<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-37-1247</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v37i1.1247</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Narokkong</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>van Niekerk</surname>
<given-names>Jacomien</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans, University of Pretoria, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="jacomien.vanniekerk@up.ac.za">jacomien.vanniekerk@up.ac.za</email></corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van Niekerk, J., 2016, &#x2018;Die roep van die narokkong bly jou by&#x2019;, <italic>Literator</italic> 37(1), Art. &#x0023;1247, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1247">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1247</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>20</day><month>03</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>37</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1247</elocation-id>
<product><source>Narokkong</source> <inline-graphic id="F0001" xlink:href="LIT-37-1247-Cover.jpg"/> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>R.</given-names> <surname>Franzsen</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0410-4</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <fpage>64</fpage> pp., <comment>ZAR150&#x002A;</comment> <comment>&#x002A;, Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Die roep van die narokkong bly jou by</title>
<p><italic>Narokkong</italic>, die debuutbundel van Ri&#x00EB;l Franzsen, is geskoei op &#x2019;n (na my wete) oorspronklike konsep in die Afrikaanse po&#x00EB;sie, naamlik die outisme van die spreker se seun.</p>
<p>Elke leser moet self oordeel of hierdie nou omvang van die bundel beperkend is en of <italic>Narokkong</italic> juis as &#x2019;n geslaagde &#x2018;eenheidsbundel&#x2019; bestempel kan word. Die impak van outisme op sowel die seun as sy ouers word sistematies geskets, onder andere in &#x2018;Outisme I&#x2019; (bl. 16):</p>
<verse-group>
<verse-line>Ouers wonder verwilderd</verse-line>
<verse-line>maar die outis,</verse-line>
<verse-line>wild en verwonderd,</verse-line>
<verse-line>vra:</verse-line>
<verse-line>Waar is ek? Waar is ek?</verse-line>
<verse-line>Hoe dans mens in sirkels</verse-line>
<verse-line>in hierdie vierkantige plek?</verse-line>
</verse-group>
<p>Die gegewe van die outistiese kind word deur &#x2019;n intertekstuele laag aangevul. In die gedig &#x2018;Narokkong&#x2019; (bl. 14) word die titel van die bundel verklaar met behulp van &#x2019;n verwysing na &#x2019;n skets deur Sangiro getitel &#x2018;Koors&#x2019;. Volgens die omdigting van hierdie skets is die narokkong &#x2019;n nagvo&#x00EB;l wat in die top van &#x2019;n naboom in Kenia leef en selfs die plaaslike Masai weet nie waarvan die vo&#x00EB;l leef nie. In die slotstrofe (bl. 14) eien die spreker hierdie byna mitiese vo&#x00EB;l toe as &#x2019;n onheilsvo&#x00EB;l wat outisme veral onder seuns veroorsaak:</p>
<verse-group>
<verse-line>hy maak jag op die mens</verse-line>
<verse-line>en vir elke meisie wat hy gryp en verskeur</verse-line>
<verse-line>hang daar, volgens voorkeur,</verse-line>
<verse-line>vier seuns in sy spens.</verse-line>
</verse-group>
<p>Daar is egter reeds in &#x2018;Diagnose&#x2019; (bl. 11) sprake van &#x2018;&#x2019;n nagvo&#x00EB;l se geskree&#x2019; wat suggereer dat die gedigte ook buite hulle volgorde in die bundel gelees sou kon word. In die gedig &#x2018;Timbavati&#x2019; (bl. 33) word dit duidelik dat D.J. Opperman in sy gedig &#x2018;Koggelbos&#x2019; (uit <italic>Komas uit &#x2019;n bamboesstok</italic>) met Sangiro in gesprek getree het. In di&#x00E9; gedig speel Opperman met die eendersheid van &#x2018;naboom&#x2019; en &#x2018;naboots&#x2019; en die &#x2018;narokkong&#x2019; word &#x2019;n koggelende vo&#x00EB;l. In <italic>Narokkong</italic> is daar telkens sprake van outisme as &#x2019;n koggelende herinnering wat feitlik elke alledaagse aktiwiteit besmet. Omvattende kennis van vo&#x00EB;ls spreek uit die feit dat Franzsen die woord <italic>narokensis</italic> in die wetenskaplike naam vir die &#x2018;Oostelike heuningwyser&#x2019; (bl. 43) nagespeur het. Die gedig bevat, teen die leser se aanvanklike verwagting in, &#x2019;n speelse element waarin daar van een assosiasie na &#x2019;n ander gespring kan word sonder om by dro&#x00EB; feite vas te steek. Dit is duidelik dat die heuningwyser in di&#x00E9; gedig nie &#x2019;n nagvo&#x00EB;l is nie, maar die wyse waarop die vo&#x00EB;l die herder in die gedig bedrieg, &#x2018;verby die bynes&#x2019; na die &#x2018;naboomnes&#x2019;, verwoord knap die verwarring waaraan die spreker in <italic>Narokkong</italic> sowel as die outistiese kind gereeld onderwerp word. Al die verwysings na die &#x2018;nagvo&#x00EB;l&#x2019; of &#x2018;Swartoog&#x2019; (soos dit ook genoem word) in die bundel bewerk eenheid en dit is &#x2019;n beeld wat die leser agterna bybly.</p>
<p>Die bundel begin met &#x2018;Vrugwater&#x2019; (bl. 9) en ontvou verder as &#x2019;n taamlik lini&#x00EA;re maar nie streng-chronologiese verslag van die lewe van &#x2019;n outistiese seun. Ervarings progresseer van &#x2018;[h]ospitaalgange&#x2019;(bl. 22), operasies en kinderpsigiaters (&#x2018;Poppekas&#x2019;, bl. 24-25), ontstellende angsaanvalle tuis (bl. 27, 28) tot opname in &#x2018;Denmar&#x2019; (bl. 29). Wanneer medikasie doeltreffend is, is daar weer &#x2018;Remissie&#x2019; (bl. 35) en &#x2018;Ewewig&#x2019; (bl. 36). Daar is sprake van verblyf in &#x2019;n &#x2018;[t]ehuis vir outiste&#x2019; (bl. 51), maar met sy mondigwording is die seun nog onmiskenbaar in sy ouers se sorg (&#x2018;Beseringstyd&#x2019; [bl. 54] en &#x2018;Een-en-twintig&#x2019; [bl. 61]).</p>
<p>In &#x2018;Outisme II&#x2019; (bl. 40) word gevra wanneer die twintigste-eeuse term &#x2018;outis&#x2019; vir die eerste keer in Afrikaanse woordeboeke opgeneem is. Die toon van die eerste en derde strofes is tong-in-die-kies, maar die lys woorde in die tweede strofe (&#x2018;onregeerbaar&#x2019;, &#x2018;uitgeslote&#x2019;, &#x2018;eiesinnig&#x2019;, ensovoorts) is een van die talle plekke in die bundel waar dit blyk hoe moeilik die spreker hom met sy kind se toestand vereenselwig. Soms word hierdie aspek verbeeldingloos geartikuleer, byvoorbeeld in &#x2018;Kringloop&#x2019; (bl. 17): &#x2018;Hoekom, God, hoekom?&#x2019;. Ook in die slotgedig van die bundel is daar die minder effektiewe uitroep &#x2018;<italic>Contra naturam</italic>,<italic></italic> o Heer&#x2019;, maar die treffende wyse waarop die verhaal van Abraham en Isak in die laaste vier re&#x00EB;ls omvorm word, red die gedig.</p>
<p>Ander gedigte kry dit ook reg om wrang humor en bitter ontnugtering te balanseer: soms in &#x2019;n titel soos &#x2018;Hippokrates het sy hande vol&#x2019; (bl. 23), of in die bespiegeling in &#x2018;Prototipe&#x2019; dat die Skepping van God se outisme getuig (bl. 56). Die taalspel in &#x2018;Kunsgeskiedenis&#x2019; (bl. 48) &#x2013; &#x2018;waarom Vermeer vra?&#x2019; &#x2013; is dalk &#x2019;n bietjie t&#x00E9; slim, maar die voorafgaande strofes waarin die (on)vermo&#x00EB; verken word van sekere kunswerke of -strominge om met die outistiese kind te resoneer, is geslaagd.</p>
<p>Met sy kort gedigte en beperkte temas is <italic>Narokkong</italic> nie &#x2019;n ambisieuse bundel nie. Tog maak dit &#x2019;n positiewe indruk aangesien die bundel deeglik afgewerk is. Elke gedig lewer &#x2019;n sinvolle bydrae tot die bundel as geheel en daar is geen rafels nie. Die gedigte is toeganklik en onbetwyfelbaar gevoelvol, met genoeg tegniese vaardigheid om die lees van <italic>Narokkong</italic> die moeite werd te maak.</p>
</sec>
</body>
</article>