<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-41-1743</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v41i1.1743</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Po&#x00EB;sie met &#x2019;n mistieke ondertoon uit die Oos-Ortodokse tradisie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0002-3648-9931</contrib-id>
<name>
<surname>van der Berg</surname>
<given-names>Elizabeth</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Private, Pietermaritzburg, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Elizabeth van der Berg, <email xlink:href="liz@isisdancestudio.co.za">liz@isisdancestudio.co.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>15</day><month>10</month><year>2020</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2020</year></pub-date>
<volume>41</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1743</elocation-id>
<product><source>Die heimlike heiligdom</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Jacobus</given-names> <surname>van der Riet</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-1022-8</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2020</year>, <comment>R200.00*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2020. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2020</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p><italic>Die heimlike heiligdom</italic> is vader Jacobus van der Riet, &#x2019;n priester in die Oos-Ortodokse kerk, se tweede bundel. Soos in sy debuutbundel, <italic>Die onsienlike son</italic>, wat in 2012 die lig gesien het, bied Van der Riet in sy jongste bundel insiggewende grepe uit die lewens van heiliges uit sy kerktradisie. Hy giet dit in die vorm van sonnette, wat vanwe&#x00EB; die formele aard daarvan pas by die streng ritualistiese Ortodokse kerkdiens. Omdat die lewensgeskiedenisse van di&#x00E9; monnike buite die verwysingsraamwerk van die gemiddelde Afrikaanse leser val, is die kort biografiese inligting oor elkeen, wat agterin die bundel verskyn, verrykend en waardevol. Van der Riet se twee bundels vorm saam &#x2019;n eenheid.</p>
<p>Met verwysing na &#x2019;n gesluierde beeld van die Egiptiese godin, Isis, in die antieke Egiptiese stad Sa&#x00EF;s, beweer die Anglo-Katolieke skrywer van religieuse en veral Christelik mistieke werke, Evelyn Underhill (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1930</xref>):</p>
<disp-quote>
<p>All men, at one time or another, have fallen in love with the veiled Isis whom they call Truth [&#x2026;] It is the lover, the poet, the mourner, the convert, who shares for a moment the mystic&#x2019;s privilege of lifting that Veil of Isis which science handles so helplessly, leaving only her dirty fingermarks behind. (bl. 10&#x2013;11)</p>
</disp-quote>
<p>Wat agter Isis se sluier verborge is, is dit wat anderkant die fisieke realiteit, die empiriese w&#x00EA;reld soos deur die sintuie ervaar, gele&#x00EB; is. Die beeld van die sluier van Isis kan gekoppel word aan di&#x00E9; van die voorhangsel van die tempel, wat geskeur het toe Christus gesterf het en daardeur simbolies die weg vir die mens geopen het na die Allerheiligste &#x2013; na God.</p>
<p>Die klankekspressief evokatiewe titel van <italic>Die heimlike heiligdom</italic> resoneer met Underhill se beskouing hierbo, dat verborgenheid of versluiering &#x2019;n integrale deel uitmaak van die aard van die goddelike. Die afgeslotenheid van die monnik se kloostersel of grottuiste soos in &#x2019;n aantal gedigte verbeeld word, asook die Ortodokse kerklike <italic>sanctum</italic>, daardie heilige der heilige ruimte waar slegs priesters toegelaat word, weerspie&#x00EB;l dan ook &#x2019;n heimlike heiligdom soos Van der Berg (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2005</xref>) dit stel:</p>
<disp-quote>
<p>Volgens Derrida is daar &#x2019;n affiniteit tussen geheimhouding en die heilige of geestelike waar laasgenoemde volgens hom beskou kan word as &#x2019;n ervaring van die onmoontlike wat ons buite onsself uitneem en wat nie in woorde omgesit kan word, of binne die bewustelike geplaas kan word nie. (bl. 104&#x2013;105)</p>
</disp-quote>
<p>Die gedigte oor die heiliges word voorafgegaan deur &#x2019;n sestal Bybelgebaseerde sonnette waarvan &#x2018;Die aankondiging van die Blye Boodskap&#x2019; &#x2013; &#x2019;n gedeelte hieronder aangehaal &#x2013; skakel met die besondere afbeelding op die voorblad, naamlik di&#x00E9; van &#x2019;n kunswerk, &#x2018;Annunciation&#x2019;, deur die Oekra&#x00EF;ense kunstenaar Ivanka Demchuk:</p>
<verse-group>
<verse-line>Het die dagbreek gedui op wat hierdie dag sou bring,</verse-line>
<verse-line>die son hom met haas aan die nag se tentakels ontruk,</verse-line>
<verse-line>&#x2019;n gloedrooi granaat met &#x2019;n kroon van ses punte gepluk?</verse-line>
<verse-line>Het &#x2019;n duif dringend gekoer, &#x2019;n lewerik luidkeels gesing?</verse-line>
</verse-group>
<verse-group>
<verse-line>Het soos &#x2019;n bruid &#x2019;n lelie haar stempel met skroom omhul,</verse-line>
<verse-line>oornag dalk &#x2019;n amandelboom met &#x2019;n enkele bloeisel gebloei?</verse-line>
<verse-line>Het &#x2019;n roos van Saron sy kop gelig waar daar distels groei?</verse-line>
<verse-line>Het &#x2019;n kind by die basilisk gespeel, &#x2019;n leeu van Juda gebrul?</verse-line>
</verse-group>
<p>Soos hierbo, wend Van der Riet in die oorgrote meerderheid van sy gedigte mildelik die natuur &#x2013; van flora en fauna tot die hemelruim en -liggame &#x2013; as bron vir sy beelding aan. Dit laat &#x2019;n mens dink aan T.T. Cloete se &#x2018;panente&#x00EF;sties geori&#x00EB;nteerde&#x2019; ervaring van God se immanensie, waar hy &#x2018;uitreik na &#x2019;n vereniging met die in alles rondom hom geopenbaarde God&#x2019; (Odendaal <xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1997</xref>:15).</p>
<p>In bostaande versre&#x00EB;ls weerspie&#x00EB;l di&#x00E9; beelde ryk metaforiese waarde. Die &#x2018;gloedrooi granaat&#x2019;, die metaforiese son, simbool van Christus (vergelyk Mal. 4:2), is gelaai met Christelike konnotasies. Van die vroegste tye af, en in verskeie kulture, was die granaat &#x2019;n simbool van vrugbaarheid. Daar word dikwels in die Bybel daarna verwys en dit word deur sommige as Eva se legendariese <italic>appel</italic> beskou. Soos in baie ander werke, kom die granaat ook in godsdienstige skilderye van Botticelli en Da Vinci voor, dikwels in die hande van die Maagd Maria.</p>
<p>Die beelde in die tweede strofe bevat vanselfsprekende metaforiese konnotasies, wat die konteks skep vir die Engel se aankondiging aan Maria: Die duif wat met die Heilige Gees en suiwerheid geassosieer word; die lelie, simbolies van maagdelikheid wat hier met verwysing na die stempel, eroties uitgebeeld word; die amandelboom, simbool van die opstanding &#x2013; vooruitwysing na die hoofdoel van Christus se Inkarnasie; die roos van Saron met assosiasies van Salomo se geliefde, die Kerk, oftewel die mens; en die leeu van Juda wat Jesus simboliseer.</p>
<p>Di&#x00E9; gedig maak deel uit van &#x2019;n tradisie van Maria-gedigte deur Afrikaanse digters soos W.E.G. Louw, Elisabeth Eybers, Sheila Cussons, I.L. de Villiers en Cas Vos. Van der Riet self skryf in <italic>Die onsienlike son</italic> die gedig, &#x2018;Die Heilige Maagd Maria, die Moeder van God&#x2019;.</p>
<p>Om terug te keer tot die konsep van verborgenheid waarna verwys is, word versluiering en die gedagte aan God se transendensie en immanensie in &#x2019;n aantal gedigte direk uitgebeeld, of indirek daarop gesinspeel:</p>
<verse-group>
<verse-line>[&#x2026;] God se lig in jou donker spelonk [&#x2026;];</verse-line>
<verse-line>[&#x2026;] grot se wande sag soos deursigtige sluiers lig [&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>[&#x2026;] Hom wat verhul is [&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>Uit &#x2018;Die Heilige Gregorius die Dekapoliet&#x2019;</verse-line>
</verse-group>
<p>en</p>
<verse-group>
<verse-line>Met hamer en beitel kerf jy &#x2019;n kerkie uit klip,</verse-line>
<verse-line>eers die portaal, daarn&#x00E1; die naaf en oplaas</verse-line>
<verse-line>die heiligdom &#x2013; dis hier waar jy weg sal glip</verse-line>
<verse-line>van die skare, die warboel, veral die geraas.</verse-line>
<verse-line>Uit: &#x2018;Die Heilige Dani&#x00EB;l van Voronet&#x2019;</verse-line>
</verse-group>
<p>en</p>
<verse-group>
<verse-line>[&#x2026;] sluier wat Eden verhul [&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>Uit &#x2018;Die Heilige Winwaloe, oftewel Gu&#x00E9;nol&#x00E9;, van Land&#x00E9;vennec&#x2019;.</verse-line>
</verse-group>
<p>&#x2018;Die Heilige Arsenios van Kappadosi&#x00EB;&#x2019; waaruit &#x2019;n gedeelte hieronder aangehaal word, bevat die bundeltitel en kan as tematies sentraal tot die bundel uitgesonder word:</p>
<verse-group>
<verse-line>Dit is Vrydag; [&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>Dis die uur waarop tyd en ewigheid plotseling stop,</verse-line>
<verse-line>Die son verduister, geluidloos die voorhangsel skeur.</verse-line>
<verse-line>Niks verraai die heimlike heiligdom in die klippondok</verse-line>
<verse-line>waar Argimandriet Arsenios weer in afwagting waak,</verse-line>
<verse-line>hom opnuut reikhalsend strek om tot God te genaak,</verse-line>
<verse-line>kaalvoetpelgrim deur Sion se mure en koepels gelok.</verse-line>
<verse-line>[&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>As ronkedoor wil hy in die wolk van Teenwoordigheid bly.</verse-line>
</verse-group>
<p>Die skeuring van die tempelvoorhangsel, of die ontsluiering tydens Christus se kruisiging, is simbolies van dit wat toegang vir die mens tot die <italic>sanctum</italic>, oftewel tot God bewerkstellig het, en kan as misties beskou word.</p>
<p>Arsenios ervaar God in die &#x2018;heimlike heiligdom&#x2019; van die klipkerkie aanvanklik as transendent, uitgedruk in &#x2018;weer in afwagting waak&#x2019;, &#x2018;reikhalsend strek&#x2019; en &#x2018;tot God te genaak&#x2019;. Die arga&#x00EF;ese en selde gebruikte werkwoord <italic>naak,</italic> met die betekenis van <italic>nader</italic>, roep &#x2018;My naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan&#x2019; uit N.P. Van Wyk Louw se bekende gedig &#x2018;Grense&#x2019; op en benadruk die monnik se <italic>gestroopte</italic> toestand &#x2013; gestroop van sy eie ek &#x2013; in sy uitreik na God.</p>
<p>Uiteindelik ervaar die monnik God se immanensie, sy teenwoordigheid uitgedruk deur &#x2018;wolk van Teenwoordigheid&#x2019;, wat terselfdertyd steeds iets van sy verborgenheid, sy versluiering in die wolk inhou.</p>
<p>Ook in byvoorbeeld &#x2018;Die Heilige Moses van Nowgorod&#x2019;, word di&#x00E9; o&#x00EB;nskynlik paradoksale konsep, immanensie en transendensie, uitgedruk: &#x2018;[&#x2026;] na Hom wat in <italic>helder duisternis</italic> skuil [&#x2026;]&#x2019;.</p>
<p>Benewens hierdie elemente word die leser wat &#x2019;n aanvoeling daarvoor het, deurgaans bewus van die mistieke aard van sommige gedigte. Dit is helaas nie moontlik om binne die bestek van hierdie resensie volledig hieraan aandag te skenk nie; ter illustrasie word daar dus met &#x2019;n paar voorbeelde en opmerkings volstaan.</p>
<p>Die volgende voorbeelde is onder meer kenmerkend aan mistieke ervarings: die gevoel van eenwording met God in &#x2018;Die Heilige Moses van Nowgorod&#x2019; wat begin met: &#x2018;Nes &#x2019;n by op mistieke trant die stuifmeel en sap&#x2019;; onuitspreeklikheid in &#x2018;Die Heilige Maximus van Kavsokalyvia&#x2019; met &#x2018;[&#x2026;] want woorde faal as jy in hemellig baai&#x2019;; tydloosheid in &#x2018;Die Heilige Pophyrios van Kafsokalyvia&#x2019; met &#x2018;Summier word die tyd en ewigheid opgehef&#x2019;; vuur as metafoor vir verterende liefde in &#x2018;Die Heilige Abba Josef&#x2019; met &#x2018;[&#x2026;] &#x2019;n allesverterende vlam&#x2019;, en in &#x2018;Die Heilige Nuwemartelaar Kyrillos van Tesssalonika&#x2019; met &#x2018;[&#x2026;] verbrand my tot as&#x2019;; die gevoel om goddelike liefde as besopenheid te ervaar in &#x2018;Die Heilige Maximus van Kavsokalyvia&#x2019; met &#x2018;waansinnig besope met liefde vir God&#x2019;.</p>
<p>Laastens is daar &#x2019;n sterk assosiasie tussen &#x2018;bring jy as bruidskat bloedspatsels en spykerwonde&#x2019; uit &#x2018;Die Heilige Martelares Marina&#x2019; wat die <italic>via mystica</italic> uitbeeld, en &#x2018;Christ of the Burnt Men&#x2019; deur Sheila Cussons, ons voortreflike mistieke digter.</p>
<p>In die geheel beskou, wat veral opval, is Van der Riet se vaardige benutting van &#x2019;n groot verskeidenheid beelde uit die natuur en die omgewing. Dit wend hy oor die algemeen ongedwonge aan binne sy oorspronklik eiesoortige rymskema in sonnetvorm. Soos <italic>Die onsienlike son</italic>, is <italic>Die heimlike heiligdom</italic> &#x2019;n verblydende en verrykende toevoeging tot die Afrikaanse po&#x00EB;sie. Hierdie bundel bied nie alleen &#x2019;n insiggewende blik op &#x2019;n religieuse kultuur wat grotendeels onbekend is aan die Protestantse Afrikaanse gehoor nie, maar lewer vanwe&#x00EB; die mistieke karakter van talle gedigte, &#x2019;n belangrike toevoeging tot die betreklike skaars oes mistieke po&#x00EB;sie in Afrikaans.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Odendaal</surname>, <given-names>B.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>1997</year>, &#x2018;<article-title>Is T.T. Cloete &#x2019;n Calvinistiese digter?</article-title>&#x2019;, <source><italic>Literator</italic></source> <volume>18</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>24</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v18i2.538">https://doi.org/10.4102/lit.v18i2.538</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Underhill</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1930</year>, <source><italic>Mysticism: A study in nature and development of spiritual consciousness</italic></source>, <publisher-name>Christian Classics Ethereal Library</publisher-name>, <publisher-loc>Grand Rapids, MI</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van der Berg</surname>, <given-names>E.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>2005</year>, <source><italic>Liter&#x00EA;re vertaling en &#x2018;ekwivalensie&#x2019; na aanleiding van Ingrid Jonker se digkuns: &#x2019;n Dekonstruksionistiese benadering</italic></source>, <comment>MA-verhandeling</comment>, <publisher-name>Universiteit van Natal</publisher-name>, <publisher-loc>Pietermaritzburg</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van der Berg, E., 2020, &#x2018;Po&#x00EB;sie met &#x2019;n mistieke ondertoon uit die Oos-Ortodokse tradisie&#x2019;, <italic>Literator</italic> 41(1), a1743. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1743">https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1743</ext-link>.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>