<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1401</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i1.1401</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Waar aasvo&#x00EB;ls draai</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Louw</surname>
<given-names>Salomi</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>School of Languages and Communication Studies, University of Limpopo, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Salomi Louw, <email xlink:href="louwsalomi@gmail.com">louwsalomi@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>21</day><month>04</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1401</elocation-id>
<product><source>Post mortem</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Pieter</given-names> <surname>Fourie</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0433-3</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2016</year>, <comment>R150*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>Licensee: AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Aanvanklik sien ons drie hopies grond, met karakters wat daarin spit. Trien kom opgestap en deur haar analeptiese vertelling en interaktiewe terugflitse word die <italic>histoire</italic> geopenbaar. Rekwisiete word van &#x2019;n tafel af gehaal om die episode uit te speel en beligting help verder met die enscenering.</p>
<p>Basjan en Trien is &#x2019;n kinderlose plaasegpaar. Die plaaswerkers is Gulu, en Vytjie wat in die huis se spaarkamer geakkommodeer word sodat sy byderhand kan wees om werkies te doen en veral om te sorg dat Trien haar depressiemedisyne drink. Vytjie doen egter m&#x00E9;&#x00E9;r as dit: sy versorg ook vir Basjan; borsel sy klere af terwyl hy reeds aangetrek is; ry saam met hom dorp toe om die hekke oop te maak &#x2013; maar klim langs die pad voor by hom in die kajuit in, waar daar mettertyd groter toegeneentheid ontwikkel.</p>
<p>Basjan, wat al jare lank nie by sy vrou slaap nie en dit altyd net in die donker wou doen, gaan wys later telkens vir Vytjie waar die aasvo&#x00EB;ls vreet, en hulle verkeer dan intiem in &#x2019;n verwaarloosde pondok wat eers deur haar skoon en lig gemaak word. Wanneer die swanger Vytjie later nie die kruie kan kry om te aborteer nie, maak Basjan haar dood in die hut, wat hy agterna toe en donker maak, en pleeg dan buite selfmoord waar die aasvo&#x00EB;ls sy lyk kan bykom (bl. 77&#x2013;78). Voor hy en Vytjie na die hut is, het hy aan die alkoholverslaafde Gulu &#x2019;n kan vergiftigde wyn gegee.</p>
<p>Trien moet die drie lyke dan uitl&#x00EA;. Basjan se oorblyfsels begrawe sy in &#x2019;n wit kinderkissie soos vir die kind wat sy nooit gehad het nie.</p>
<p>Met die eerste lees het die teks &#x2019;n gevoel van <italic>d&#x00E9;j&#x00E0; vu</italic> geskep: die verhooginkleding lewer niks nuuts nie (maar is wel gepas vir opvoering met &#x2019;n klein geselskap en in ontoereikende lokale); die storie van &#x2019;n baas &#x2013; &#x2019;n Bybelswaaier &#x2013; wat &#x2019;n huiswerker bo sy vrou verkies en haar swanger maak, is ook al geyk; en dooies wat herleef om hulle storie te vertel is so oud soos die berge. Ook die skramse noem van dinge wat in die kweperlaning gebeur het tussen Basjan en sy ma laat die bekende smaak van bloedskande in die mond (bl. 55&#x2013;56) &#x2013; &#x2019;n leser moet self bepaal hoe dit Basjan be&#x00EF;nvloed het en of dit die moontlike rede kan wees vir sy keuse van &#x2019;n toe en donker slaapkamer.</p>
<p>Met herbesoeke aan die teks, kom die besef wel dat hier veel te ontginne is aan temas, motiewe, simboliek en interne kontraste, soos die verwysing na donker en na lig wat wisselend van toepassing is op die plaaseienaar en sy vrou. Die beeld van die aasvo&#x00EB;ls wat hy vir Vytjie gaan wys en waarvoor hy homself n&#x00E1; haar dood letterlik slag, kon miskien sterker ontwikkel gewees het: h&#x00FA;lle is &#x00E1;l wat werklik voordeel trek uit sterftes. Dan wonder jy in hoeverre dit op Trien van toepassing is.</p>
<p>Alhoewel die gegewens eintlik swaartillend is, bevat die drama talle ligter momente, soos Vytjie se plesier daaraan om die bakkie te help bestuur en die toeter te kan druk. Die kontras van so &#x2019;n rit met di&#x00E9; van Anker in <italic>Die koggelaar</italic> is duidelik voor o&#x00EB;: Fourie se plaasboer sien die lewe effens anders as van sy vroe&#x00EB;re karakters.</p>
<p>Een van die mooi momente is wanneer Trien vertel hoe sy vir Gulu na sy dood gewas het en watter gewaarwordinge dit by haar opgewek het (bl. 51&#x2013;52). Haar verwondering oor die mooiheid van die mansliggaam kontrasteer sterk met die feit dat sy haar man se lyf net in die donker ervaar het.</p>
<p>Aan die einde wil sy net alles was &#x2013; ook die verlede: &#x2018;My gisters en eergisters was skoon. Ek was skoon&#x2019; (bl. 80). Vytjie bevraagteken dit egter en dui aan dat Trien eintlik deur haar handelinge vir alles verantwoordelik was.</p>
<p>Pieter Fourie is van jongs af ononderbroke betrokke by die verhoog: as skrywer, akteur en regisseur en het vir sy werk talle pryse gewen, soos die SAKRUK- en DALRO-pryse, die Danie Malan-prys en die Johan Nel-prys. In 2002 wen hy die nuwe Reinet Nagtegaal-prys vir Verhoog- en Kabarettekste met <italic>Koggelmanderman</italic>; die Hertzog-prys vir Drama word in 2003 aan hom toegeken; hy ontvang &#x2019;n Fleur de Cap in 2006 en in 2016 word hy vereer met &#x2019;n kykNET Fi&#x00EB;sta vir sy bydrae tot die Afrikaanse woordkuns. Van sy tekste is ook verfilm.</p>
<p>Hierdie bekende teaterman se jongste teks, <italic>Post mortem</italic>, verdien nie net meer toegewyde ondersoek nie, maar ook om opgevoer word.</p>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Fourie</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>1988</year>, <source><italic>Die koggelaar</italic></source>, <publisher-name>HAUM-Liter&#x00EA;r</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Louw, S., 2017, &#x2018;Waar aasvo&#x00EB;ls draai&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(1), a1401. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1401">https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1401</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>