<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1353</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i1.1353</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title><italic>In ligte laaie</italic> se gedigte sing soos &#x2019;n feniks deur vlamme bevry van die oortollige</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0002-3436-6014</contrib-id>
<name>
<surname>de Wet</surname>
<given-names>Karen</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans, University of Johannesburg, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Karen de Wet, <email xlink:href="kdewet@uj.ac.za">kdewet@uj.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>17</day><month>02</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1353</elocation-id>
<product><source>In ligte laaie</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Jannie</given-names> <surname>Malan</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0078-6</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2014</year>, <comment>R150*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>In 2010 verskyn die vierde <italic>Nuwe stemme</italic> &#x2013; Tafelberg se reeks bloemlesings wat beskou kan word as &#x2019;n soort barometer van die aktiwiteit onder opkomende digters. <italic>Nuwe stemme 4</italic> (Marais &#x0026; De Goede <xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2010</xref>) stel twee-en-twintig jong digterstemme aan die woord. Die tweede een onder hulle wat &#x2019;n solodebuut publiseer<xref ref-type="fn" rid="FN0001"><sup>1</sup></xref>, is Jannie Malan. Met sy bundel, <italic>In ligte laaie,</italic> is Malan een van vier debuutdigters<xref ref-type="fn" rid="FN0002"><sup>2</sup></xref> wat in 2014 die toneel van die Afrikaanse po&#x00EB;sie betree.</p>
<p>Die bandontwerp van <italic>In ligte laaie</italic> plaas die bundelaanbod onmiddellik binne &#x2019;n bepaalde konteks, wat bevestig en uitgebrei word deur die twee opdraggedigte. Die omslag het die oranje kleur van vlamme waarop die digter se lyntekeninge van lessenaarlaaie aangebring is &#x2013; die ou staatsdienssoort: hoekig en met koperhalfmane waarin mens se vingers vir die ooptrek moet pas, maar hier, in teenstelling met die soliedheid wat mens sou verwag, besig om deur die lug te trek, om weg te waai. Hierdie sterk visuele voorstelling bevestig die tweeledigheid wat te vinde is in die titel <italic>In ligte laaie</italic>, naamlik aan die brand (besig om te vernietig, om vernietig te raak, maar ook vurig, hartstogtelik) dog terselfdertyd lig en vervlugtigend.</p>
<p>Die twee opdraggedigte, die titelgedig <italic>In ligte laaie</italic> (bl. 7) en <italic>Blurb</italic> (bl. 8), funksioneer soos twee kompastekste wat die temas en aanbod van die bundel uitwys, maar wat terselfdertyd die kompasnaald laat draai na die leser, en na hoe gelees kan en behoort te word. (&#x2019;n Derde rigtinggewende gedig [bl.9] brei verder hierop uit.)</p>
<p>Die titelgedig open die bundel s&#x00F3;:
<verse-group>
<verse-line>Mense vra altyd</verse-line>
<verse-line>&#x2018;As jou huis afbrand</verse-line>
<verse-line>en jy kan net een ding red,</verse-line>
<verse-line>wat sal dit wees?&#x2019;</verse-line>
</verse-group>
<verse-group>
<verse-line>&#x2026;</verse-line>
</verse-group>
<verse-group>
<verse-line>Selde vra iemand:</verse-line>
<verse-line>&#x2018;Wat is die een ding wat jy daar sal los?&#x2019;</verse-line>
</verse-group>
<verse-group>
<verse-line>net te dankbaar</verse-line>
<verse-line>om dit in vlamme op te los.</verse-line>
</verse-group></p>
<p>Wat hier gesuggereer word, is dat die bundeltitel (en dus die aanbod van die bundel) metafories s&#x00F3; gelees kan word dat die leser verstaan dat die po&#x00EB;sie d&#x00ED;t is wat oorbly n&#x00E1; die aan die brand slaan en in ligte laaie staan, n&#x00E1; die wegvee van die as.<xref ref-type="fn" rid="FN0003"><sup>3</sup></xref></p>
<p>Die tweede opdraggedig, <italic>Blurb</italic> (bl.7), sluit aan by hierdie opset en noem saaklik en genommer wat die bundel bied: <italic>Vyf boeke op die lyf geskryf</italic> en ook aan wie dit bemaak word: die <italic>Liewe Leser</italic>. In die gedig word aan elk van hierdie <italic>vyf boeke</italic> (die bundelafdelings) &#x2019;n re&#x00EB;l afgestaan en op hierdie manier doen die gedig, die <italic>Blurb</italic>, presies wat van &#x2019;n flapteks verwag word: dit flap uit. Vooruit word aan die leser verklap wat die aard en aanbod is van die gedigte wat in elke afdeling verwag kan word. Elke afdeling word beskryf in terme van bepaalde liggaamsdele wat uitgesonder word as prim&#x00EA;r betrokke by die skryf van die gedigte in daardie afdeling. So is die herinneringe in <italic>Fotoalbum</italic>: <italic>&#x2019;n Terugblik</italic> <italic>teen die agterkant van die ooglede</italic>; word die <italic>Notaboek: van die alledaagse</italic> <italic>regs</italic> [dit is aan die hart se kant] <italic>op die ribbes</italic> <italic>inge&#x00EB;ts</italic>; het die uitgebreide <italic>Dagboek</italic> drie dele (<italic>Vuur, Vlam</italic> en <italic>As</italic>) vir die <italic>stilte en geheime, kripties op die tong</italic>; staan die <italic>Reisjoernaal</italic> <italic>op die sole van die voete</italic>; en l&#x00EA; die <italic>Register</italic> <italic>van die dooies</italic> <italic>in die spore van die palms</italic> &#x2013; &#x2019;n dodeboek in die lewenslyne van die hand.</p>
<p>Uit die beskrywings van die afdelings wat <italic>Blurb</italic> bied, blyk nog &#x2019;n verdere saak wat die gedigte en komposisie in die bundel kenmerkend maak, naamlik die saaklike (en dalk dikwels bedrieglike) nugterheid wat aangewend word &#x2013; dit teenoor die sensoriese en sensuele weelde wat temas en beskrywing betref. Asof woorde, soos <italic>kripties</italic>, <italic>notas</italic>, <italic>alledaagse</italic>, en lysies &#x2019;n benadering aandui wat die teks van die swaar van die belewing, van die gewigtige anker van lyf en leef moet suiwer, dit lig en tot gedig moet maak. Daarom dat die afdelings aangebied word as fotoalbums, notaboeke, dagboeke, &#x2019;n reisjoernaal en &#x2019;n register: formate wat nie oorbodige omslagtigheid duld nie, wat net dele vasvang.</p>
<p>Maar die bundel het ook &#x2019;n derde rigtinggewende gedig &#x2013; di&#x00E9; keer nie buite die vyf afdelings as bundelopdrag nie, maar wel as opdrag by <italic>Fotoalbum</italic>. In hierdie ongetitelde gedig, &#x2018;Verstaan &#x2026;&#x2019; word die leser as geliefde aangespreek, as noodsaaklik gesien. Dit sluit aan by <italic>Blurb</italic> wat begin soos &#x2019;n brief, met die <italic>Liewe Leser</italic> van die aanhef wat in die slotstrofe <italic>Geliefde</italic> word. In &#x2018;Verstaan &#x2026;&#x2019; word die op mekaar ingespeelde leser en/of geliefde deur &#x2019;n reeks vooropgestelde werkwoorde, wat soos opdragte lees, aangespoor om deel te neem aan die gedig &#x2013; en spesifiek &#x2019;n deelname deur die sintuie (sien kursief), &#x2019;n deelname om tot &#x2018;die fyn vlam van begrip&#x2019; te kom:
<verse-group>
<verse-line><italic>Stuur jou o&#x00EB;</italic> uit hul kaste</verse-line>
<verse-line><italic>sper jou vingerpunte</italic>, hulle sal verstaan</verse-line>
<verse-line>waaroor hulle gaan</verse-line>
<verse-line><italic>beweeg gerus jou mond</italic></verse-line>
<verse-line>as dit die fyn vlam van begrip</verse-line>
<verse-line>sal aanblaas</verse-line>
</verse-group></p>
<p>Die geliefde (leser) word beskou as noodsaaklik om sin en betekenis te gee &#x2013; nie net aan die gedigte en die bundel nie, maar ook aan die digterlike aktiwiteit. Dit is deur die gedig, &#x2018;deur hierdie woorde&#x2019;, dat vereenselwiging (en vereenselwigende begrip) in <italic>In ligte laaie</italic> nagestreef word. Van die leser word verwag om, soos &#x2019;n geliefde, dit te besef en te begryp; die leser moet &#x2018;dieper vat&#x2019; en deelneem:
<verse-group>
<verse-line>Verstaan</verse-line>
<verse-line>ek het jou nodig</verse-line>
<verse-line>om in my sinne sin te lees</verse-line>
<verse-line>en as jy lees en dink, weet dan</verse-line>
<verse-line>van hierdie oomblik af en altyd</verse-line>
<verse-line>deur hierdie woorde was ons</verse-line>
<verse-line>onherroeplik</verse-line>
<verse-line>in mekaar gewees</verse-line>
</verse-group></p>
<p>Die gedigte in Jannie Malan se stewige (127 bladsye, 85 gedigte) en digte debuut getuig van &#x2019;n ingeligte, belese en deeglike leser, en van &#x2019;n selfkritiese skrywer. Dit is gedigte wat die intensiteit van leef en beleef in die branding daarvan benoem, maar dit terselfdertyd met die wete van alledaagse werklikheid, voorlopigheid en verganklikheid temper met die wete van alledaagse werklikkheid, van voorlopigheid en van verganklikheid. Dit in ligte laaie op laat gaan.</p>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Botha</surname>, <given-names>F</given-names></string-name></person-group>., <year>2011</year>, <source><italic>Donkerkamer</italic></source>, <publisher-name>Queillerie</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>H</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>Marais</surname>, <given-names>L</given-names></string-name>. (samest.)</person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Nuwe stemme 5</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Marais</surname>, <given-names>D</given-names></string-name>. &#x0026; <string-name><surname>De Goede</surname>, <given-names>R</given-names></string-name>. (samest.)</person-group>, <year>2010</year>, <source><italic>Nuwe stemme 4</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>M&#x00FC;ller</surname>, <given-names>P</given-names></string-name></person-group>., <year>2002</year>, &#x2018;<article-title>Skemergesprek</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die aandag van jou o&#x00EB;: Gedigte vir die liefde</italic></source>, bl. 24, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> De Wet, K., 2017, &#x2018;<italic>In ligte laaie</italic> se gedigte sing soos &#x2019;n feniks deur vlamme bevry van die oortollige&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(1), a1353. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1353">https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1353</ext-link></p></fn>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Die eerste (en tot op datum, Februarie 2017, verder enigste ander) solodebuut uit die geledere van die <italic>Nuwe stemme 4-</italic>digters, was Fourie Botha (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2011</xref>) se <italic>Donkerkamer</italic> &#x2013; wat ook gedigte bevat uit die tydperk van sy MA in Kreatiewe Skryfkuns, Universiteit van Kaapstad.</p></fn>
<fn id="FN0002"><label>2</label><p>Die ander drie debuutbundels in 2014 is <italic>Assignaat</italic> (Willem Krog), <italic>Gordel</italic> (Adrian Coetzee) en <italic>Leiboom</italic> (Eunice Basson). Van Willem Krog het vroe&#x00EB;r &#x2019;n roman verskyn, Adrian Coetzee se gedigte is opgeneem in <italic>Nuwe stemme 5</italic> (Du Plooy &#x0026; Marais <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2013</xref>) en <italic>Leiboom</italic> was deel van Basson se MA in Kreatiewe Skryfkuns, UP.</p></fn>
<fn id="FN0003"><label>3</label><p>Vergelyk die kunsteoretiese uitspraak in Petra M&#x00FC;ller (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2002</xref>:24) se gedig &#x2018;Skemergesprek&#x2019;: &#x2018;jy sal dik stukke po&#x00EB;sie kan opruim / uit die see se geklaag vanaand, en die puin&#x2019;.</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>