<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1344</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i1.1344</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title><italic>Tirza</italic>: &#x2019;n Resensie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Vercuil</surname>
<given-names>Nelba</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Private</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Nelba Vercuil, <email xlink:href="dirk.nelba@gmail.com">dirk.nelba@gmail.com</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>17</day><month>02</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1344</elocation-id>
<product><source>Tirza</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Arnon</given-names> <surname>Grunberg</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-86919-824-4</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <comment>R180*</comment> <comment>*Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Die roman <italic>Tirza</italic> deur Arnon Grunberg is oorspronklik in 2006 in Nederlands uitgegee en sedertdien in 16 ander tale vertaal. Dit is uiters gewild en in Nederland alleenlik is meer as 300 000 eksemplare verkoop. Dit is ook bekroon met, onder meer, De Gouden Uil- en die Libri-letterkundepryse. Die Afrikaanse vertaling deur Lina Spies het in 2014 verskyn.</p>
<p>Arnon Grunberg is een van Nederland se liter&#x00EA;re reuse en <italic>Tirza</italic> word beskou as die beste van sy romans, sowel as een van die beste romans van die eeu. Dit spreek vanself dat die vertaling daarvan in Afrikaans &#x2019;n uitdaging moes gewees het. Tog slaag Lina Spies uitmuntend daarin.</p>
<p>&#x2019;n Vertaalde werk moet getrou bly aan die emosionele verhouding met die w&#x00EA;reld wat die skrywer oorspronklik vir die leser geskep het. Vertaling is dus die middel waardeur die boek vir die leser meer toeganklik gemaak behoort te word. Dit is dan wel die geval met Lina Spies se vertaling. Die boek lees maklik. Hoewel die Nederlandse kadens dikwels hoorbaar in die teks is, dra dit by om die vertaling nie te vervreem van die milieu waarin dit afspeel nie.</p>
<p>Die hoofkarakter en verteller, J&#x00F6;rgen Hofmeester, leef in &#x2019;n w&#x00EA;reld wat hyself geskep het. Hierdie w&#x00EA;reld is sterk gesetel in &#x2019;n o&#x00EB;nskynlike normale realiteit: Daar is die pretensieuse adres, die werk as redakteur van vertaalde fiksie, die eggenoot, die mooi slim dogters en die strewe na finansi&#x00EB;le sekuriteit. Hoewel die leser verlei word om te identifiseer met Hofmeester se w&#x00EA;reld, word hy hom vroeg in die boek al bewus van vals note &#x2013; die sterk gevoel dat iets nie pluis is nie. Hofmeester se afwesige vrou wat terugkeer, die oormatige verwysing na die bewerk van die vis vir sushi en sy dogter se heftige reaksie op haar ma se terugkoms, is &#x2019;n voorafskouing van wat sal volg.</p>
<p>By die partytjie wat Hofmeester gere&#x00EB;l het ter viering van die skooleindeksamen van sy jonger dogter, Tirza, word die disfunksionaliteit van die gesin en Hofmeester self toenemend duideliker. Wanneer Tirza uiteindelik moet vertrek op &#x2019;n reis na Namibi&#x00EB; saam met haar Marokkaanse minnaar, Choukri &#x2013; wat Hofmeester dikwels gelykstel aan die 9/11-terroris Mohammed Atta &#x2013; du dit die storie met groter wordende momentum in die rigting van &#x2019;n tragedie.</p>
<p>Want sien, Tirza is die hoofrede vir Hofmeester se bestaan &#x2013; sy sonkoningin en ook sy meesteres. Alles wat hy doen, is in haar belang: om haar te laat inpas in sy idee van wat sy behoort te wees &#x2013; &#x2019;n &#x2018;hoogs hoogs begaafde&#x2019; dogter. Maar Tirza, net soos sy vervreemde vrou en sy oudste dogter, is nie gene&#x00EB; om in te pas by sy realiteit nie. Deur die neem van tjellolesse, deelname aan swemgalas en die voorlees van Tolstoi probeer hy haar verhef bo die alledaagse en vir haar &#x2019;n lewe te skep wat hom bly ontwyk het. In antwoord daarop ontwikkel sy &#x2019;n eetversteuring, maar dit bevry haar nie van sy manipulasie en sy afhanklikheid van haar nie. Sy vrou en oudste dogter het reeds ontvlug deur weg te gaan, maar aan Tirza klou hy verbete vas.</p>
<p>Hofmeester is &#x2019;n karikatuur van die eggenoot, vader, werknemer en mens wat hy graag wil wees. Hy onttrek hom van ander in die waan dat hy beter as hulle is. Hy plooi omstandighede om homself in &#x2019;n beter lig te stel, maar intussen is hy maar te bewus daarvan dat hy misluk in alles wat hy belangrik ag. Hy aanvaar egter nooit verantwoordelikheid vir sy eie mislukking nie. Hy blameer altyd iemand anders: sy vrou, sy dogter, die ekonomie, of Mohammed Atta. In &#x2019;n sin is hy miskien reg. Sy mislukking is gesetel in sy onvermo&#x00EB; eerder as sy keuses. Hy regverdig daarom sy dade met &#x2019;n unieke logika en is so oortuigend dat hy die leser amper as medepligtige daarby betrek. Sy selfbedrog is so volkome dat dit uiteindelik lei tot waansin wat kom draai in Afrika en afstuur op &#x2019;n verrassende ontknoping in Nederland.</p>
<p>Die verhaal is ongetwyfeld meesterlik, maar die leser word met &#x2019;n bitter smaak in die mond gelaat. Was die storie maar slegs oor &#x2019;n arme man wat die spoor byster raak, sou die leser dit kon verstaan het, empatie daarmee h&#x00EA; en dit vergeet. Die storie handel egter oor die selfbedrog waaraan alle mense hulle in een of ander stadium skuldig maak. Die leser kan skokkend naby identifiseer met die hoofkarakter se foute. En dit is wat die roman skrikwekkend maak.</p>
<p>Die boek is hoogs aan te bevele en regverdig &#x2019;n lees en herlees daarvan. Vir die leser wat hou daarvan om te delf in die menslike psige gee dit ryke stof tot nadenke. Dit laat die leser daarvan egter voel asof hy deur &#x2019;n bom getref is, en is nie bedoel vir iemand wat ontspanningleesstof soek nie.</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Vercuil, N., 2017, &#x2018;<italic>Tizra</italic>: &#x2018;n Resensie&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(1), a1344. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1344">https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1344</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>