<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-37-1254</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v37i1.1254</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Book Review</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2019;n Soeke na die gordel van waarheid?</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Linde</surname>
<given-names>Janien</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>School of Languages, North-West University, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Janien Linde, <email xlink:href="janien.linde@nwu.ac.za">janien.linde@nwu.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>24</day><month>06</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>37</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1254</elocation-id>
<product product-type="book"><source>Gordel</source><person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Adriaan</given-names> <surname>Coetzee</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0101-1</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2014</year>, <comment>R150*</comment><comment>*Book price at the time of the review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Adriaan Coetzee, die eerste digter uit <italic>Nuwe Stemme 5</italic> wat &#x2019;n volledige bundel publiseer, se debuut, <italic>Gordel</italic>, het in 2014 by Protea verskyn. Coetzee noem in &#x2019;n onderhoud op Versindaba (Ullyatt, <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2014</xref>) dat hy met sy digkuns streef na &#x2019;n po&#x00EB;sie tussen die prul en die praat. Uit die weldeurdagte ars po&#x00EB;tiese gedig, &#x2018;digter word&#x2019;, kan die leser aflei dat hierdie digter sterk onder die indruk is van die rol en strewe van die digter, alhoewel dit uit die taalgebruik (wat Hambidge [2014] in haar resensie anti-taal of skisotaal noem) blyk dat hy self nie &#x2019;n oortuigde uiteensetting kan verskaf van wat dit is om digter te wees nie. Die gedig spreek van iets soos verliefdheid, &#x2019;n blindelingse strewe daarna om die ideale digter te wees, maar telkens ontnugter te word deur die ontoereikendheid van egte skoonheid of waarheid:</p>
<disp-quote>
<p>digter word is duisende dae aaneen</p>
<p>die liefde van jou lewe op &#x2019;n afstand bemin</p>
<p>en dieselfde aantal nagte daarby</p>
<p>haar ontoereikende skoonheid besing</p>
<p>en op &#x2019;n goeie dag met &#x2019;n bietjie geluk</p>
<p>sal sy jou lomp o&#x00EB; skalks vang</p>
<p>en jy haar lushof hartlik binnegaan</p>
<p>min wetende</p>
<p>sy&#x2019;t &#x2019;n kuisheidsgordel in die mik</p>
</disp-quote>
<p>&#x2018;digter word&#x2019; te same met die motto van die bundel, &#x2018;Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas (Ef 6:14)&#x2019;, sluit intertekstueel aan by die bundel se titel, <italic>gordel</italic>. Die digter wil klaarblyklik die simboliese gordel van waarheid om sy heupe dra as verweer teen d&#x00ED;t wat teenoor die waarheid staan, naamlik die leuen. Die leser verwag dus &#x2019;n antwoord op die subjektiewe vraag van wat waarheid en leuen volgens Coetzee is. Die digter bly die leser egter &#x2019;n antwoord skuldig, en vir hierdie leser dit is onseker of dit is omdat hy antwoorde opsetlik ontwyk om &#x2019;n soeke na waarheid te suggereer en of die tematiese en metaforiese potensiaal van die motto bloot nie genoegsaam ontgin word nie.</p>
<p>&#x2019;n Deurlopende strewe of soeke na oorspronklikheid spreek uit die intertekstuele spel in <italic>gordel</italic>, onder andere met die Bybel, die media, natuurgidse en ander Afrikaanse digters soos Gert Vlok Nel (bl. 66), Peter Blum (bl. 40) en Breyten Breytenbach (bl. 10). Die belangrikste gesprek wat in die bundel voorkom, is di&#x00E9; met Wilma Stockenstr&#x00F6;m se <italic>Vir die bysiende leser</italic>, &#x2019;n gesprek wat die tipografiese indeling van die bundel grootliks be&#x00EF;nvloed. In die onderhoud op Versindaba verduidelik Coetzee dat die inleidende kwatryne, tersines of versre&#x00EB;ls wat aan die begin van elk van die sestien afdelings te vind is, &#x2019;n deurlopende gesprek met Stockenstr&#x00F6;m se bundel voer en dat dit as een lang gedig gelees moet word. Die onderskeie gedigte in hierdie afdelings belig die groter gesprek dan in meer besonderhede en versterk die idee van &#x2019;n deurlopende strewe na oorspronklikheid binne die bestaande po&#x00EB;tiese tradisie. Hierdie strewe is duidelik sigbaar in die eksperimentele gedigte, byvoorbeeld die geslaagde &#x2018;Moenie jou verlede <italic>Google Earth</italic> nie&#x2019; (bl. 29) of die minder geslaagde &#x2018;Waarskuwing: Teems&#x2019; (bl. 41). Die gevolg is ongelukkig dat kohesie op sommige plekke verlore gaan en dat die bundel versnipperd voorkom. Die idee ontstaan ook dat die digter by tye sy leser oorskat en soms selfs onderskat. Soos sommige van die ander resensente vind ook ek die erkennings aan die einde van die bundel steurend en selfs verwarrend. Dink die digter werklik dat sy leser nie sal weet wie Klara Viljee is of dat die woordeboekinskrywing op bladsy 37 waarskynlik uit die HAT kom nie? Of vertrou die digter dalk nie sy eie digterlike vermo&#x00EB;ns nie?</p>
<p>Tematies strek die bundel wyd, van temas soos die mens se invloed op die natuur, maatskaplike kwessies soos ongewenste swangerskappe, geweld en dieremishandeling tot die ontoereikendheid van taal, familieverhoudings en die dood. Wat die algemene toon van die bundel aanbetref, het ek gevoel dat ontnugtering, sinisme en verbittering die botoon voer, met hier en daar &#x2019;n &#x2018;blou saffier in die gordel&#x2019; soos Coetzee dit op Versindaba stel. Voorbeelde van sulke saffiere is die liriese natuurgedigte &#x2018;Magoebaskloof&#x2019; (bl. 38) en &#x2018;&#x2019;n Afskeid in bondels gras vir oupa Nathan&#x2019; (bl. 15).</p>
<p>Ten spyte van die feit dat woordekonomie soms te ver gevoer word en enjambement in sommige gedigte in die bundel met minder sukses aangewend word, wat &#x2018;n indruk van hakkelrige, halfvoltooide verse skep, en die soms steurende hiperbewustheid van die rol (selfs &#x2018;verantwoordelikheid&#x2019;?) van die digter, is daar &#x2019;n aantal werklike sterk gedigte en frases in die bundel. Coetzee het &#x2019;n verdienstelike staanplek in die Afrikaanse po&#x00EB;sie verwerf met &#x2019;n eerste bundel wat die leek nie oorweldig nie, maar definitief nie &#x2019;n luilekker Sondagmiddag-leeservaring is nie. Die volgende gedig, &#x2018;die lewe is &#x2019;n liter&#x2019; (bl. 12), stel myns insiens die digter se potensiaal ten toon:</p>
<disp-quote>
<p>gesoute drinkers weet</p>
<p>as die lydensbeker halfprys is met <italic>happy hour</italic></p>
<p>vra jy vir &#x2019;n dubbel</p>
<p>want pyn is die vrugwater van verstand</p>
</disp-quote>
<p>Ek laat dit aan die leser oor om aan die hand van die volgende drie re&#x00EB;ls uit &#x2018;dood van &#x2019;n enkeling&#x2019; (bl. 64) te besluit of die digter wel suksesvol was in sy soeke na oorspronklikheid en waarheid:</p>
<disp-quote>
<p>dit is &#x2019;n tragedie om begrawe te word</p>
<p>in &#x2019;n belt wat jy selde gedra het</p>
<p>of die das waaroor niemand hoera nie</p>
</disp-quote>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Hambidge</surname>, <given-names>J</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Adriaan Coetzee &#x2013; <italic>Gordel</italic></article-title>&#x2019;, <comment>besigtig op 27 Oktober 2015, by <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/09/adriaan-coetzee-gordel-2014.html">http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/09/adriaan-coetzee-gordel-2014.html</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ullyatt</surname>, <given-names>G</given-names></string-name></person-group>., <year>2014</year>, &#x2018;<article-title>Onderhoud met Adriaan Coetzee (<italic>Gordel</italic>)&#x2019;</article-title>, <comment>besigtig op 27 Oktober 2015, by <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://versindaba.co.za/2014/05/02/onderhoud-met-adriaan-coetzee/">http://versindaba.co.za/2014/05/02/onderhoud-met-adriaan-coetzee/</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Linde, J.L., 2016, &#x2018;&#x2019;n Soeke na die gordel van waarheid?&#x2019;, <italic>Literator</italic> 37(1), a1254. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1254">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1254</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>