<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-39-1532</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v39i1.1532</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Is <italic>The Alchemist</italic> soos goud bewaar?</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">https://orcid.org/0000-0001-5816-8090</contrib-id>
<name>
<surname>Kotz&#x00E9;</surname>
<given-names>Herculene</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>School of Languages, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Herculene Kotz&#x00E9;, <email xlink:href="herculene.kotze@nwu.ac.za">herculene.kotze@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>06</day><month>09</month><year>2018</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2018</year></pub-date>
<volume>39</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1532</elocation-id>
<product><source>Die Alchemis</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Paulo</given-names> <surname>Coelho</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0685-6</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2017</year>, <comment>R180&#x002A;</comment> <comment>&#x002A;Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2018. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2018</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Asof die eerste verskyning van Paulo Coelho se <italic>O Alquimista</italic> in Portugees (uitgegee deur Editora Rocco, 1988) nie reeds merkwaardig genoeg was nie, volg daar meer as 70 vertalings daarvan. Die opgang van hierdie werk is deur die Engelse vertaling (<italic>The Alchemist</italic>) verder gevoer, en weldra verskyn dit ook in Afrikaans. Hierdie roman geniet steeds w&#x00EA;reldwyd aansien as een van die mees invloedryke filosofies-liter&#x00EA;re werke. Dit fokus op simboliserende wyse op elke mens se <italic>destiny,</italic><xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref> en volg hierin die verhaal van &#x2019;n jong skaapwagter se soeke na geluk. Hierdie werk word onder andere deur &#x2019;n Jungiaanse beskouing onderl&#x00EA; van &#x2019;n kollektiewe onbewuste wat deur alle lewende wesens gedeel word.</p>
<p>Die eerste lees van die Engelse weergawe (vertaal deur Alan R. Clarke en in 1993 deur Harper Collins uitgegee) was vir my persoonlik verrykend en dit is vandag steeds een van my gunstelingboeke. Ek vra myself wel gereeld af hoeveel lesers (van meet af) besef dat die Engelse boek &#x2019;n <italic>reeds vertaalde</italic> weergawe is. Hierdie bewustheid behoort dan ook die leser van die nuwe Afrikaanse vertaling myns insiens sekere vrae te laat vra: Het die vertaler toegang tot die oorspronklike Portugese weergawe gehad? Het die vertaler toegang tot die outeur gehad? Wat was die vertaler se voorskrifte en natuurlik, wie het opdrag gegee dat die vertaling gedoen word?</p>
<p>In die geval van <italic>Die Alchemis</italic>, vertaal deur Kobus Geldenhuys en in 2017 deur Protea Boekhuis uitgegee, het ek nie antwoorde op die bogenoemde vrae nie. Dieselfde is waar van die eerste Afrikaanse vertaling van <italic>The Alchemist</italic>, deur Bennie Naud&#x00E9; vertaal en in 2003 deur Aardvark Press uitgegee. Daarom verander my vertrekpunt noodgedwonge van &#x2019;n ingeligte gehaltebeoordeling na &#x2019;n tekstuele evaluering van die vertalings.</p>
<p>Die vertaling van so &#x2019;n teks is en kan nie as &#x2019;n eenvoudige taak beskou word nie. &#x2019;n Mens sou selfs kon bevraagteken of die essensie van die verhaal werklik in &#x2019;n ander taal oorgedra <italic>kan</italic> word. Om die waarde van &#x2019;n liter&#x00EA;re vertaling op so &#x2019;n manier te bevraagteken, is egter nie die doel van hierdie resensie nie, en dus steun ek op die werk van Pym (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2010</xref>:7&#x2013;8) wat argumenteer dat &#x2019;n vertaling inderdaad dieselfde waarde as (ten minste gedeeltes) van die bronteks sal bevat &#x2013; en hierdie benadering word &#x2018;natuurlike ekwivalensie&#x2019; genoem. Vanwersch-Cot (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2011</xref>:262) ondersteun hierdie beginsel en voer aan dat die liter&#x00EA;re vertaler nie woorde vertaal nie, maar betekenis, ritmes, beelde en konnotasies (my vertaling).</p>
<p>My resensie steun op hierdie teoretiese beskouing: die (her)vertaalde boek moet die betekenis, ritmes, beelde en konnotasies van die bronteks op so &#x2019;n wyse aanbied dat die leser dit nie as &#x2019;n vertaling ervaar nie, maar as &#x2019;n prim&#x00EA;re<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref> teks. Om hierin te slaag, het ek enkele kernfrases van sowel die Engelse as die twee Afrikaanse tekste onttrek en aan die hand van Vanwersch-Cot se elemente ontleed.</p>
<p>Op die oog af blyk daar min verskille in die twee Afrikaanse vertalings te wees en ek wonder waarom daar &#x2019;n tweede Afrikaanse vertalings onderneem is (<xref ref-type="table" rid="T0001">Tabel 1</xref>).</p>
<table-wrap id="T0001">
<label>TABEL 1</label>
<caption><p>Soortgelyke vertaalstrategie&#x00EB;</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Uitgawe</th>
<th valign="top" align="center">Bladsynommer</th>
<th valign="top" align="left">Aanhaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody valign="top">
<tr>
<td align="left">Engels (1993)</td>
<td align="center">3</td>
<td align="left">&#x2018;<italic>There were no wolves in the region, but once an animal had strayed during the night, and the boy had had to spend the entire next day searching for it.</italic>&#x2019;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2003)</td>
<td align="center">1</td>
<td align="left">&#x2018;Daar was nie wolwe in die area nie, maar een van sy skape het eenmaal in die nag weggeloop en dit het die seun &#x2019;n hele dag geneem om hom te vind.&#x2019;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2017)</td>
<td align="center">15</td>
<td align="left">&#x2018;Daar is nie wolwe in die omgewing nie, maar &#x2019;n dier het eenkeer in die nag weggeloop en die seun moes die hele volgende dag na hom soek.&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>Mettertyd word dit egter duidelik dat die twee vertalings tog heelwat van mekaar verskil (<xref ref-type="table" rid="T0002">Tabel 2</xref>).</p>
<table-wrap id="T0002">
<label>TABEL 2</label>
<caption><p>Verskillende vertaalstrategie&#x00EB;</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Uitgawe</th>
<th valign="top" align="center">Bladsynommer</th>
<th valign="top" align="left">Aanhaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody valign="top">
<tr>
<td align="left">Engels (1993)</td>
<td align="center">4</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;<italic>They are so used to me that they know my schedule&#x201D;,</italic> he muttered. <italic>Thinking about that for a moment, he realized that it could be the other way around: that it was he who had become accustomed to</italic> their <italic>schedule.&#x2019;</italic> (outeur se beklemtoning)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2003)</td>
<td align="center">1&#x2013;2</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Hulle is al so gewoond aan my dat hulle my roetine ken&#x201D;, <italic>dink hy hardop</italic>. En dan besef hy skielik dat dit net sowel hy kan wees wat gewoond geraak het aan h&#x00FA;lle roetine. (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2017)</td>
<td align="center">15&#x2013;16</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Hulle is al so gewoond aan my dat hulle my ritme ken&#x201D;, <italic>brom</italic> hy. Hy dink &#x2019;n oomblik daaroor en besef dit kan ook andersom wees: dat hy die een is wat h&#x00FA;lle manier van doen gewoond geraak het.&#x2019; (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>In die ge&#x00EF;dentifiseerde frases vertaal Naud&#x00E9; &#x2018;he muttered&#x2019; met &#x2018;dink hy hardop&#x2019;, terwyl Geldenhuys &#x2018;brom&#x2019; gebruik. Kontekstueel sou &#x2018;mompel&#x2019; in beide gevalle dalk &#x2019;n beter keuse gewees het &#x2013; die situasie gee min aanduiding dat die seun ge&#x00EF;rriteerd is deur die skape &#x2013; wat &#x2018;n mens van &#x2018;brom&#x2019; aflei. In teenstelling hiermee weerspie&#x00EB;l &#x2018;dink hy hardop&#x2019; &#x2019;n afwesigheid van emosie, wat ook nie akkuraat is nie.</p>
<p>Hierdie tipe verskille is deurgaans in die vertalings te vind (<xref ref-type="table" rid="T0003">Tabel 3</xref>).</p>
<table-wrap id="T0003">
<label>TABEL 3</label>
<caption><p>Verskillende vertaalstrategie&#x00EB; II</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Uitgawe</th>
<th valign="top" align="center">Bladsynommer</th>
<th valign="top" align="left">Aanhaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody valign="top">
<tr>
<td align="left">Engels (1993)</td>
<td align="center">5</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;<italic>I</italic> need <italic>to sell some wool&#x201D;, the boy told the merchant.&#x2019;</italic> (outeur se beklemtoning)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2003)</td>
<td align="center">2</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Ek <italic>het</italic> wol om te verkoop&#x201D;, het die seun aan die handelaar ges&#x00EA;.&#x2019; (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2017)</td>
<td align="center">17</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Ek <italic>moet</italic> wol verkoop&#x201D;, het die seun vir die handelaar ges&#x00EA;.&#x2019; (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>Waar Naud&#x00E9; telkens verkies om op &#x2019;n neutraler wyse te vertaal, poog Geldenhuys om emosie weer te gee, maar op &#x2019;n onidiomatiese wyse. &#x2019;n Meer akkurate vertaling kon wees: &#x2018;Ek het wol wat ek moet verkoop&#x2019;, wat beide die oorspronklike konteks weerspie&#x00EB;l en meer idiomatiese taalgebruik is.</p>
<p>Nog &#x2019;n voorbeeld hiervan kan in die volgende uittreksels gesien word (<xref ref-type="table" rid="T0004">Tabel 4</xref>).</p>
<table-wrap id="T0004">
<label>TABEL 4</label>
<caption><p>Verskillende vertaalstrategie&#x00EB; III</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Uitgawe</th>
<th valign="top" align="center">Bladsynommer</th>
<th valign="top" align="left">Aanhaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody valign="top">
<tr>
<td align="left">Engels (1993)</td>
<td align="center">5</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;<italic>How did you learn to read?&#x201D;, the girl asked</italic> at one point.<italic>&#x2019;</italic></td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2003)</td>
<td align="center">3</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Hoe het jy leer lees?&#x201D; wou die meisie weet.&#x2019;</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2017)</td>
<td align="center">17</td>
<td align="left">&#x2018;&#x201C;Hoe het jy geleer lees?&#x201D; vra die meisie op &#x2019;n stadium.&#x2019;</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>Die insluiting van &#x2018;op &#x2019;n stadium&#x2019; in Geldenhuys se vertaling is dalk meer getrou aan die Engelse bronteks se &#x2018;at one point&#x2019;, maar is onnodig gegewe die konteks en word suksesvol deur Naud&#x00E9; uitgelaat sonder dat enige betekenis verlore gaan.</p>
<p>As dit om die inhoud en akkuraatheid gaan, is dit &#x2019;n jammerte dat Geldenhuys &#x2019;n belangrike frase verkeerd vertaal het (<xref ref-type="table" rid="T0005">Tabel 5</xref>).</p>
<table-wrap id="T0005">
<label>TABEL 5</label>
<caption><p>Vertaalfout</p></caption>
<table frame="hsides" rules="groups">
<thead>
<tr>
<th valign="top" align="left">Uitgawe</th>
<th valign="top" align="center">Bladsynommer</th>
<th valign="top" align="left">Aanhaling</th>
</tr>
</thead>
<tbody valign="top">
<tr>
<td align="left">Engels (1993)</td>
<td align="center">15</td>
<td align="left">&#x2018;<italic>Then I don&#x2019;t get paid.</italic> It wouldn&#x2019;t be the first time.<italic>&#x2019;</italic> (outeur se beklemtoning)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2003)</td>
<td align="center">12</td>
<td align="left">&#x2018;Dan word ek nie betaal nie. <italic>Dit sal nie die eerste keer wees nie</italic>.&#x2019; (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
<tr>
<td align="left">Afrikaans (2017)</td>
<td align="center">27</td>
<td align="left">&#x2018;Dan word ek nie betaal nie. <italic>Dit sal die eerste keer wees</italic>.&#x2019; (<italic>outeur se beklemtoning</italic>)</td>
</tr>
</tbody>
</table>
</table-wrap>
<p>Vanuit bostaande voorbeelde kan die gevolgtrekking gemaak word dat die twee Afrikaanse vertalings tipies is wanneer dit om <italic>geskiktheid</italic> teenoor <italic>gepastheid</italic> gaan, wanneer &#x2019;n mens vertaalnorme beskou, en getrouheid teenoor &#x00F3;f die bronteks of kultuur, &#x00F3;f die doelteks of kultuur by die gesprek betrek. Waar Geldenhuys se vertaling as getrou teenoor die bronteks (in hierdie geval die Engels) beskryf kan word, kan Naud&#x00E9; se vertaling as getrou ten opsigte van die doeltaal of -kultuur (Afrikaans) beskryf word. Daar is meriete in beide vertaalbenaderings, maar in die lig van die voorafgenoemde (en die feit dat daar nie antwoorde op die tipiese vrae is as dit om vertaalopdragte en toegang tot die oorspronklike Portugese teks of die outeur gaan nie), verkies ek nie een bo die ander een nie &#x2013; en ek wonder steeds hoekom die Engelse weergawe twee maal in Afrikaans vertaal is.</p>
<p>Die waarde van die vertaalde weergawes l&#x00EA; in die toeganklikheid. Die oorspronklike Portugees sal waarskynlik deur min Afrikaanssprekendes gelees kan word. Alhoewel hierdie probleem deur die Engelse vertaling opgelos is, is dit verstaanbaar dat die Afrikaanse boek- en leesliefhebbers eerder in hulle eerste taal wil lees vir ontspanning &#x2013; en dus sal die boek by Afrikaanssprekendes belangstelling wek.</p>
<p>Ter opsomming: Beide Afrikaanse vertalings kan verbeter word. Die Engelse teks word, myns insiens, nie volkome deur een van die twee Afrikaanse vertalings soos goud bewaar nie. Terwyl elkeen meriete het, kon afronding meer aandag geniet het om te verseker dat die betekenis, ritmes, beelde en konnotasies wat in die Engelse weergawe verskyn, behoue gebly het.</p>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Even-Zohar</surname>, <given-names>I</given-names></string-name>.</person-group>, <year>1978</year>, &#x2018;<chapter-title>The position of translated literature within the literary polysystem</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>L.</given-names> <surname>Venuti</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>The translation studies reader</italic></source>, <edition>2nd</edition> edn., pp. <fpage>99</fpage>&#x2013;<lpage>204</lpage>, <publisher-name>Routledge</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pym</surname>, <given-names>A</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2010</year>, <source><italic>Exploring translation theories</italic></source>, pp. <fpage>7</fpage>&#x2013;<lpage>24</lpage>, <publisher-name>Routledge</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vanwersch-Cot</surname>, <given-names>O</given-names></string-name>.</person-group>, <year>2011</year>, &#x2018;<chapter-title>The problem of self-assessment in literary translation</chapter-title>&#x2019;, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>I.</given-names> <surname>Depraetere</surname></string-name> (ed.)</person-group>, <source><italic>Perspectives on translation quality</italic></source>, pp. <fpage>249</fpage>&#x2013;<lpage>263</lpage>, <publisher-name>De Gruyter</publisher-name>, <publisher-loc>Cumberland</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Kotz&#x00E9;, H., 2018, &#x2018;Is <italic>The Alchemist</italic> soos goud bewaar?&#x2019;, <italic>Literator</italic> 39(1), a1532. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://doi.org/10.4102/lit.v39i1.1532">http://doi.org/10.4102/lit.v39i1.1532</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Die Engelse woord <italic>destiny</italic> word doelbewus behou eerder as &#x2018;lot&#x2019; of selfs &#x2018;bestemming&#x2019;. Die beginsel word in die Engelse boek gebruik om meer weer te gee as waarvoor die Afrikaanse term &#x2013; volgens my &#x2013; ruimte laat.</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>&#x2018;Prim&#x00EA;re&#x2019; teks verwys hier na Even-Zohar (1987) se teorie dat vertaalde tekste sentrale posisies in &#x2019;n sisteem kan inneem en nie as &#x2019;n tweederangse teks beskou word nie.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>