<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-38-1289</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v38i1.1289</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title><italic>Portrette in my gang:</italic> Resensie</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<contrib-id contrib-id-type="orcid">http://orcid.org/0000-0002-9483-6671</contrib-id>
<name>
<surname>Burger</surname>
<given-names>Bibi</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Bibi Burger, <email xlink:href="bibi.burger@up.ac.za">bibi.burger@up.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>20</day><month>01</month><year>2017</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2017</year></pub-date>
<volume>38</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1289</elocation-id>
<product><source>Portrette in my gang</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Dolf</given-names> <surname>van Niekerk</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0230-8</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2015</year>, <comment>R150*</comment><comment>*Book price at the time of the review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2017. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2017</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p><italic>Portrette in my gang</italic> is &#x2019;n eenheidsbundel waarin die meeste gedigte portrette van individue verteenwoordig. Sommige (onder meer &#x2018;<italic>nobilis</italic>&#x2019;, &#x2018;Gioconda&#x2019;, &#x2018;Beeld&#x2019;, &#x2018;Visioen&#x2019; en &#x2018;Selfportret&#x2019;) is geskryf na aanleiding van werklike skilderye, terwyl ander gedigte self die portrette vorm van mense wat deur die &#x2018;gang&#x2019; van die digter se lewe hom be&#x00EF;nvloed het. Dit sluit familielede in soos sy ma (&#x2018;Mastos&#x2019;), pa (&#x2018;Verhuising&#x2019;) en ouma (&#x2018;Amarilis&#x2019;), maar ook denkers en kunstenaars soos N.P. van Wyk Louw, Hermann Hesse, Nietzsche, Dostojefski, Hegel, Anna Vorster en Joan Hambidge. Die bundel bevat ook enkele natuurgedigte en gedigte met &#x2019;n sosiaal kritiese inslag.</p>
<p>&#x2019;n Deurlopende motief is die naas mekaar plasing van geboorte en dood (&#x2018;die eerste skree / en die teruggee van die asem&#x2019; [&#x2018;Vergange&#x2019;]). In &#x2018;Circa 1933&#x2019; en &#x2018;Selfportret&#x2019; ondersoek die digter sy eie lewe en kunstenaarskap, maar die fokus is hoofsaaklik op wat bogenoemde, nastrewenswaardige mense met hulle tyd op aarde gedoen het. &#x2019;n Verder deurlopende tema is die soeke na die transendentale &#x2018;gees&#x2019; wat die aardse lewe oorstyg en daaraan betekenis gee. Hierdie soeke is slegs in &#x2018;Pater Noster: &#x2019;n parafrase&#x2019;, &#x2019;n nuwe Afrikaanse vertaling van die Onse Vader-gebed, eksplisiet Christelik. Dit word eerder hoofsaaklik geassosieer met die Jungiaanse kollektiewe onbewuste (sien &#x2018;Circa 1933&#x2019;) en die poging van die kunstenaar om met di&#x00E9; &#x2018;Groot Onsigbare&#x2019; (&#x2018;<italic>Abstrakte ritme</italic>, Anna Vorster&#x2019;) in aanraking te kom.</p>
<p>Soos Andries Visagie noem in sy resensie vir Versindaba beteken die verkenning van hierdie temas (sowel as die fokus op veroudering in &#x2019;n gedig soos &#x2018;laaste woord&#x2019;) dat <italic>Portrette in my gang</italic> vrugbare stof bied vir navorsers wat belangstel in ouderdomsgedigte. Myns insiens is &#x2018;Swartberg&#x2019; en &#x2018;Tablet&#x2019; egter die twee sterkste gedigte in die bundel, juis omdat hulle van di&#x00E9; tematiek wegbreek. Beide het hidrobreking in die Karoo en die moontlike bedreiging wat dit vir die omgewing inhou as onderwerp. Hierdie gedigte se ekokritiese inslag verleen aan hulle &#x2019;n dringendheid wat grootliks in die res van die bundel ontbreek. Beide verteenwoordig ook &#x2019;n interaksie met &#x2019;n hedendaagse verskynsel en is in hierdie opsig vernuwend &#x2013; hidrobreking is in die Afrikaanse digkuns nie so bekend as die ander temas en onderwerpe wat in die bundel verken word nie.</p>
<p>Ook &#x2018;Monsters&#x2019;, &#x2018;Prisma&#x2019; en &#x2018;Mutant&#x2019; gaan oor die hedendaagse Suid-Afrika en neem die vorm aan van maatskaplike kritiek. &#x2018;Monsters&#x2019; sluit aan by die bundel se fokus op die gees (as simbool vir die singewende transendentale). Hier is die teiken van Van Niekerk se kritiek die &#x2018;geesloosheid&#x2019; van die &#x2018;nuwe eeu waar middelmatigheid / vir verstarde ego&#x2019;s maatstaf word&#x2019;. Die gedig is myns insiens te abstrak &#x2013; meer konkrete voorbeelde van di&#x00E9; geesloosheid sou dit meer oortuigend gemaak het. &#x2018;Prisma&#x2019; se kritiek teen die klaarblyklike anti-individualisme en geldsug van die re&#x00EB;nboognasie (&#x2018;Geen plek vir enkelheid in hierdie lig / want aan die re&#x00EB;nboog se punt / wag vir almal &#x2019;n pot met goud&#x2019;) is ook oorvereenvoudig en onoorspronklik. &#x2018;Mutant&#x2019; se satiriese uitbeelding van die onvermo&#x00EB; van wit mense in Afrika (&#x2018;mutant, eurobaster, afrosteg&#x2019;) om evolusion&#x00EA;r by hulle omgewing aan te pas, is oorspronkliker en meer geslaagd.</p>
<p>As geheel is <italic>Portrette in my gang</italic> nie vernuwend nie, maar dien dit wel as &#x2019;n verdere po&#x00EB;tiese verkenning en uitbreiding van temas soos veroudering, die dood, godsdiens, kuns en die strewe na &#x2019;n sinvolle lewe.</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Burger, B., 2017, &#x2018;<italic>Portrette in my gang</italic>: Resensie&#x2019;, <italic>Literator</italic> 38(1), a1289. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1289">https://doi.org/10.4102/lit.v38i1.1289</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>