<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-39-1498</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v39i1.1498</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Jong debuutdigter se &#x2018;ope brief&#x2019; hou belofte in</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0001-9258-8689</contrib-id>
<name>
<surname>Jacobs</surname>
<given-names>Ihette</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Theory of Literature, University of South Africa, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Ihette Jacobs, <email xlink:href="jacobi1@unisa.ac.za">jacobi1@unisa.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>17</day><month>04</month><year>2018</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2018</year></pub-date>
<volume>39</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1498</elocation-id>
<product><source>&#x2019;n ope brief aan Dorian Gray</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Ruan</given-names> <surname>Fourie</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0747-1</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2017</year>, <comment>R160*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2018. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2018</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Voordat die leser Ruan Fourie se debuutbundel, <italic>&#x2019;n ope brief aan Dorian Gray</italic> (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>), oopmaak, is dit duidelik dat hierdie jong digter &#x2019;n intertekstuele gesprek aanknoop met Oscar Wilde se bekende roman <italic>The picture of Dorian Gray</italic>. Die voorblad gee ook reeds &#x2019;n visuele leidraad dat kunstenaarskap ter sprake kan kom, en uit die loperige waterverf op die voorbladportret kan afgelei word dat alles in hierdie bundel nie netjies verpak gaan wees nie.</p>
<p>Die openingsgedig of motto (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:10) van &#x2018;Deel I&#x2019; is verder programmaties in terme van die tematiek van die bundel, naamlik die uitskryf van &#x2019;n liefdesverhouding:</p>
<verse-group>
<verse-line>by die skryf van &#x2019;n brief</verse-line>
<verse-line>deel ek mee wat my raak,</verse-line>
<verse-line>[&#x2026;]</verse-line>
<verse-line>my binnew&#x00EA;reld is van jou besete,</verse-line>
<verse-line>ek kan nie anders nie</verse-line>
<verse-line>as om jou orals in te skryf:</verse-line>
</verse-group>
<p>Met die lees van <italic>&#x2019;n ope brief aan Dorian Gray</italic> is ek telkens herinner aan die &#x2018;Tendensies in die Afrikaanse po&#x00EB;sie sedert 1960&#x2019; wat deur Foster en Viljoen in <italic>Poskaarte</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1997</xref>) ge&#x00EF;dentifiseer word. Hierdie tendensies word as postmodernisties geperiodiseer en kan funksioneel as besprekingsraamwerk vir Fourie se bundel toegepas word.</p>
<p>Een van die tendensies, naamlik die afwys van &#x2019;n finale, afsluitende betekenis, hou veral met die ondermyning van die meesternarratiewe verband ter wille van &#x2019;n voorkeur aan die kleiner, meer gelokaliseerde verhale. Tekenend hiervan is die onverbloemde jeugdige perspektief wat uit Fourie se bundel blyk en wat dikwels met &#x2019;n studentikose romantisering van kunstenaarskap en liefde gepaardgaan. Fourie konstrueer egter ook &#x2019;n labirint van verwysings wat dikwels tekste en skrywers uit die Westerse kanon insluit soos Nabokov se <italic>Lolita</italic> en die reeds genoemde <italic>The picture of Dorian Gray</italic>. Alhoewel die digter nie hierdie Westerse meesternarratief afwys nie, beteken dit nie dat Fourie hom tot die ho&#x00EB; kultuur van die kanon as meesternarratief beperk nie; sy spel met intertekste illustreer juis &#x2019;n postmodernistiese omarming van massakultuur en &#x2019;n vermenging van ho&#x00EB; en lae kultuur. Laasgenoemde is nog &#x2019;n tendensie wat Foster en Viljoen identifiseer. Fourie se verwysings na beide N.P. van Wyk Louw en Kurt Cobain in een gedig (&#x2018;ek/stern&#x2019;, Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:16) of na Sylvia Plath en Taylor Swift in &#x2019;n ander (&#x2018;ar/seer&#x2019;, Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:19&#x2013;20) illustreer byvoorbeeld hoe hy telkens die grense tussen popul&#x00EA;re kultuur en die kulturele elite ondermyn.</p>
<p>Selfrefleksiwiteit is &#x2019;n prominente tendensie in <italic>&#x2019;n ope brief aan Dorian Gray</italic>. Die skryfhandeling, die &#x2018;ope brief&#x2019; aan &#x2019;n geliefde, manifesteer inderwaarheid as die bundel self en die bundel is voortdurend besig om oor sigself te reflekteer. In een van die sleutelgedigte, &#x2018;Dorian&#x2019; (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>: 25&#x2013;27), word daar ges&#x00EA;: &#x2018;ek sou jou graag in &#x2019;n sigaret / of selfs in di&#x00E9; gedig of brief / tot volle reg wou laat kom, / maar j&#x00FD; pas eenvoudig nie / in een gedig nie.&#x2019; Hierdie aanhaling wys verder op die selfrefleksiewe neiging om die mag van taal as medium van die digter te bevraagteken.</p>
<p>&#x2019;n Volgende postmoderne tendensie wat met Fourie se bundel in verband gebring kan word, is di&#x00E9; van verstegniese verskeidenheid. Fourie se verstegniese eksperimentering hou hoofsaaklik verband met die omvergooi van die tradisionele volgorde van titel-motto-gediginhoud-bladsynommer deur sy gedig te begin met die bladsynommer bo-aan die bladsy, gevolg deur &#x2019;n motto (in sommige gevalle), waarna die inhoud van die gedig volg, en laastens die titel. Hierdie tipografiese spel word verder uitgebrei deur eksperimentering met leestekengebruik soos byvoorbeeld &#x2018;s/tikwerk&#x2019;, &#x2018;ek/stern&#x2019; en &#x2018;ar/seer&#x2019;. Hoewel Fourie se eksperimentering nie altyd geslaagd is nie, betrek dit die leser potensieel by betekenistoekenning. Die leser wat hom of haar deur hierdie vooruitsig laat lok, vind egter te dikwels dat die eksperimentering in speelsheid bly vassteek en nie &#x2019;n sinryke betekenisbydrae lewer nie.</p>
<p>Uit die bespreking kan reeds afgelei word dat intertekstualiteit as tendensie in hierdie bundel hoogty vier. Alhoewel &#x2019;n bundel soos H.J. Pieterse se <italic>Die burg van hertog Bloubaard</italic> &#x2019;n toonbeeld is van die meervlakkige betekenismoontlikhede wat ontstaan as gevolg van die funksionele implementering van meervoudige intertekste, skiet Fourie as debutant nog op hierdie speelvlak te kort. &#x2019;<italic>n ope brief aan Dorian Gray</italic> dra veels te swaar aan intertekste soos in die gedig &#x2018;Toska&#x2019; (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:33&#x2013;34), en die digter se geneigdheid om talle motto&#x2019;s aaneen te ryg.</p>
<p>Wat betref die tendensie van die omgaan met historiese stof, pen die digter by geleentheid &#x2019;n eietydse geskiedenis neer. Hy verwys na die omstredenheid rondom die <italic>YouTube</italic>-ster, Marina Joyce (&#x2018;Marina Joyce&#x2019;, Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:55), maar die fokus val deurgaans veel sterker op Fourie se weergawe van &#x2019;n persoonlike narratief as op historiese verwysing.</p>
<p>Die ondermyning van grense tussen feit en fiksie is een van die tendensies wat Fourie geslaagd implementeer. Die werklikheid word gefiksionaliseer soos wanneer hy stel dat &#x2018;in &#x2019;n sekere sin / is alle verhoudings / abortief; / doodgebore gedigte&#x2019; (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:38). Verder word die fiksionele karakter van Dorian Gray aan die spreker se geliefde (&#x2018;Dorian&#x2019;, Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:25) gelykgestel en word daar pertinent erken dat die digterspreker die geliefde liewer ter wille van romantisering fiksionaliseer, soos in &#x2018;die jy in my kop is &#x2019;n hol mens&#x2019; (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:42).</p>
<p>Die bundel getuig van die persoonlike aard van &#x2019;n liefdesbrief, maar behou steeds genoeg universaliteit om by &#x2019;n wye leserspubliek aanklank te vind. Die ideale teikenmark van die bundel sal lesers in hul twintigerjare wees, alhoewel die ouer leser ook na herinnerings van &#x2019;n jeugdige perspektief op kunstenaarskap en liefde teruggelei kan word. Hoewel Fourie onder die skerp tonge van resensente deurgeloop het, is my oordeel dat hy as digter belofte inhou en dat sy taalsensitiwiteit en belesenheid hom tot groot voordeel kan strek.</p>
<p>Kritiek is daar wel uit te spreek teen die oormaat intertekste, die inkonsekwentheid van betekenisvolle gesprekvoering tussen gediginhoud en interteks, en die oordadige gebruik van byvoeglike naamwoorde wat die indruk skep dat die digter dikwels <italic>tell</italic> in plaas van <italic>show</italic>. Die digter moet liefs woorde vermy wat swaar aan sentiment en pretensie dra soos die gebruik van <italic>siel</italic> in &#x2018;de facto&#x2019; (Fourie <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2017</xref>:30). Fourie kan daarby baat om in sy toekomstige skrywersstrewe die bekende skrywersraad, &#x2018;<italic>Kill your darlings</italic>&#x2019;, in gedagte te hou.</p>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Foster</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Viljoen</surname>, <given-names>L</given-names></string-name></person-group>., <year>1997</year>, <source><italic>Poskaarte</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fourie</surname>, <given-names>R</given-names></string-name></person-group>., <year>2017</year>, <source><italic>&#x2019;n ope brief aan Dorian Gray</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Jacobs, I., 2018, &#x2018;Jong debuutdigter se &#x201C;ope brief&#x201D; hou belofte in&#x2019;, <italic>Literator</italic> 39(1), a1498. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v39i1.1498">https://doi.org/10.4102/lit.v39i1.1498</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>