Die verhale in
Die bundel open met ‘’n Werfstorie’ (bl. 7) waarin ’n selfversekerde matriekseun wat een nag by hulle op die plaas in die vrykamer oorslaap – waar die skrywer se ouma kort vantevore gesterf het – behoorlik die skrik op die lyf gejaag word deur ’n naguil en Ou Tom, die werfkat. Fred Mouton se meesterlike illustrasie vang die presiese moment vas toe die verskrikte gas met ’n boog tussen die skrywer se ouers in hulle bed duik.
’n Ander verhaal uit die skrywer se jeugjare het ’n veel soberder strekking. In ‘Wat moet wees, moet wees’ (bl. 34) vertel hy van sy en Kiewiet se byna idilliese kinderjare op aangrensende plase. Hy onthou haar as ‘’n Sonskynmens. So eie aan die plaas soos die lelie aan die vlei’ (bl. 35). Na hul opleiding by die onderwyskollege op Heidelberg loop hul paaie egter ver uitmekaar en toe hy haar in 1968 weer opspoor, herken hy sy eertydse speelmaat en vriendin glad nie in die lewelose grys ou vroutjie wat voor hom staan nie. ‘Op haar gesig is die spore van jare se leed’ (bl. 40). Die verhaaltitel is ’n vertaling van ‘whatever will be, will be’ uit die nostalgiese liedjie ‘Que será, será’. Terwyl Kiewiet die verteller alleen in die klein onversorgde woonkamertjie los om brandewyn by haar buurvrou te gaan leen, tel hy van die vloer af ’n stuk papier op waarop sy die woorde van dié liedjie geskryf het.
Dit is ’n lang ry interessante mense – oudleerlinge en hul ouers, vee- en velkopers, ’n Duitse baron, medeboere, vistermanne en baie ander – wat deur hierdie verhale paradeer. Die skrywer skroom egter nie om ook met homself die spot te dryf nie, byvoorbeeld in ‘’n Hand vol vere’ (bl. 95) waar hy vir sy kleinseun drie kapokhoenders koop en later op geen manier van die luidrugtige haantjie en twee hennetjies ontslae kan raak nie, niemand wil hulle eens present hê nie.
In ‘Sy verdiende loon’ (bl. 79) maak die skrywer se ma ’n opmerking wat ook op hom van toepassing is: ‘Jou pa is ’n Jooste, my kind. As Joostes nie probleme het nie, koop hulle dit’ (bl. 79). Die skrywer vertel van etlike kompulsiewe aankope wat hom deur die jare groot probleme besorg het, soos byvoorbeeld die indrukwekkende maar erg befoeterde boerbokram wat hy op die ingewing van die oomblik aanskaf en agter op sy bakkie moet laai vir die rit plaas toe. ‘My gelukkige dag’ (bl. 118) handel oor sy noue ontkoming toe hy vinnig en sonder om te dink gebie het op ’n stukkie grond van tien hektaar naby Windhoek. Sy bod, wat hy glad nie kon bekostig nie, was wel die hoogste, maar die eienaar het meer verlang. ‘Berge kommer en selfverwyt val van my skouers. Halleluja! Ek is sowaar heelhuids uit die gemors!’ (bl. 120.)
In
Ek wil die motor in daardie toestand nie sien nie! Glad nie. Laat Lorraine en haar bleddie aap jou help! Kry droogskoonmakers of Pupkewitz se winkel, die
Die kaart van Suidwes voor in
Fred Mouton slaag met sy humoristiese en lewendige illustrasies daarin om die hoogtepunt van elke vertelling vas te vang. Jooste se beskrywings en Mouton se tekeninge is ’n wenkombinasie wat sorg vir groot leesplesier en inderdaad enige verdriet se moses is!