Die toekenning van die Hertzogprys vir Drama aan Adam Small in 2012 het hierdie belangrike figuur in die Afrikaanse letterkunde uiteindelik weer op die voorgrond geplaas, nadat hy in alle opsigte vir dertig jaar eintlik van die toneel verdwyn het.
Veertig jaar na sy laaste Afrikaanse digbundel, die foto-en-versboek
En drie jaar na
Toe die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns besluit het om ’n nuwe reeks publikasies aan die gang te sit, huldigingsbundels rondom Suid-Afrikaanse Hertzogpryswenners, was dit seker nie minder as reg dat eerbetoon aan een van die mees miskende skrywers uit ons taalgebied dit sou inlui nie.
Hierdie publikasie,
Hoewel dit in ’n akademiese omgewing verskyn en sekerlik ’n geleerde baadjie dra, is die boek besonder toeganklik en het die 11 bydraers daarin geslaag om deur die verskillende invalshoeke vir die lesers ’n beeld van die skrywer te gee.
Die publikasie begin met twee hoofstukke rondom die lewe van Adam Small: ’n deeglike biografiese oorsig deur Erika Terblanche en ‘’n Persoonlike geskiedenis’ deur Abraham H. de Vries. De Vries se stuk is ’n heerlike verslag van ’n vriendskap wat in die donker dae van Apartheid begin en waarin die hele verloop van die Afrikaanse letterkunde sedert daardie tyd betrek word.
Jacques van der Elst se hoofstuk oor ‘Adam Small en die Hertzogprys’ sluit by die biografiese gedeelte aan en behoort daarom ook sekerlik as die derde hoofstuk te verskyn het. Die omstredenheid rondom hierdie toekenning in 2012 is seker nou al vergete; daarom is dit belangrik dat daar nou behoorlik hieraan aandag gegee word.
Die ‘denker’-gedeelte van die boek word deur drie bydraes verteenwoordig, waarvan Hein Willemse se indringende literêr-dialektiese lesing van die lang gedig ‘Vryheid’ ook tuisgebring moet word onder die ‘digter’-komponent. Soos die volledige titel van sy artikel aandui, is dit ’n verkenning van hoe die insident van die skrywer se swanger vrou wat op die bus móét staan omdat sy ‘nie-blank’ is, op baie vlakke neerslag kry – ook rondom die wyse waarop taal gebruik word.
Steward van Wyk sluit by die gebruik van Afrikaans, Standaardafrikaans en Kaaps aan wanneer hy wys hoe Small se identiteitskonstrukte voortdurend verskuif soos wat die Suid-Afrikaanse gemeenskapspatrone ook verander. Van Wyk wys daarop dat dit nie op ’n soort wispelturigheid by Small dui nie, maar die resultaat is van ’n deurleefde kritiese lewenshouding.
Die derde artikel oor Adam Small as denker (’n mens moet steeds onthou dat hy as filosoof opgelei is) is in sekere opsigte die boeiendste: ‘Adam Small en sy pleidooi vir geregtigheid: ’n Gevallestudie’. Antoinette Lombard en Rinie Schenk gee ’n uiteensetting van Small se benadering tot maatskaplike werk en in watter opsig hy ’n deurslaggewende rol gespeel het om die Departement Maatskaplike Werk by die Universiteit van Wes-Kaapland aan die voorpunt van die herwaardering van welsynswerk binne die groter filosofiese en sosio-politieke konteks te plaas. Dit is ’n belangrike hoofstuk omdat daar so min van hierdie faset van Small se lewe bekend is; iets wat ook verduidelik waarom hy vir soveel jare as skrywer uit die openbare oog verdwyn het.
Jacomien van Niekerk se ‘Brechtiaanse vervreemding in
Michael le Cordeur kyk na die ander bekende Small-drama,
Bernard Odendaal gee vroeg in die boek ’n oorsig van ‘Adam Small se literêre status vóór en ná 1990 – met klem op sy digterskap’. Dit is ’n stewige ondersoek (kyk maar na die bronnelys) waarin die jaar 1990 niks met Small se eie produktiwiteit te make het nie, maar hoe die veranderende politieke werklikhede neerslag in nuwe waardering by ’n volgende geslag skrywers en akademici vir Small se poësie gekry het, of ten minste vir die wyse waarop hy in Kaaps daarmee omgegaan het. Dit, voer Odendaal aan, is ’n vorm van kanonisering wat nie geïgnoreer kan word nie.
Op ’n persoonlike vlak, soos dié van Abraham H de Vries, maar tog heel anders, is die blik van buite deur die Nederlandse taalkundige Willy Martin. Hy skets kortliks sy eie kennismaking met en vervreemding van Afrikaans, toon aan watter rol Vernon February in die ommekeer in sy houding gespeel het en hoe sy belangstelling in Afrikaans hom uiteindelik daartoe gebring het om, naas sy sentrale rol in die totstandkoming van die monumentale woordeboek
Daar is ook ’n stuk of agt interessante foto’s in die publikasie en ’n redelik uitgebreide bibliografie oor en rondom Small, wat deur Bettina Wyngaard saamgestel is.