Die bakens van Gondor brand. Pippin en Gandalf haas hulle na Minas Tirith. Theoden en Éomer kry die Rohirrim gereed om Gondor te hulp te snel, met Merrie wat strydgereed saamgaan en Éowyn wat noodgedwonge in die geheim opmars. Aragorn, Legolas, en Gimli neem die Paaie van die Dooies. Die Nazgûl en al Sauron se magte sak vanuit Mordor toe op Middelaarde, terwyl Frodo, Sam en Gollum al nader aan die Berg van Verdoemenis kruip om die Een Ring te vernietig … Die gort is behoorlik gaar in
Kobus Geldenhuys is ’n ervare en bekroonde vertaler van jeugliteratuur, en het met die laaste twee boeke in die LOTR-trilogie die vertaalwerk by Janie Oosthuysen oorgeneem. Sy het
Uit ’n direkte vergelyking blyk etlike foute. Reeds op die eerste bladsy is ’n volledige sin, ‘So the night wat not yet old and for hours the dark journey would go on’, uit die vertaling weggelaat (bl. 11); op die volgende bladsy ontbreek ‘War is kindled’ (bl. 12). Emyn Arnen word met Emyn Muil verwar (bl. 15), ‘nine summers’ word ‘sewe somers’ (bl. 32), en die Groot Rivier, ‘bending in a mighty sweep south and west again’ (bl. 27), loop nou ‘suid en dan weer noord’ (bl. 32). ‘The men of Ringló Vale […] striding on foot’ (bl. 36–37) marsjeer onverklaarbaar ‘kaalvoet’ (bl. 42). Rentmeester Denethor word sommer ‘koning’ (bl. 149). Éomer en Éowyn se name word herhaaldelik omgeruil (bl. 156). Die dreigement van ’n ork, ‘I’ll give your name and number to the Nazgûl’ (bl. 239), word ‘Ek sal vir jou die Nazgûl se naam en nommer gee’ (bl. 242).
Sulke detail sal nie ongesiens by ’n LOTR-aanhanger of ’n aandagtige leser verbygaan nie.
Daar is ook ander kwelpunte in die vertaalwerk, insluitende ongewone woordkeuses. Daar is naamveranderinge soos
Verder is daar helaas ook Afrikaanse taalprobleme in die boek, soos die herhaaldelike gebruik van ‘ten slotte’, waar ‘uiteindelik’ of ‘oplaas’ meer korrek sou wees (‘En so kom hulle ten slotte by die privaatvertrek van die heer van die stad’ – p. 93). Daar is ook Engelse woorde soos
Hierop sit Gandalf orent en gryp die armleunings van sy stoel, maar hy sê niks nie, en met ’n blik keer hy die uitroep op Pippin se lippe. Toe kyk Gandalf skielik op en gryp die armleunings van sy stoel, maar hy sê niks nie, en met ’n blik keer hy die uitroep op Pippin se lippe. (bl. 94).
Sulke foute moes nie by die vertaler óf die taalversorger verbygeglip het nie.
Laastens is die sinopsis aan die begin én alle bylaes
Beide Geldenhuys en Oosthuysen verdien erkenning en lof vir die opneem van die enorme taak om Tolkien in Afrikaans te vertaal, en dit is nie my bedoeling om hierdie groot werk af te maak nie. Die toevoeging van LOTR – nou seker Heerser van die Ringe (HVDR) – tot die Afrikaanse boekeskat is geensins gering nie. My kernbeswaar teen al vier LOTR-vertalings bly egter dat die Afrikaanse tekste net slaag as dit onkrities en nie vergelykend met die Engelse tekste gelees word nie. Buiten die kompleksiteite rondom die taal van fantasie in Afrikaans, ly beide Oosthuysen en Geldenhuys se vertalings onder ’n besluit wat vroeg deur die uitgewerspan geneem is: die doelbewuste vereenvoudiging van die teks met die oog op die jeugprosamark.
Wat het die Afrikaanse jeug dan gesondig om verdunde Tolkien te verdien? Was die veronderstelling dat hierdie fantasie (of minstens die bylaes in die boek) te moeilik sou wees vir jonger Afrikaanse lesers? Wat dan van die ouer lesers wat fantasie in Afrikaans wil lees? Daar is tog nie ’n groot tekort aan fantasie (insluitende vertaalde werke) in die jeugboekmark nie – beide Geldenhuys en Oosthuysen het hier reeds groot bydraes gelewer.
Die Afrikaanse HVDR-trilogie is egter nie ’n volbloed-Tolkien nie, en die onnodige verdunning voel soos ’n tipe oogrol in die rigting van volwasse fantasielesers (‘Fantasie is vir kinders, nie vir grootmense nie’), én ’n onderskatting van die jonger lesers (‘Tolkien is te moeilik vir jou’). Myns insiens kon hierdie vertalings in die geheel met meer agting vir die bronteks en LOTR-aanhangers behartig word. Tolkien én Afrikaanse fantasielesers van alle ouderdomme verdien beter.
Ek het Oosthuysen se vertalings
Geldenhuys se teks verdien wel ʼn pluimpie vir die meer eweredige benadering tot die behoud van eiename uit die bronteks.
Beide Oosthuysen en Geldenhuys het boeke uit J.K. Rowling se