<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-43-1800</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v43i1.1800</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Roman waar taal &#x2019;n hoofrol speel</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-9643-3390</contrib-id>
<name>
<surname>de Korte</surname>
<given-names>Ilse</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Subject Group Afrikaans and Dutch, School of Languages, Faculty of Humanities, North-West University, Vanderbijlpark, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Ilse de Korte, <email xlink:href="ilse.dekorte@nwu.ac.za">ilse.dekorte@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>08</day><month>06</month><year>2022</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2022</year></pub-date>
<volume>43</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1800</elocation-id>
<product><source>Die verdriet van Belgi&#x00EB;</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Hugo Claus</given-names>, <surname>vertaal deur Daniel Hugo</surname></string-name></person-group> <isbn>9781485307662</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2020</year>, <comment>R395*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2022. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2022</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Die verdriet van Belgi&#x00EB;</title>
<p>Hugo Claus (1929&#x2013;2008) is een van die vernaamste kontempor&#x00EA;re Vlaamse skrywers en verower in sy loopbaan vele van die grootste liter&#x00EA;re pryse vir sy werk as romanskrywer, dramaturg en digter.</p>
<p>Noemenswaardige biografiese besonderhede is Claus se verhouding in die vroe&#x00EB; 1970&#x2019;s met die aktrise Sylvia Kristel, wat bekend was vir haar rol as Emmanuelle in die gelyknamige film. &#x2019;n Ander een is sy dood in 2008 deur middel van eutanasie wat wettig is in Belgi&#x00EB;. Claus het aan Alzheimersiekte gely.</p>
<p><italic>Het verdriet van Belgi&#x00EB;</italic> is die 1983-roman van Hugo Claus. Die roman speel af in die periode van die Tweede W&#x00EA;reldoorlog tussen 1939 en 1947. Dit is in essensie &#x0149; grootword-roman of Bildungsroman, en die leser beleef die periode net voor, gedurende en net na die oorlog deur die o&#x00EB; van die jong seun, Louis Seynaeve. Die roman het vele outobiografiese trekke. Sy pa, Jozef, was &#x0149; drukker en Claus se ervarings in die koshuis op skool, sowel as die Duitse besetting van Belgi&#x00EB;, vind alles neerslag in hierdie roman.</p>
<p>In 2020 verskyn <italic>Die verdriet van Belgi&#x00EB;</italic> in Afrikaans, in opdrag van Nicol Stassen vir Protea Boekhuis. Dit is uit Nederlands vertaal deur die produktiewe vertaler, Daniel Hugo, wat dit in &#x2019;n onderhoud met Willem de Vries (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2020</xref>) en Yves T&#x2019;Sjoen beskryf as een van die grootste uitdagings en hoogtepunte van sy loopbaan. In dieselfde onderhoud beskryf T&#x2019;Sjoen Hugo se vertaling van hierdie lywige meesterwerk van 770 bladsye, as &#x2019;n prestasie of &#x2018;<italic>huzarenstuk</italic>&#x2019;. En &#x2019;n prestasie is dit beslis.</p>
<p>Dit is nie &#x2019;n maklike boek om te lees nie. Die taal sit partykeer in jou tande vas soos &#x2019;n taai toffie. Hierdie feit is nie te wyte aan die vertaalwerk nie, allermins. Met die Nederlandse teks vergeleke, besef die leser dat dit geensins in Standaardnederlands geskryf is nie, maar in die Vlaamse spreektaal wat Marc Reynebeau in <italic>De Standaard</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2004</xref>) beskryf as kunsmatige, maar outentieke Vlaams. Daarmee saam word Frans, Duits en Engels tussendeur ook in die roman gebruik, wat dit selfs vir &#x0149; Nederlandse leser iets maak om aan gewoond te raak. &#x2018;[<italic>T</italic>]aal speelt een hoofdrol in <italic>Het verdriet van Belgi&#x00EB;&#x2019;</italic>, aldus Vera Martens op die Universiteit Utrecht-blad oor die roman. Taal word deel van die ideologiese onderbou van die roman en hoe die karakters praat, weerspie&#x00EB;l hoe hulle ideologies geposisioneer was in Vlaandere gedurende die tyd van die oorlog. Reynebeau (2004) skryf verder oor die Nederlandse roman: &#x2018;[<italic>V</italic>]<italic>ia de taal geeft Claus gestalte aan een hele leefwereld. Die blijkt vooral te bestaan uit zegswijzen, clich&#x00E9;s en dooddoeners en krijgt mede daardoor een tegelijk menselijk en grotesk karakter</italic>&#x2019;, wat bydra tot die kunsmatige outentisiteit waarna hy verwys. Al hierdie aspekte sal &#x0149; vertaling van hierdie werk dus uiters kompleks maak.</p>
<p>Hugo word deur T&#x2019;Sjoen beskryf as &#x0149; &#x2018;skerp leser&#x2019; en &#x2018;uitmuntende vertaler&#x2019;, eienskappe wat sal nodig wees om al die aspekte van die taal in die roman neerslag te laat vind in Afrikaans. As leser het dit my dadelik opgeval dat taal in die Afrikaanse vertaling op &#x2019;n genuanseerde manier gebruik word, en Hugo plaas klem op die feit dat hy dit in informele Afrikaans probeer vertaal het (bv. &#x2018;buikband&#x2019; word vertaal as &#x2018;belt&#x2019;, i.p.v. gordel, p. 298). Alhoewel dit in informele Afrikaans vertaal is, vind die kompleksiteit van die taal deur middel van die taalgebruik tog sy weg na hierdie vertaling. Dit getuig van &#x2019;n taalvaardigheid, asook vertaalvaardigheid.</p>
<p>In &#x0149; onderhoud met Hugo oor sy boek, <italic>Vers en kapittel</italic>, vertel hy aan hierdie resensent die staaltjie oor sy vertaling van Alfred Schaffer (wat pas die P.C. Hooft-prys gewen het) se digkuns. Toe Hugo aan Schaffer noem dat hy nie altyd verstaan wat in Schaffer se po&#x00EB;sie staan nie, antwoord Schaffer bloot &#x2013; moenie probeer om dit te verstaan nie, vertaal net wat daar staan. So eenvoudig is dit met &#x0149; teks soos <italic>Die verdriet van Belgi&#x00EB;</italic> natuurlik nie, juis omdat die taal soveel kulturele en ideologiese merkers bevat (De Vries 2004):</p>
<disp-quote>
<p>Die boek bevat nie net dialek nie, maar ook heelwat Frans, Duits en selfs geradbraakte Duits (tydens die oorlog), asook Engels (tydens die bevryding &#x2013; Belgi&#x00EB; is deur Britse, Kanadese en Amerikaanse soldate bevry). Die dialek het ek meestal in (informele) Afrikaans vertaal, terwyl ek die Frans en Duits dikwels moes behou, anders gaan die kulturele en politieke sfeer, die sosiale spanning en ironie van sekere situasies verlore. Waar die Frans en Duits behou is, het ek soms &#x0149; onopsigtelike vertaling probeer insmokke.</p>
</disp-quote>
<p>&#x2019;n Voorbeeld hiervan is:</p>
<disp-quote>
<p>Groenighe skree: &#x2018;<italic>Belgiekske nikske</italic>&#x2019;: Belgi&#x00EB; as landjie beteken niks. (bl. 279)</p>
<p><italic>Mes hommages</italic>: My komplimente. (bl. 279)</p>
</disp-quote>
<p>Baie lesers in Suid-Afrika kan tot &#x0149; sekere mate Nederlands verstaan. &#x2019;n Teks soos <italic>Het verdriet van Belgi&#x00EB;</italic> is egter nie noodwendig toeganklik vir &#x2019;n nie-moedertaalspreker nie, en daar is min lesers wat wel die geleentheid (of dryfkrag) sal h&#x00EA; om so &#x0149; klassieke werk uit die Vlaamse letterkunde te lees. Soos Hugo tereg stel, verruim vertalings ons uitkyk op die lewe en verryk die vertaling die doeltaal. Dit stel ons ook bekend aan die Vlaamse Nasionalisme en die komplekse geskiedenis van Belgi&#x00EB; waarmee die deursnee Suid-Afrikaanse leser dalk nie bekend is nie.</p>
<p>&#x2019;n Verdere interessante relevansie van die teks vir Suid-Afrika, is juis aspekte van veeltaligheid, waarmee ons ook op eie bodem te make het. T&#x2019;Sjoen (in De Vries <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2020</xref>) beskryf die boek as &#x2018;<italic>een literair idioom dat meertalig en veelkleurd is</italic>&#x2019;. Dit is iets wat sterk neerslag vind binne die Suid-Afrikaanse konteks en &#x2019;n interessante, veelvlakkige dialoog skep tussen die Vlaamse teks en die Afrikaanse teks. Die verweefdheid van taal en ideologie is in Belgi&#x00EB; van die Tweede W&#x00EA;reldoorlog en hedendaagse Suid-Afrika op baie vlakke eenders. Die ideologiese geladenheid van byvoorbeeld Afrikaans en Kaaps word indirek weerspie&#x00EB;l in die roman as &#x2019;n parallel getrek word met Vlaams en Nederlands: &#x2018;<italic>Door zijn roman in de Vlaamse spreektaal te schrijven, die een mengelmoes is van verschillende invloeden vanuit het Frans en Nederlands, verzette Claus zich tegen taalzuiverheid. Claus wilde zich van de, in zijn woorden, &#x201C;schraalheid&#x201D; die strenge regels en voorschriften voor taal met zich meebrengen bevrijden</italic>&#x2019; (Martens <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2020</xref>).</p>
<p>Die roman bestaan uit twee dele: &#x2018;Die Verdriet&#x2019; wat bestaan uit 27 genommerde hoofstukke, elk met &#x2019;n titel, en die baie langer tweede deel, &#x2018;Van Belgi&#x00EB;&#x2019;, wat meer fragmentaries is. Volgens Reynebeau (2004) illustreer dit hoe Claus skrywerskap beoefen as &#x2019;n vorm van singewing; hoe die beklemmende en onderdrukkende sosio-politieke realiteit &#x2019;n alternatief kry deur die artistieke skepping.</p>
<p>As vertaler het Daniel Hugo talle werke uit Nederlands die lig laat sien in Afrikaans. Ons letterkunde is verruim met werke van Tom Lanoye, Rutger Kopland, Herman de Coninck en Harry Mulisch om maar &#x2019;n paar te noem. Om hierdie belangrikste boek van Claus in Afrikaans te kan lees, voeg een van die hoogtepunte van die Nederlandse letterkunde toe tot ons eie.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="web"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>De Vries</surname>, <given-names>W</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, <source><italic>Hugo en T&#x2019;Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootste werk &#x2018;Het verdriet van Belgie&#x2019;, wat binnekort in Afrikaans verskyn, Litnet</italic></source>, <comment>20 Februarie, besigtig op 10 Oktober 2020, vanaf <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://voertaal.nu/hugo-en-tsjoen-deel-insigte-en-nuus-oor-claus-se-grootse-werk-het-verdriet-van-belgie-wat-binnekort-in-afrikaans-verskyn/">https://voertaal.nu/hugo-en-tsjoen-deel-insigte-en-nuus-oor-claus-se-grootse-werk-het-verdriet-van-belgie-wat-binnekort-in-afrikaans-verskyn/</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="web"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hambidge</surname>, <given-names>Joan</given-names></string-name></person-group>, <year>2020</year>, &#x2018;<article-title>Resensie: Hugo Claus, &#x201C;Die verdriet van Belgi&#x00EB;&#x201D;, vertaal deur Daniel Hugo</article-title>, <source><italic>Joanhambidge.blogspot</italic></source>. <comment>7 September, besigtig op 10 Oktober 2020, vanaf <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://joanhambidge.blogspot.com/2020/09/resensie-hugo-claus-die-verdriet-van.html">http://joanhambidge.blogspot.com/2020/09/resensie-hugo-claus-die-verdriet-van.html</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="web"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Martens</surname>, <given-names>V</given-names></string-name></person-group>., <year>2020</year>, <source><italic>Hoe taal en ideologie twee handen op een buik zijn</italic></source>, <comment>besigtig op 16 Desember 2020, vanaf <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://hetverdrietvanbelgie.sites.uu.nl/hoe-taal-en-ideologie-twee-handen-op-een-buik-zijn/">https://hetverdrietvanbelgie.sites.uu.nl/hoe-taal-en-ideologie-twee-handen-op-een-buik-zijn/</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="web"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Renebeau</surname>, <given-names>M</given-names></string-name></person-group>., <year>2004</year>, <source><italic>HUGO CLAUS IN 14 &#x00BD; ROMANS (10), Het verdriet van Belgi&#x00EB;, &#x2018;De Standaard&#x2019;</italic></source>, <comment>11 Maart, besoek op 16 Desember 2020, vanaf <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://www.standaard.be/cnt/g6m4h2etBesoek">https://www.standaard.be/cnt/g6m4h2etBesoek</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> De Korte, I., 2022, &#x2018;&#x2019;n Roman waar taal &#x2019;n hoofrol speel&#x2019;, <italic>Literator</italic> 43(1), a1800. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v43i1.1800">https://doi.org/10.4102/lit.v43i1.1800</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>