<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>Literator - Journal of Literary Criticism, Comparative Linguistics and Literary Studies</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-37-1213</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v37i1.1213</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Sirkels op &#x2019;n oorbekende werf</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Anker</surname>
<given-names>Willem</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Corresponding author:</bold> Willem Anker, <email xlink:href="anker@sun.ac.za">anker@sun.ac.za</email></corresp>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub"><day>15</day><month>06</month><year>2016</year></pub-date>
<pub-date pub-type="collection"><year>2016</year></pub-date>
<volume>37</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1213</elocation-id>
<product><source>Skadu oor die sonwyser</source> <person-group person-group-type="author"><string-name><given-names>Kobus</given-names> <surname>Lombard</surname></string-name></person-group> <isbn>978-1-4853-0302-2</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <year>2015</year>, <comment>R150*</comment><comment>*, Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2016. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2016</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p><italic>Skadu oor die sonwyser</italic> is Kobus Lombard se vierde po&#x00EB;siebundel, almal uitgegee deur Protea Boekhuis. Die voriges heet <italic>Geknipte naelstring</italic> (2001), <italic>Tussen wysvinger en duim</italic> (2005) en <italic>Vlerke vir my houteend</italic> (2010).</p>
<p>Lombard betree hier dieselfde tematiese werf as in sy vorige bundels. In kort vrye verse (net met uitsondering langer as 12 re&#x00EB;ls) sirkel hy om die Namibiese landskap, die Christelike geloofslewe, die skryf van po&#x00EB;sie, die weeskindverlede, nostalgiese terugblikke, wranger herinneringe aan die weermag, en, soos die titel wil suggereer, die vervlietendheid van tyd en oud word.</p>
<p>Wanneer die leser n&#x00E1; &#x2019;n eerste lees terugkeer na die bundel, val die gedig &#x2018;Tregtering&#x2019; (bl. 19), op:
<verse-group>
<verse-line>word my dae te skraal</verse-line>
<verse-line>om &#x2019;n huis te bou</verse-line>
<verse-line>tel ek die stene</verse-line>
<verse-line>in my kamer se muur</verse-line>
<verse-line>raak my tre&#x00EB; te kort</verse-line>
<verse-line>om die planeet te oorspan</verse-line>
<verse-line>sirkel ek net nouer</verse-line>
<verse-line>op my eie werf</verse-line>
</verse-group>
<verse-group>
<verse-line>my o&#x00EB; is te moeg</verse-line>
<verse-line>vir ongeleesde boeke</verse-line>
<verse-line>dit soek bloot die streling</verse-line>
<verse-line>van oorbekende woorde</verse-line>
</verse-group></p>
<p>Hierdie bekentenis deur die spreker is &#x2019;n eenvoudige, nostalgiese vers oor oud word, en op vormlike en inhoudelike vlak dus tekenend van die bundelgeheel. Die gedig vra egter ook &#x2019;n belangrike vraag oor die bundel self: Alhoewel die spreker se moe&#x00EB; o&#x00EB; nie meer kans sien vir &#x2018;ongeleesde boeke&#x2019; nie, is d&#x00ED;t nie miskien juis waarna &#x2019;n po&#x00EB;sieleser sug wanneer &#x2019;n bundel aangeskaf word nie? Is die funksie van po&#x00EB;sie nie miskien juis &#x2019;n talige wakker skud uit die &#x2018;streling/van oorbekende woorde&#x2019; nie? Vir hierdie leser is dit wel. Gee dit nie juis in afgematte o&#x00EB; &#x2019;n hernude glinster wanneer hulle &#x2019;n gedig te&#x00EB;kom wat die &#x2018;oorbekende&#x2019; w&#x00EA;reld oombliklik nuut maak nie? Hiermee bedoel ek geensins dat goeie po&#x00EB;sie kompleks of &#x2018;moeilik&#x2019; moet wees nie. Daar is niks kompleks of groots aan &#x2019;n beiteltjie nie, maar as dit skerp is, en sekuur tref, weet ons almal wat dit kan vermag.</p>
<p>Die digter is vroe&#x00EB;r geprys vir die pretensielose eenvoud van die gedigte, en ook in hierdie nuutste bundel is d&#x00ED;t die gedigte se beste eienskap. Die eerste re&#x00EB;ls in &#x2018;Wag-&#x2019;n-bietjiebos&#x2019; (bl. 27) &#x2013; &#x2018;haak-en-steek/word digter/al dieper in&#x2019; &#x2013; getuig van wat hierdie digter kan vermag met die eenvoudigste stellings. Ongelukkig interpreteer hy dan sy eie beeld in die twee strofe.</p>
<p>Buiten bogenoemde voorbeeld, is daar ook ander mooi oomblikke in die bundel, soos waar die &#x2018;motors in die grootpad/van afspraak na migraine jaag&#x2019; (bl. 75) of waar die spreker in &#x2018;Digterspel&#x2019; (bl. 48) &#x2018;vergeefs&#x2019; soek na &#x2019;n taal &#x2018;wat ruik na vars hopies grond/om ons verliese te begrawe&#x2019;.</p>
<p>Talle gedigte, wat soms vondste van onderbeklemtoning kon gewees het, ly egter skipbreuk weens die deurlopende gebruik van clich&#x00E9;s. In kort verse wat aanspraak maak op gestroopte, onopgesmukte eenvoud en eerlikheid, struikel die leser oor enige geykte uitdrukking, en in <italic>Sonwyser</italic> is daar te veel. Frases soos &#x2018;ragfyn drade&#x2019; en &#x2018;lense&#x2019; wat &#x2018;verdof&#x2019;, belemmer byvoorbeeld &#x2019;n gedig soos &#x2018;Kantgordyn&#x2019; (bl. 17) wat &#x2019;n mooi vers kon gewees het oor die veranderende perspektief wat oud word bring. Die &#x2018;grys beton&#x2019; (bl. 23) of &#x2018;koue grys&#x2019; (bl. 79) van stede, &#x2019;n vlam wat &#x2018;ligvoets [&#x2026;] dans&#x2019; (bl. 25), wind wat &#x2019;huil om die hoeke van my huis&#x2019; (bl. 28), en die &#x2018;vensters van jou o&#x00EB;&#x2019; (bl. 84) is enkele verdere voorbeelde van hebbelikhede wat gedigte op die rotse laat loop. Gedigte word ontneem van impak wanneer hulle (sonder ironie) afgesluit word met re&#x00EB;ls waarin die liggaam &#x2018;slegs &#x2019;n aardse woning is&#x2019; (bl. 15), &#x2018;die angel van die dood besweer&#x2019; word (bl. 25), of &#x2018;&#x2019;n doodse stilte&#x2019; neerdaal (bl. 28). Wanneer &#x2019;n geykte frase soos &#x2018;klink &#x2019;n glasie&#x2019; (bl. 77, 80) voorkom in twee gedigte wat handel oor dieselfde tema &#x2013; om te eet in restaurante wat bedryf word in polities gelade ruimtes &#x2013; moet die redakteur met &#x2019;n skerp sk&#x00EA;r inspring.</p>
<p>Buiten om die taal te stroop van geykte uitdrukkings, kan Lombard in die toekoms ook meer let op die vormlike aspekte van po&#x00EB;sie. Hier word nie veel gedoen met ritme of klank nie. Met &#x2019;n bewustheid van die vormlike aspekte bedoel ek ook nie tipografiese truuks nie, soos waar &#x2019;n plaat:</p>
<p>in die rondte</p>
<p>&#x2003;&#x2003;&#x2003;&#x2003;draai</p>
<p>&#x2003;&#x2003;en draai</p>
<p>en draai&#x2019; (20).</p>
<p>Vir liefhebbers van eenvoudige verse wat bevestigend en herkenbaar op die oor val, sal die bundel welkome leesstof wees, maar die avontuurlustige leser wil vir Lombard aanraai: &#x2018;Gaan lees daardie &#x201C;ongeleesde boeke&#x201D;. Lees ander digters. Lees wyd. Kyk wat die po&#x00EB;sie kan doen. Kyk wat reeds gedoen is.&#x2019;</p>
</body>
<back>
<fn-group>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Anker, W., 2016, &#x2018;Sirkels op &#x2019;n oorbekende werf&#x2019;, <italic>Literator</italic> 37(1), a1213. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1213">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1213</ext-link></p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>