<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-41-1687</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v41i1.1687</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die Wonderwese &#x2013; &#x2019;n klankryke verbeeldingservaring</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-7521-8408</contrib-id>
<name>
<surname>van Rensburg</surname>
<given-names>Nastasha</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>History of Art Subject Group, Visual Narratives and Creative Outputs Research Niche, Faculty of Humanities, North-West University, Potchefstroom, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Nastasha van Rensburg, <email xlink:href="nastashavanrensburg@gmail.com">nastashavanrensburg@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>25</day><month>05</month><year>2020</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2020</year></pub-date>
<volume>41</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1687</elocation-id>
<product><source>Die Wonderwese</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Carina</given-names> <surname>Stander</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-1013-6</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2019</year>, <comment>R 240*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2020. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2020</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>Gibor Verberger het al meermale vir sy seun Eron vertel dat &#x2018;jy die lewe met jou eie verstand en al honderd jou sintuie moet ontdek&#x2019;. Carina Stander se boek <italic>Die Wonderwese</italic> moet met dieselfde benadering aangepak word. Stander se suggestieryke hantering van sintuiglike verbeeldingservaring en die klankrykheid van haar skryfstyl neem die leser op &#x2019;n reis van ontdekking saam met Eron Verberger. <italic>Die Wonderwese</italic> (2019) is die tweede boek wat volg in Stander se <italic>Bergengel</italic>-trilogie. Stander is &#x2019;n kranige digter met twee bundels wat haar <italic>Berg</italic>-reeks voorafgaan, naamlik <italic>Die vloedbos sal weer vlieg</italic> (2006) en <italic>Woud van nege en negentig vlerke</italic> (2009). Sy het as romanskrywer gedebuteer met <italic>Wildvreemd</italic> (2011).</p>
<p>Die voorblad van <italic>Die Wonderwese</italic> toon &#x2019;n inkskets deur die skrywer, wat die leser reeds begin wegvoer na die avontuurreis waarop Eron hulle gaan neem. Die illustrasie verbeeld die magiese Wonderwese-figuur waarvan lesers in die eerste boek <italic>Die Bergengel</italic> slegs al gehoor het. Die vervlegte doringtakke, vlietende vo&#x00EB;ls en diggeweefde woud-agtergrond word van &#x2019;n engelfiguur op die voorgrond vergesel. In die woudagtige plantasie kan &#x2019;n mens die karakters Eron Verberger en Velvel Azazel (die antagonis) waarneem. Aansluitend by die titel en &#x2019;n aanhaling op die voorplat, verskaf die voorwoord &#x2019;n uiteensetting van die oorsprong en betekenis van die woord <italic>Wonderwese</italic>.</p>
<p>In <italic>Die Bergengel</italic> (2017) volg die leser Eron en Gibor Verberger op &#x2019;n klokreis nadat Eron die eerste keer van aangesig tot aangesig te staan kom voor die go&#x00EB;lkunstenaar, wat as Verbluffende Bluffer, Re&#x00EB;nboogmaker en Velvel Azazel bekend staan. Nadat Eron uit Velvel se lokval in Nisistad ontsnap, moet hy met sy pa by die Waterplek probeer herenig. Ons volg Eron op sy reistogte en sien hoe die jong klokgieter sy eie volwassewordingsreis aanpak. In <italic>Die Bergengel</italic> vind ons uit dat Gibor Verberger die agt-en-negentigste Bergengel van Gabri&#x00EB;lli&#x00EB; is en dat die Verberger-familie deel is van &#x2019;n geheime rewolusie teen Vuurstorms. Dit is juis hierdie wending wat daartoe lei dat Eron as voetwerker vir die Rewolusie teen Vuurstorms moet optree en die Agt Gese&#x00EB;ndes vind soos versoek in sy pa se brief.</p>
<p>In <italic>Die Wonderwese</italic> volg die leser Eron op sy veeleisende tog om die res van die Gese&#x00EB;ndes te vind en die Vuurstorm met die hulp van die Wonderwese te beveg. Eron se verminkte hand kry hom nie onder nie, en hy gaan voort om bosagtige streke en uitdagende bergreekse te oorkruis, ongeleerdes en kundiges te ontmoet, wolftroppe te ontvlug en vriende te versamel. Wanneer die boeinde narratiewe dekmantel teruggetrek word, blyk dit dat <italic>Die Wonderwese</italic> onderwerpe soos ekokritiek en mensehandel takel. Stander se vermo&#x00EB; om werklike probleme in die w&#x00EA;reld te belig in die vorm van &#x2019;n avontuurverhaal, is ontsagwekkend.</p>
<p><italic>Die Wonderwese</italic> is &#x2019;n enigmatiese, avontuurryke en byna po&#x00EB;tiese werk. As fantasieverhaal maak dit deurlopend gebruik van simboliek, allegorie&#x00EB; vanuit Bybelboeke en vindingryke metaforiek, wat tot die <italic>andersheid</italic> van die roman bydra. Die narratief maak ook van genreverbuiging gebruik, gedra deur die intrinsieke magiese realisme wat deurgaans te vinde is. Die denksfeer wat die leser betree, is met diggeweefde natuurelemente en emotiewe vokalisering gevul, wat jou met die natuur, sowel as die menslike natuur konfronteer.</p>
<p><italic>Die Wonderwese</italic> moet egter as &#x2019;n narratiewe kunswerk gelees en ge&#x00EF;nterpreteer word. Die taal- en woordgebruik is voortreflik en die liriese aard van die teks moet geprys, eerder as gekritiseer word. Die verhoudings tussen pa en seun, natuur en mens, vriendskap en romanse staan sentraal in die roman. Lees gerus <italic>Die Wonderwese</italic>, maar onthou om &#x00E1;l jou sintuie in te span om hierdie vervlegte heiligdom te ontrafel.</p>
</sec>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van Rensburg, N., 2020, &#x2018;Die Wonderwese &#x2013; &#x2019;n klankryke verbeeldingservaring&#x2019;, <italic>Literator</italic> 41(1), a1687. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1687">https://doi.org/10.4102/lit.v41i1.1687</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>