgaan met die lettersetwerk van antieke Griekse woorde en name is ook doeltreffend opgelos. Die algemene gebrek aan drukfoute in die enorme hoeveelheid detail in die voetnotas, glossaria, en bibliografie&#x00EB; getuig van tydsame en noukeurige proefleeswerk.</p>
<p>Dit bly oor om <italic>Die geleerde digter</italic> heelhartig aan te beveel aan alle po&#x00EB;sie- en literatuurliefhebbers. <italic>Die geleerde digter</italic> is waardevol vir die plesier wat die antieke Griekse po&#x00EB;sie verskaf en vir die toeligting en bespreking van hierdie po&#x00EB;sie. <italic>Die geleerde digter</italic> is egter ook waardevol vir sy potensi&#x00EB;le bydrae tot die Afrikaanse literatuur. Die bladsye van hierdie boek verleen toegang tot &#x2018;n bron van liter&#x00EA;re inspirasie waarsonder Westerse literatuur nie in die huidige vorm sou bestaan nie. Vertalings van hierdie po&#x00EB;sie staan aan die begin van die letterkunde van Itali&#x00EB; en Spanje en vandaar is dit deur Europa versprei, van biblioteek na biblioteek, totdat die Hellenistiese digters &#x2018;n intrinsieke deel geword het van die liter&#x00EA;re verbeelding van die w&#x00EA;reld.</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Steenkamp, J.J., 2022, &#x2018;Geleerde digters en geleerde lesers&#x2019;, <italic>Literator</italic> 43(1), a1869. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v43i1.1869">https://doi.org/10.4102/lit.v43i1.1869</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>