<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1450</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i1.1450</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title><italic>Krap uit die see</italic> besonder aangenaam op die po&#x00EB;tiese palet</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Koen</surname>
<given-names>Dewald</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans, University of Fort Hare, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Dewald Koen, <email xlink:href="dkoen@ufh.ac.za">dkoen@ufh.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>24</day><month>10</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1450</elocation-id>
<product><source>Krap uit die see</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Fourie</given-names> <surname>Botha</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0757-0</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2017</year>, <comment>R160*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Fourie Botha se eerste verse is in <italic>Nuwe stemme 4</italic> (2010) gepubliseer, gevolg deur sy debuutbundel <italic>Donkerkamer</italic> in 2011. <italic>Donkerkamer</italic> was in 2013 op die kortlys vir die Ingrid Jonkerprys. Pas is sy tweede bundel <italic>Krap uit die see</italic> deur Protea uitgegee.</p>
<p>Met &#x2019;n treffende voorblad van &#x2019;n man wat &#x2019;n reusagtige krap vashou (na &#x2019;n foto getiteld &#x2018;Giant spider crab of Japan&#x2019;) word die krapmotief, wat ook in die programgedig &#x2018;Krappegesang&#x2019; ter sprake kom, geaktiveer. In die programgedig is daar subtiele verwysings na die seksuele: &#x2018;Waarom bemin ek hom so / wil ek sy harde karapaks poets, / die knypers vryf tot &#x2019;n vonk spat, / hom met &#x2019;n hamer oopbreek&#x2019; (bl. 7). Daar is &#x2019;n verdere verwysing na die spreker se geestesgesondheid wanneer die volgende ges&#x00EA; word: &#x2018;Jirre, hoe jeuk, hoe krap dit nie / in hierdie skedelpan van my kop?&#x2019; (bl. 7). Die krap-as-dier sluit sterk aan by die oorkoepelende motiewe wat in die bundel figureer. Die digter-spreker kan met die krap vergelyk word wat sy geheime onder sy karapaks versteek en in die bundel aan die leser onthul.</p>
<p>Die bundel bestaan uit vier afdelings. In die eerste afdeling getiteld &#x2018;Laagwater&#x2019; kom die spreker se familie ter sprake. Daar is talle verwysings na tipiese familieprobleme soos die vader se alkoholmisbruik, die spreker se ouers se disfunksionele huwelik, onmin tussen broers en verwysings na jeugherinneringe &#x2013; sowel aangenaam as onaangenaam. Een van die treffende gedigte in hierdie afdeling is die gedig &#x2018;ek droom van my pa&#x2019; (bl. 15). Die spreker se misnoe&#x00EB; met sy vader se dronkenskap word op empatiese wyse verwoord. Tog is dit duidelik dat dit die spreker emosioneel negatief affekteer.</p>
<p>Die tweede afdeling getiteld &#x2018;Vuisneste&#x2019; bevat homo&#x00EB;rotiese verse wat sterk aansluit by Botha se debuutbundel <italic>Donkerkamer</italic> (2011). In &#x2018;Lonely connect&#x2019; (bl. 23) wat intertekstueel met Psalm 23 in gesprek tree, fokus die spreker op die rol van tegnologie in die 21ste eeu en op welke wyse dit die ontmoeting van mede-gay mans vergemaklik, maar terselfdertyd kompliseer weens die afstandigheid en kortstondigheid wat met die meestal oppervlakkige ontmoetings gepaard gaan. &#x2018;Ek maak mooipraatjies / lieg bedrieg my tong plat soos &#x2019;n rinkhals / tande gevyl sinne in silwer boksies / verpak gevleuelde woorde kry jy / my tale staan vir niks verkeerd nie&#x2019; (bl. 23). Gay mans se strewe na die perfekte beeld binne die soms stereotiepe gay milieu, word deur die spreker beklemtoon. Wat egter opvallend is, is die gedigte waarin die spreker verwys na die heteronormatiewe beeld van verhoudings en saambly (in di&#x00E9; geval &#x2019;n gay paartjie) wat in &#x2018;Homing&#x2019;, &#x2018;Domestic bliss&#x2019;, &#x2018;Die hart van die huis&#x2019; en &#x2018;Bed&#x2019; aan bod kom. Die gay paartjie se strewe om soos &#x2019;n heteroseksuele paartjie &#x2019;n lewe saam te maak, lewer egter soortgelyke probleme op as di&#x00E9; wat heteroseksuele paartjies ervaar.</p>
<p>Een van die treffendste gedigte in die derde afdeling (&#x2018;Rakende&#x2019;) verwys na die Thai-Amerikaanse Siamese tweeling Chang en Eng Bunker (1811&#x2013;1874). Botha se vernuftige woordspel slaag daarin om die tweeling se lewensverhaal op kort dog kragtige wyse te verwoord. Die tragiek van di&#x00E9; tweeling se lewe is hartseer, maar fassinerend. Geweld figureer ook in die afdeling in gedigte soos &#x2018;Dood van &#x2019;n redakteur&#x2019; (bl. 41), &#x2018;Brandende non (1976&#x2013;2011)&#x2019; (bl. 42) en &#x2018;Born-again&#x2019; (bl. 43).</p>
<p>Die slotafdeling, &#x2018;Dryf&#x2019;, sluit by die krapmotief aan en bevat talle gedigte wat na die see verwys. Die gedig &#x2018;Reusespinnekopkrap&#x2019; (bl. 49) sluit direk by die programgedig aan. Slegs twee ekfrastiese verse, &#x2018;By &#x2019;n foto van Margaret Atwood&#x2019; en &#x2018;&#x2019;n Vakansiefoto van jou, hande agter die rug&#x2019;, is in die bundel opgeneem vergeleke met &#x2019;n aantal ekfrastiese verse wat tesame met die onderskeie foto&#x2019;s in Botha se debuut geplaas is. (Dit sou die bundel verder verryk het indien die uitgewer die foto&#x2019;s by die gedigte afgedruk het.) Die spreker se uitbeelding van die geliefde in &#x2018;&#x2019;n Vakansiefoto&#x2019; is buitengewoon intiem en delikaat verwoord met besonderse metaforiek: &#x2018;Op die strand was ons kop / in een mus, &#x2019;n tweeling / in Siam: elk sy eie bestaan / n&#x00E1; jare saam deurgeskuur / tot krakerige skulp&#x2019; (bl. 55). Nie alleen sluit die beelde in die gedig aan by die gedig oor die Siamese tweeling nie, maar ook by di&#x00E9; van die krap. Die slotverse &#x2018;See&#x2019; (bl. 58) en &#x2018;Mosambiek&#x2019; (bl. 59) sluit die bundel op gepaste wyse af: &#x2018;Sonder taal of tyding in Inhambane / voel jy hoe die w&#x00EA;reld moontlik / sou kon terugtrek soos die oseaan / met laagwater &#x2019;n krap in sy nuwe dop&#x2026;&#x2019; (bl. 59).</p>
<p>Botha se bundel is toeganklik vir die deursnee po&#x00EB;sieleser. Hy bou met &#x2019;n groot gros geslaagde gedigte voort op temas uit sy debuutbundel. Sy tweede bundel getuig van digterlike groei in sowel tegniek as styl. <italic>Krap uit die see</italic> is &#x2019;n welkome bydrae tot die Afrikaanse po&#x00EB;sie.</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Koen, D., 2017, &#x2018;<italic>Krap uit die see</italic> besonder aangenaam op die po&#x00EB;tiese palet&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(1), a1450. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1450">https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1450</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>