<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="other" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1440</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i2.1440</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Voorwoord</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title><italic>Literator</italic> USAN-uitgawe voorwoord</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Viljoen</surname>
<given-names>Louise</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<contrib contrib-type="author">
<name>
<surname>Lourens</surname>
<given-names>Amanda</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Dutch Literature, Stellenbosch University, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author</bold>: Louise Viljoen, <email xlink:href="lv@sun.ac.za">lv@sun.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>25</day><month>10</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>2</issue>
<elocation-id>1440</elocation-id>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="https://creativecommons.org/licenses/by/4.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Inleidende opmerkings</title>
<p>Die tweede USAN-kongres vir jong navorsers, wat deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit Stellenbosch aangebied is, het vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 plaasgevind. Jong navorsers van reg oor Suid-Afrika, asook enkeles uit Belgi&#x00EB;, Nederland, die Verenigde State en Swede, het die kongres bygewoon. Die doel van die tweejaarlikse USAN-kongres, wat vir die eerste keer in 2014 aangebied is, is om &#x2019;n geleentheid vir jong navorsers te skep om hulle navorsing met akademiese eweknie&#x00EB; te deel. Nagraadse studente (M-, PhD- en afgestudeerde Honneursstudente) en jong navorsers (wat in die afgelope vyf jaar graad gekry het) in die letterkunde, taalkunde en toegepaste taalkunde is uitgenooi om deel te neem. Daar is geen tematiese beperkinge gestel nie. Die enigste vereiste was dat referate in Afrikaans of Engels gelewer word. &#x2019;n Tolkdiens, behartig deur personeel en nagraadse studente van die Departement Afrikaans en Nederlands, het vir toeganklikheid gesorg. Na die kongres is deelnemers genooi om hulle referate tot artikels te verwerk en vir publikasie in die geakkrediteerde vaktydskrif <italic>Literator</italic> voor te l&#x00EA;, &#x2019;n verdere stap in hulle toetrede tot die w&#x00EA;reld van akademiese navorsing. Hierdie spesiale uitgawe van <italic>Literator</italic> bevat &#x2019;n seleksie van die artikels wat vir publikasie voorgel&#x00EA; is. Die artikels bestryk &#x2019;n wye dissiplin&#x00EA;re en teoretiese gebied, met artikels wat handel oor die letterkunde naas artikels oor die taalkunde en taalpraktyk.</p>
<p>Asante Lucy Mtenje se artikel &#x2018;&#x201C;Taming untamed pests&#x201D;: Representing female sexualities in Tiyambe Zeleza&#x2019;s <italic>Smouldering Charcoal</italic> and James Ng&#x2019;ombe&#x2019;s <italic>Sugarcane with Salt</italic>&#x2019; [&#x2018;&#x201C;Taming Untamed Pests&#x201D;: Die Voorstelling van Vroulike Seksualiteit in Tiyambe Zeleza se <italic>Smouldering Charcoal</italic> en James Ng&#x2019;ombe se <italic>Sugarcane with Salt&#x2019;</italic>] ondersoek die wyse waarop twee romans uit Malawi tegelykertyd die aanvaarde norme in verband met vroulike seksualiteite reproduseer &#x00E9;n bevraagteken. Mari&#x00EB;tte van Graan se artikel, &#x2018;Die spook van Afrikaneridentiteit in <italic>Toorberg, Die stoetmeester</italic> en <italic>Die swye van Mario Salviati</italic>&#x2019; stel ondersoek in na die aard en funksie van spookkarakters in Etienne van Heerden se romans en gaan na hoedat die spookkarakters in Van Heerden se werk as &#x2019;n voortdurend veranderende vergestalting van Afrikaneridentiteit gelees kan word. Dit word gevolg deur &#x2019;n artikel oor die linguistiek deur Dario Rens, getitel &#x2018;The semantics of the <italic>aan-</italic>construction in 16th century Dutch: A semasiological and onomasiological approach&#x2019; [&#x2018;Die semantiek van die aan-konstruksie in sestiende-eeuse Nederlands: &#x2019;n Semasiologiese en onomasiologiese benadering&#x2019;], waarin hy &#x2019;n self-saamgestelde korpus van 16de-eeuse Nederlands gebruik om bewyse te vind vir Timothy Colleman se hipotese dat die eerste gevalle van die ditransitiewe gebruik van die <italic>aan-konstruksie</italic> konkrete fisiese bewegings is waarby die direkte objek van die subjek na die indirekte objek beweeg.</p>
<p>Andr&#x00E9; Henny du Plessis se artikel &#x2018;Die rol van die bruikbaarheidsbenadering binne die e-leksikografie&#x2019; l&#x00EA; die belangrikheid van die bruikbaarheidsbenadering vir (en die oorvleueling met) die e-leksikografie bloot en bewys hoe elektroniese woordeboeke nie sonder ander interdissiplin&#x00EA;re beginsels vanuit die tegnologiese sfeer ontwikkel behoort te word nie. Susann Marais ondersoek die verskuiwings in die uitbeelding van die vrou in <italic>Huisgenoot</italic> tussen 1963 en 2013, en wel aan die hand van die metodes en beginsels van multimodale diskoersanalise in haar artikel met die titel &#x2018;Die uitbeelding van die vrou in <italic>Huisgenoot</italic> (1963 en 2013): &#x2019;n Multimodale diskoersanalise&#x2019;. Laastens is daar Alan Murdoch se artikel, &#x2018;Strategies used in the translation of fixed expressions in magazines: A comparison of selected texts with Afrikaans as source language and South African English as target language&#x2019; [&#x2018;Strategie&#x00EB; gebruik in die vertaling van vaste uitdrukkings in tydskrifte: &#x2019;n Vergelyking van geselekteerde tekste met Afrikaans as brontaal en Suid-Afrikanse Engels as doeltaal&#x2019;] wat die vertaling van idiome en ander vaste uitdrukkings uit Afrikaans in Suid-Afrikaanse Engels ondersoek in geselekteerde tekste wat in <italic>Huisgenoot</italic> en <italic>You</italic> verskyn het.</p>
</sec>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this article:</bold> Viljoen, L. &#x0026; Lourens, A., 2017, &#x2018;<italic>Literator</italic> USAN-uitgawe voorwoord&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(2), a1440. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i2.1440">https://doi.org/10.4102/lit.v38i2.1440</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>