<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>LITERATOR JOURNAL OF LITERARY CRITICISM, COMPARATIVE LINGUISTICS AND LITERARY STUDIES</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-36-1176</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v36i1.1176</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2018;[D]ie beeld wat Berlyn by my nagelaat het&#x2019;<sup><xref ref-type="fn" rid="FN0001">1</xref></sup>
</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>van Schalkwyk</surname>
<given-names>Phil</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
<xref ref-type="corresp" rid="cor1"/>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Dutch, School of Language, North-West University, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="phil.vanschalkwyk@nwu.ac.za">phil.vanschalkwyk@nwu.ac.za</email> <bold>Postal address:</bold> Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van Schalkwyk, P., 2015, &#x2018;&#x201C;[D]ie beeld wat Berlyn by my nagelaat het&#x2019;&#x201D;, <italic>Literator</italic> 36(1), Art. #1176, 4 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1176">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1176</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>23</day>
<month>06</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>36</volume>
<issue>1</issue>
<fpage>1</fpage>
<lpage>4</lpage>
<product><source>Deelstad: &#x2019;n Boek oor Berlyn</source> <inline-graphic id="F0001" xlink:href="LIT-36-1176-Cover.jpg"/> <person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Karel</surname> <given-names>Schoeman</given-names></string-name></person-group> <isbn>978-1-86919-949-4</isbn> <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2013</year>, <fpage>399</fpage> pp., <comment>ZAR280.00*</comment><comment>*, Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>Karel Schoeman se<italic>Deelstad:</italic><italic>&#x2019;n</italic><italic>Boek oor Berlyn</italic> verskyn in 2013 by Protea Boekhuis. Wie hierdie boek ter hand neem met die verwagting om reisindrukke oor Berlyn te lese te kry, klop aan by die verkeerde adres. Weliswaar begin en sluit die werk op &#x2019;n manier wat skakel met die konvensies van reisboeke, en word iets daarvan plek-plek in die opeenvolgende hoofstukke/essays weer na vore gebring, maar uiteindelik is dit die historiese aspek wat breedgeskouer op die voorgrond staan.</p>
<p>In die voorwoord meld Schoeman dat hierdie &#x2018;verslag&#x2019;, soos hy dit noem, gebaseer is op &#x2019;n langer verblyf in Berlyn &#x2018;in Oktober 2008, aangevul deur &#x2019;n verdere verblyf twee jaar later en &#x2019;n baie vlugtige besoek in die Europese herfs van 2011&#x2019;. Dit blyk in die eerste hoofstuk, &#x2018;Aankoms&#x2019;, dat &#x2019;n veel vroe&#x00EB;re besoek, in die lente van 1973, ook &#x2019;n rol speel. Die verrekening van verskillende besoekdatums dra daartoe by dat die kontraste &#x00E9;n ooreenkomste/kontinu&#x00EF;teite tussen die tydperk v&#x00F3;&#x00F3; r en n&#x00E1; die val van die Muur, en tussen Oos- en Wes-Berlyn des te helderder geteken word (vgl. Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:9).</p>
<p>Die eintlike &#x2018;basis&#x2019; en strekking van hierdie werk word egter agter in die boek, as inleidende nota by die Leeslys, verwoord waar daar ges&#x00EA; word:</p>
<disp-quote><p>Onderstaande willekeurige lys bevat titels van die vernaamste werke wat oor &#x2019;n tydperk van vyftig jaar en meer tot my beeld van Duitsland, Pruise en Berlyn en tot die ontstaan van hierdie boek bygedra het. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:369)</p></disp-quote>
<p>Dit gaan dus oor &#x2019;n verslag van Schoeman se lees en nadenke oor Berlyn oor baie dekades heen, en die werklike besoeke aan Berlyn en omstreke skakel hierby in, nie andersom nie. Die indeling van die leeslys bevestig die historiese fokus en dui bepaalde hoofaandagpunte aan: &#x2018;Algemeen&#x2019;, &#x2018;Agttiende eeu&#x2019;, &#x2018;Vroe&#x00EB; negentiende eeu&#x2019;, &#x2019;negentiende en vroe&#x00EB; twintigste eeu&#x2019;, &#x2018;Negentiende &#x0026; twintigste eeu: Algemeen&#x2019;, &#x2018;Weimarrepubliek&#x2019;, &#x2018;Derde Ryk&#x2019; en &#x2018;Suid-Afrika&#x2019;.</p>
<p>Hieruit moet die leser nie aflei dat dit hier om &#x2019;n dro&#x00EB; geskiedkundige relaas gaan nie. Die benadering en styl wat Schoeman se talryke ander historiese werke kenmerk en onderskei, tref mens ook hier aan, naamlik die ryk gestaltegewing aan die tekstuur van die bestaan in vervlo&#x00EB; eras, waarby die tekening van die bre&#x00EB;r verloop van die geskiedenis voortdurend aangevul en ingeklee word vanuit die alledaagse en die persoonlike. In Schoeman se geskiedskrywing manifesteer laasgenoemde in die fokus op bepaalde individue uit die verlede, soms deurlopend &#x00E9;&#x00E9; n individu (soos in die geval van<italic>Armosyn van die Kaap</italic>), soms, soos ook in<italic>Deelstad</italic>, diffuse (kameeagtige) verwysings na verskillende persone, selfs &#x2018;minderes&#x2019; wat nie as historiese figure beskou sou kon word nie. Schoeman skryf homself ook as persoon by sy geskiedkundige tekste&#x00A0;in, en ook d&#x00ED;t kom heel pertinent in<italic>Deelstad</italic> voor.</p>
<p>Die relasionele blyk volgens Nel en Van Schalkwyk (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2013</xref>) van deurslaggewende belang te wees wat betref sowel die inhoudelike as die aanpak/metode en styl van Schoeman se geskiedskrywing, en<italic>Deelstad</italic> is opnuut &#x2019;n demonstrasie van hierdie gesofistikeerde relasionaliteit, wat boonop skakel met helende retrovisie (&#x2018;Nachtr&#x00E4;glichkeit&#x2019;). Hier vind mens die poging van &#x2019;n geskiedkundige en m&#x00E9;ns om tog tot &#x2019;n soort &#x2018;verstaan&#x2019; te kom van sake waarvan mens meestal maar net onbegrypend verneem, byvoorbeeld die gruwels van die Hitler-bewind, en ofskoon kennis daarvan n&#x00E1; die Oorlog dikwels heftig ontken is, dui feitelike getuienis daarop dat daar wel tydens die Oorlog deeglik daarvan geweet is, soos Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:300) aantoon.</p>
<p>Die relasionele manifesteer in hierdie boek trouens ook in die verband tussen die reisaspek en die historiese, tussen plek en die geskiedenis. Welbekend is Schoeman se gebruikmaking, onder meer in sy roman<italic>&#x2019;n</italic><italic>Ander land</italic> (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">1984</xref>), van L.P. Hartley se uitspraak: &#x2018;The past is a foreign country, they do things differently there&#x2019; (vgl. Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0005">1999</xref>:156). Die verlede is &#x2019;n ander land. Met hierdie formulering word nie net die haas onbereikbaar verre aard van die verlede kragtig op die voorgrond gestel nie, maar word tyd en plek aan mekaar gekoppel, wat weer skakel met die onderskeid tussen imperiale en ruimtelike geskiedskrywing, waarop Louise Viljoen (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">1999</xref>), na aanleiding van Paul Carter, ingaan in haar ondersoek na hierdie sentrale metafoor (die verlede as ander land) in Schoeman se werk. Dit is by uitstek ruimtelike geskiedskrywing wat Schoeman beoefen. Anders as imperiale geskiedskrywing wat dit op &#x2019;n positivistiese manier oor die byna onafwendbare ontvouing van historiese gebeure het (met ruimte slegs as agtergrond), gaan ruimtelike geskiedskrywing in op die komplekse kulturele ruimtes wat oor &#x2019;n tyd heen ontstaan deur middel van verskeie interaksies tussen mense onderling, asook tussen mens en omgewing.</p>
<p><italic>Deelstad</italic> staan duidelik in die teken van hierdie benadering. Dit is nie reisverslag nie, wel deeglik geskiedskrywing, maar dan geskiedskrywing waarin die ruimtelike voorop staan. Die bre&#x00EB; strekking van die boek demonstreer dit, en mens tref iets daarvan aan ook in spesifieke passasies, soos die volgende:</p>
<disp-quote><p>In Berlyn meer as in enige ander ouer Europese stad is mens bewus, k&#x00E1;n mens nie anders as bewus wees nie, van alles wat onder die plaveisel van die strate en huise, die vloere van die hotels en groot winkels l&#x00EA;. Meestal het die herinnerings met historiese gebeure en dramatiese dinge soos oorlog of revolusie te make; maar soms word jy ook ... aan gewone mense herinner wat oor die jare en geslagte hul lewens hier voortgesit het, in geboue wat gesloop of vernietig is, op die grond wat &#x00EA;rens onder hierdie vloere of plaveisel verborge l&#x00EA;. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:196)</p></disp-quote>
<p>Ook frappant in hierdie verband is &#x2019;n passasie soos die een waarmee die hoofstuk &#x2018;Die Weimarrepubliek&#x2019; open. Hier word binne dieselfde sin van die temporele na die ruimtelike en weer terug oorgestap:</p>
<disp-quote><p>Met Walther Rathenau en sy gewelddadige dood op straat in Grunewald kom mens van die Viktoria-Luise-Platz en die keiserhuis uit by die Weimarrepubliek en die onrustige jare onmiddellik n&#x00E1; die Eerste W&#x00EA;reldoorlog, terwyl jy met die lewens van Max Liebermann en sy vrou en die lotgevalle van hul villa in Wannsee weer raak aan die nog donkerder jare daarna. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:173)</p></disp-quote>
<p>Die ruimtelike gerigtheid spreek voorts uit die indeling van die boek, wat bestaan uit drie hoofafdelings, naamlik &#x2018;Ori&#x00EB;ntasie&#x2019;, &#x2018;Verkenning&#x2019; en &#x2018;Vertrek&#x2019;. Ofskoon sommige hoofstukke ook meer abstrakte opskrifte besit, bv. &#x2018;Die banaliteit van die bose&#x2019;, het die meeste hoofstukke verwysings na plekke of ruimtelikhede as titel, byvoorbeeld &#x2018;Aankoms&#x2019;, &#x2018;Unter den Linden&#x2019;, &#x2018;Charlottenburg&#x2019;, &#x2018;Potsdam&#x2019;, &#x2018;Nikolassee&#x2019;, ensovoorts, of titels wat tydperk voorop stel maar dan wel met ruimtelike implikasies, byvoorbeeld &#x2018;Pruise&#x2019; en &#x2018;<italic>Die</italic><italic>Gr&#x00FC;nderzeit</italic>&#x2019;. Voorts is daar ook drie &#x2018;ekskurse&#x2019;, &#x2019;n begrip wat eweneens &#x2019;n ruimtelike basis het. Die eerste hiervan, &#x2018;<italic>Die Duitse gemoed: &#x2019;n ekskurs</italic>&#x2019;, wat in die eerste afdeling opgeneem is, gaan in op bepaalde distinktiewe kenmerke van die Duitsers, wat aanleiding sou gegee het tot en gebotvier het tydens die bewind van Hitler. Die ander twee &#x2018;ekskurse&#x2019; staan in die tweede afdeling. In die eerste hiervan, &#x2018;<italic>Film: n&#x00F3;g &#x2019;n ekskurs</italic>&#x2019;, word met verwysing na bepaalde vroe&#x00EB; stomfilms &#x2019;n verkenning onderneem van die dokument&#x00EA;re waarde wat kuns- en speelfilms na verloop van jare onbedoeld kan verkry. &#x2018;<italic>Dietrich: &#x2019;n laaste ekskurs</italic>&#x2019;, het as tema die redes waarom Marlene Dietrich sulke ongekende w&#x00EA;reldwye roem verwerf het, en fokus dan ook op haar assosiasie met die Weimarrepubliek.</p>
<p>Schoeman beklemtoon die fragmentariese aard wat Berlyn in verbye eeue vertoon het, as resultaat van onder meer voortdurende prosesse van revolusie, magsverwisseling, verwoesting en gedeeltelike nuwe stadsontwikkeling; die losse samehang van nabyliggende dorpe en vorstelike buiteverblywe; asook meer onlangs die summiere en inderdaad kunsmatige verdeling tussen Oos- en Wes-Berlyn. Hierdie verdeeldheid het ook n&#x00E1; die val van die Muur op bepaalde maniere voortgeleef, so ook die kunsmatigheid, die gem&#x00E1;&#x00E1; ktheid van hierdie stad wat n&#x00E1; die Oorlog uit die puin herbou is, &#x2019;n proses wat bv. ingesluit het die konstruksie van nabootsings van verwoeste geboue. Die onwesenlikheid tref mens steeds aan, en dan wel in die nuwe gekommersialiseerde, toeristiese weergawe van Berlyn. Daarom beskryf Schoeman Berlyn as &#x2019;n &#x2018;stad van los dele &#x2013; &#x2019;n deelstad&#x2019; (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:357). In die verlengde hiervan eggo hy die vraag wat Alfred Kerr, die jong Joodse joernalis uit Breslau, aan die einde van die negentiende eeu in &#x2019;n brief gevra het: Waar l&#x00EA; Berlyn? (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:21). Hierdie vraag herhaal hy in die slot en stel dan ook weer, soos op bladsy 21, dat elkeen &#x2019;n ander Berlyn het, en dit blyk dat daardie Berlyn veral ruimtelik gesitueer is &#x2013; dat die essensi&#x00EB;le Berlyn vir elkeen in ander stadsdele l&#x00EA;:</p>
<disp-quote><p>Die Brandenburger Tor is as &#x2019;t ware die amptelike kenmerk of handelsmerk van die stad; maar persoonlik beteken die Brandenburger Tor vir my min, en is my &#x00E9;ie Berlyn eerder saamgevat in die park van Schlo&#x00DF; Charlottenburg, die Villa Liebermann in Wannsee, of die woonwyk Nikolassee met sy intieme, boomryke strate en sy herinnerings. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:366)</p></disp-quote>
<p>Berlyn is nie objektief aanwysbaar en beskryfbaar nie. Dit gaan uiteindelik in<italic>Deelstad</italic> inderdaad om &#x2018;die beeld wat Berlyn by my [<italic>Schoeman</italic>] nagelaat het&#x2019; (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:358).</p>
<p>Ofskoon die blywende verdeeldheid van Berlyn in hierdie boek op die voorgrond gestel word, is wat die leser bybly eerder die integrerende beheersing van sy materiaal wat Schoeman openbaar. So dikwels gebeur dit dat mens n&#x00E1; &#x2019;n oorsese reis met honderde foto&#x0027;s sit van strate, pleine, geboue en torings wat jy nie meer kan plaas nie. So dikwels kom &#x2019;n oorsese besoek grootliks neer op &#x2019;n le&#x00EB; besigtiging van argitektuur en museumversamelings. Schoeman beskik oor die gawes waarna mens in sulke situasies smag, naamlik &#x2019;n deurvorsende blik, gekoppel aan uitgebreide kennis wat oor &#x2019;n diachroniese (horisontale), sowel as &#x2019;n sinchroniese (vertikale) as beskik. Hy weet wat in en om en vanuit &#x2019;n bepaalde straat of gebou gebeur het. Vir Schoeman is die Berlyn van onderskeidelik die sewentiende eeu, die agttiende eeu, die negentiende eeu, ens., &#x2019;n ruimtelik visuele werklikheid wat hy met verbasende vertroudheid bewandel. Oor die boulevard Unter den Linden wei hy byvoorbeeld soos volg uit:</p>
<disp-quote><p>Oorspronklik was dit eenvoudig die pad wat van die ommuurde stad en die slot van die keurvorste van Brandenburg na die Tiergarten gelei het, die omheinde wildkamp buite die stad waar diere ten behoewe van hul jagtogte aangehou is. In die sewentiende eeu het die Groot Keurvors, wat in Nederland studeer het en met &#x2019;n vrou uit die Huis van Oranje getroud was, egter &#x2019;n laning van linde- en neutbome in die Nederlandse styl hier aangeplant, wat dit &#x2019;n sekere aansien verleen het; en di&#x00E9; is verhoog toe daar &#x2019;n koninklike buiteverblyf by Charlottenburg aangel&#x00EA; is, wat hierlangs bereik is, waarna Frederik de Grote, wat nie op die jag ingestel was nie, die wildkamp in &#x2019;n openbare park laat omskep het. Namate die stad algaande weswaarts ontwikkel, het paleise en openbare geboue langs hierdie laning begin verrys, en na gelang die keurvorste van Brandenburg konings van Pruise word, en uiteindelik in &#x2019;n duiselingwekkende apogeum van roem keisers van die Duitse Ryk, het dit die hoofstraat van hul hoofstad geword en dienooreenkomstig in luister toegeneem. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:16)</p></disp-quote>
<p>Anders as in &#x2019;n gewone reisboek is die strate waarlangs Schoeman loop &#x2019;n palimpses, &#x2019;n risomatiese gegewe.</p>
<p>Dat daar &#x2019;n kragtige app&#x00E8;l van die stad Berlyn uitgaan, staan buite kyf (vgl. Van Schalkwyk <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2014</xref>). Hennie Aucamp (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">2013</xref>:120) verklaar in sy boek<italic>Koffer in Berlyn,</italic> na aanleiding van Marlene Dietrich se lied &#x2018;Ich hab&#x2019; noch einen Koffer in Berlin&#x2019;, met groot stelligheid: &#x2018;Die Weste h&#x00E9;t &#x2019;n koffer in Berlyn&#x2019;. Hiermee is Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>) dit duidelik eens. Wat deur die eeue in Berlyn gebeur het, veral dan in die twintigste eeu, het die w&#x00EA;reldgeskiedenis verander (die Nazi-bewind; die Muur en spesifiek sy val waardeur die w&#x00EA;reldorde verander is, iets wat vir Suid-Afrika verreikende implikasies gehad het). Aangrypend is dan ook die &#x2018;herstel&#x2019; van Berlyn, die pogings om deur die oprigting van gedenktekens en monumente in die stadsruimte te getuig van boetedoening, van t&#x00F3;g weet en selfs &#x2019;n skrefie hoop, soos Schoeman in sy boek aantoon.</p>
<p>Die geskiedenis van Berlyn word in<italic>Deelstad</italic> uitgemeet in omvattende afdelings en hoofstukke wat opvallend onderhoudend en oortuigend ontvou. Op meer lokale of mikrovlak word fyner besonderhede ewe boeiend aan mekaar geskakel in dikwels lang, dog vlot lopende sinne. Hierdie &#x2018;ruim&#x2019; aanbiedingswyse sluit besonder gelukkig aan by die uitleg van die stad wat hier verken word:</p>
<disp-quote><p>Die feit dat die stad eeue lank &#x2019;n hoofstad was, sy dit as residensie, koning- of keiserstad, met eersugtige heersers, het meegebring dat daar dikwels op ruim skaal ontwerp en uitgel&#x00EA; is, en die vernietiging van die oorlog het verdere ruimte tot stand gebring, wat met die onlangse heropbou dikwels benut is, sodat Berlyn in my geheue veral bewaar gebly het as stad van skielike, onverwagte vistas en vergesigte. (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:358)</p></disp-quote>
<p>Die boek is, op enkele tik- of drukfoute na (bv. op bl. 18, 184 en 197), besonder netjies versorg, en Schoeman se betoog getuig soos altyd van groot keurigheid, oorwo&#x00EB;nheid en beheerstheid. Slegs die uitweiding oor die Afrikaanse (en Nederlandse) letterkunde, na aanleiding van &#x2019;n negentiende-eeuse Duitse voorbeeld, kom my ongegrond, onoortuigend en moedswillig voor (vgl. Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:151), en herinner trouens sterk aan J.M. Coetzee (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">2004</xref>) se uitsprake in hierdie verband, onder meer in die voorwoord by sy bloemlesing Nederlandse gedigte<italic>Landscape with rowers</italic>. Dit is ook opvallend dat Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:151&#x2013;152) n&#x00E1; hierdie digressie, retories gesproke, nogal moeite het om die woordwaentjie weer op die spoor te kry, en die leser kan nie anders nie as om te gril of te bloos oor die geforseerdheid hiervan:</p>
<disp-quote><p>Vanselfsprekend is dit &#x2019;n persoonlike mening; maar ten slotte is hierdie hele boek ook niks anders as my persoonlike reaksies op en menings oor Berlyn en Duitsland soos ek dit beleef het nie, en ewe goed op en oor ander sake wat onderweg my aandag trek.</p></disp-quote>
<p>&#x2019;n Laagtepunt soos di&#x00E9; kan egter nie &#x2019;n boek soos<italic>Deelstad</italic> kelder nie.</p>
<p>Die besondere aandagtigheid wat af te lees is uit Schoeman se betoog, en uit sy waarnemings, is prysenswaardig. In die voorlaaste hoofstuk, &#x2018;Afskeid&#x2019;, lewer hy verslag van sy laaste dag in Berlyn en wys dan daarop dat dit &#x2019;n dag was &#x2018;sonder aantoonbare plan of doel&#x2019; (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:346), maar selfs binne hierdie konteks begin die derde paragraaf op &#x2019;n manier wat spreek van oopgesteldheid vir ontdekking en die gebeurlike, en ook spanning skep:</p>
<disp-quote><p>&#x2019;n Betrokke, koel, silwer dag met &#x2019;n neiging tot motre&#x00EB;n, die einde van die herfs, die bome in die parke reeds vir &#x2019;n groot deel kaal, die stad self grou. Ek wissel geld by Bahnhof Zoo en haal bus 200 met bestemming Prenzlauer Berg, waarvan die roete dwarsdeur die middestad voer... (Schoeman <xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:346)</p></disp-quote>
<p>S&#x00F3; fyn teken Schoeman selfs op sy af dag aan.</p>
<p>Die hernieude kennismaking met Berlyn wat<italic>Deelstad</italic> bied, volg in die geval van hierdie resensent in &#x2019;n hele reeks &#x2018;ontmoetings&#x2019;, vanaf die eerste blootstelling in die Duitse klas van dr. Johan Drotsky (tydens my ho&#x00EB;rskooljare in die 1980&#x0027;s), verder &#x2019;n trefferlied uit daardie era, die bedwelmende &#x2018;Summer in Berlin&#x2019; van die groep Alphaville, die onthutsende televisiedokument&#x00EA;r<italic>The world at war</italic> en die mediadekking van die val van die Muur, tot later in my lewe die lees van Isherwood en Spender en my verblyf van enkele jare in Pod Lipami (Unter den Linden) in die Poolse stad Pozna&#x0144; (Posen), wat vroe&#x00EB;r, soos Wroc&#x0142;aw (Breslau), &#x2019;n Duitse stad was. Oor Posen en Breslau merk Schoeman (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:129) op: &#x2018;Vroeg reeds kon daar geskerts word dat die &#x201C;ware Berlyner&#x201D; afkomstig is uit Posen of Breslau&#x2019;. &#x2019;n Treinrit tussen Posen/Pozna&#x0144; en Berlyn duur trouens slegs ongeveer drie uur. Of mens drie uur van Berlyn af woon of op &#x2019;n ander kontinent, het<italic>Deelstad</italic> my opnuut laat besef: jy hoef nie na Berlyn te reis nie &#x2013; hy kom na jou.</p></sec>
</body>
<back>
<ref-list id="references">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Aucamp</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Koffer in Berlyn: Essays oor kabaret</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis, </publisher-name><publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Coetzee</surname>, <given-names>J.M.</given-names></string-name></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Landscape with rowers: Poetry from the Netherlands</italic></source>, <publisher-name>Princeton University Press</publisher-name>, <publisher-loc>Princeton</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nel</surname>, <given-names>A.</given-names></string-name> &#x0026; <string-name><surname>Van Schalkwyk</surname>, <given-names>P.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, <chapter-title>&#x2018;The early Cape Colony: Karel Schoeman and/on relationality&#x2019;</chapter-title>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.</given-names> <surname>Dewulf</surname></string-name>, <string-name><given-names>O.</given-names> <surname>Praamstra</surname></string-name> &#x0026; <string-name><given-names>M.</given-names> <surname>van Kempen</surname></string-name></person-group> (eds.), <source><italic>Shifting the compass: Pluricontinental connections in Dutch colonial and postcolonial literature</italic></source>, <fpage>pp. 128</fpage>&#x2013;<lpage>145</lpage>, <publisher-name>Cambridge Scholars Publishing</publisher-name>, <publisher-loc>Newcastle upon Tyne</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>1984</year>, <source>&#x2019;<italic>n Ander land</italic></source>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>1999</year>, <source><italic>Stamland.</italic> &#x2019;<italic>n Reis deur Nederland</italic></source><italic>,</italic> <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>2001</year>, <source><italic>Armosyn van die Kaap: Die w&#x00EA;reld van &#x2019;n slavin</italic></source><chapter-title>, </chapter-title><fpage>1661</fpage>&#x2013;<year>1773</year>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Schoeman</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Deelstad: &#x2019;n Boek oor Berlyn</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Schalkwyk</surname>, <given-names>P.</given-names></string-name></person-group>, <year>2014</year>, <article-title>&#x2018;Die Weste h&#x00E9;t &#x2019;n koffer in Berlyn&#x2019;</article-title>, <source><italic>Literator</italic></source> <volume>35</volume>(<issue>1</issue>), <fpage>1</fpage>&#x2013;<lpage>3</lpage>. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v35i1.1065">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v35i1.1065</ext-link></mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Viljoen</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name></person-group>, <year>1999</year>, <article-title>&#x2018;&#x201C;Die verlede is &#x2019;n ander land&#x201D;: Ruimtelike geskiedskrywing in Karel Schoeman se roman Die uur van die engel&#x2019;</article-title>, <source><italic>Stilet</italic></source> <volume>11</volume>(<issue>2</issue>), <fpage>54</fpage>&#x2013;<lpage>70</lpage>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
<fn-group>
<fn id="FN0001"><label>1</label><p>Kyk Schoeman (2013:358).</p></fn>
</fn-group>
</back>
</article>