In die tragikomiese
In die verhaal word Van Dis self sy ma se narratiewe terapeut (‘Het dit jou goed gedoen om te praat?’ bl. 52) wat na ’n lang tydperk van swye en onthouding tussen hulle, aandagtig haar ontboesemings transkribeer en haar terugneem: terug na haar jeug, oorloë, die duine, terug na sy eie kinderjare en Nederlands-Indië met ‘daardie verdomde kraakkis vol papiere en geheime’ (bl. 43). Dit is ’n verhaal wat jou vanaf die voorwoord oriënteer met die oog op die tema van afskeid (‘
Alreeds vroeg in hierdie oorwegend waarheidsgegronde en simboliekryke roman, word pynlik sensitiewe temas soos genadedood, enkelouerskap, oorlog en die wroegings van ’n skrywer wat hierdie temas so eerlik moontlik moet weergee, in Van Dis se kenmerkende styl uitgebeeld. ‘Is jy van plan om ’n boek oor my te skryf?’ (bl. 64), vra Van Dis se moeder skepties toe hy notaboek in die hand met haar kom gesels. ‘Miskien, as jy bietjie minder sal lieg’, is sy antwoord wat ’n metatekstuele inslag suggereer. Hierdie werk sluit aan by Van Dis se eie (outo)biografiese werk en kan in hierdie verband ook in die breër Nederlandse literatuurmilieu gesitueer word, saam met ontboesemende werke deur skrywers soos Arnon Grunberg, Tom Lanoye, J. Bernlef, J.J. Voskuil en Leo Pleysier, wat ook intieme familie- en veral moeder-seunverhoudings verken.
Van Dis gaan gemaklik en luiters met taal om en vertel reguit, veral ook wat betref onderwerpe wat die leser empaties stem teenoor die 99-jarige moeder wat in haar lewe talryke ontberings moes deurmaak (soos drie oorloë, want ‘oud word is ook oorlog’ (bl. 59), opstande, trauma en die huisvesting van vlugtelinge). Hy probeer om die vertelling so waarheidsgetrou en gedetailleerd as moontlik te maak, maar die geskiedenis is in vele opsigte weerstandig teen herinterpretasie en ‘die verlede maak seer’ (bl. 133), en die hede klaarblyklik nog meer so. Hoe meer hy sy moeder daaraan herinner om die waarheid te praat, hoe meer besef hy dat die waarheid ’n onbereikbare ideaal is:
’n Skrywer moet sy hande vuilmaak – in sy kop. Hy gaan op reis agter sy lessenaar, pleeg moorde, verkrag en bemin; hy is die dader en die slagoffer, piel en poesie, swaard en hals. Ervaring voed sy verbeelding en as hy die kans kry, mag hy nie toelaat dat die rou materiaal hom ontglip nie, anders word sy stories te steriel (bl. 38).
Van Dis se moeder wil nie meer lewe nie en vra haar seun herhaaldelik om ’n einde aan haar lewe te maak, want die dokters weier: ‘Sy kyk na my op met waterige bruin oë, trek die kussing nader, hou dit voor haar gesig en vra my om dit oor haar mond te druk.’ (bl. 127)
Al staan pynlike en persoonlike ontnugterings en bekentenisse oor oorloë en lyding op die voorgrond, is die verhaal steeds nie somber nie en allesbehalwe sentimenteel. Die komiese aspek en wrang humor slaan plek-plek deur en verleen aan
Daniel Hugo se vertaling behou al hierdie inherente eienskappe van die teks – die naakte feite met intens eerlike taalgebruik wat die leser van meet af intrek en in die sterwensproses van Van Dis se moeder laat deel. Hierdie menslikheid maak van