<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>LITERATOR JOURNAL OF LITERARY CRITICISM, COMPARATIVE LINGUISTICS AND LITERARY STUDIES</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-36-1164</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v36i1.1164</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>&#x2018;[S]aam daal ons af in die dam&#x2019;</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Schalkwyk</surname>
<given-names>Phil van</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>School of Languages, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="phil.vanschalkwyk@nwu.ac.za">phil.vanschalkwyk@nwu.ac.za</email> <bold>Postal address:</bold> Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Van Schalkwyk, P., 2015, &#x2019;&#x2019;&#x2019;[S]aam daal ons af in die dam&#x2019;&#x2019;&#x2019;, <italic>Literator</italic> 36(1), Art.&#x00A0; #1164, 3 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1164">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1164</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>04</day>
<month>07</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>36</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1164</elocation-id>
<product product-type="book"><source>Paaie vir die deurtog</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="LIT-36-1164-Cover.jpg"/><person-group person-group-type="author"><name><surname>Willem</surname><given-names>van Toorn</given-names></name></person-group><isbn>978-1-920188-46-7</isbn><publisher-name>Litera, Pretoria</publisher-name>, <year>2013</year>, <fpage>46</fpage> pp., <comment>ZAR120.00* *, Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title></title>
<p>Die bekende Afrikaanse literator Heilna du Plooy is ook digter van wie in 2014 die derde en besonder positief ontvangde bundel <italic>Die stilte opgeskort</italic> verskyn. Dit volg op die hakke van <italic>Paaie vir die deurtog</italic>, &#x2019;n vertaling van die veelsydige en veelbekroonde Nederlandse skrywer Willem van Toorn se siklus <italic>Het stuwmeer</italic> uit die gelyknamige digbundel (2004), en die volgende siklusse uit <italic>De hofreis</italic> (2009): &#x2018;La citt&#x00E0; ideale&#x2019;, &#x2018;Die Kunst der Fuge&#x2019; en &#x2018;De hofreis&#x2019;. Hierdie vertaalprojek markeer nie &#x2019;n nuwe rigting in Heilna du Plooy se letterkundige werksaamhede nie. Een van haar belangrikste spesiale opdragte is immers haar werk as lid van die Letterkundige Advieskomitee en intravertaler vir die Nuwe Bybelvertalingsprojek (2005&#x2013;2015). Sy is ook lid van die staande redaksiekomitee vir die Ou Testament in die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling (2005&#x2013;2017). In haar vertaalwerk kom Du Plooy se letterkundige insig en verfynde woordkunstenaarskap pragtig byeen, en hiervan lewer <italic>Paaie vir die deurtog</italic> opnuut bewys.</p>
<p>In 1997 verskyn van haar &#x2019;n <italic>Pleidooi vir die po&#x00EB;sie</italic>, &#x2019;n vertaling van &#x2019;n essay van die Vlaamse digter Eddy van Vliet. Die keuse van juis hierdie teks suggereer dat Du Plooy haar literatuurwetenskaplik en po&#x00EB;tikaal in Van Vliet se benadering kan vind. Van Vliet begin sy betoog met &#x2019;n gedig van &#x2019;n anonieme Chinese digter uit die negende eeu, &#x2018;Nooit weer oorlog maak nie&#x2019;. Die manier waarop Van Vliet hierdie gedig beskryf, naamlik as &#x2018;sagte uitroep&#x2019; en &#x2018;melankoliese en gelate verset&#x2019; (Van Vliet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1997</xref>:9), vang iets vas van sy po&#x00EB;siebeskouing soos uiteengesit in die essay. Hy wys daarop dat die Westerse mens vervreemd geraak het van die digkuns as subtiele kunsvorm en dit as onbegryplik, nutteloos en vervelig beskou (Van Vliet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1997</xref>:11). Ons leef in &#x2019;n tyd waarin daar egter vir die po&#x00EB;sie opnuut veld gewen probeer word deur daarvan iets te maak wat met die podium wil meeding en rock-populariteit nastreef, terwyl dit uit Van Vliet se betoog blyk dat hy, sonder om te veel in essensialisme te verval, &#x2019;n rol vir die po&#x00EB;sie sien wat daarin setel dat die digkuns aan homself en sy tradisie getrou bly. &#x2019;n Sleuteluitspraak in hierdie verband is die volgende:</p>
<disp-quote><p>Een van die ergerlikste en mees ondeurdagte verwyte wat teen die po&#x00EB;sie gerig word, is dat dit niks met die werklikheid te make het nie. Miskien is die digter juis een van die laastes wat wel &#x2019;n band het met die werklikheid, daardie werklikheid wat soos &#x2019;n ysberg vir een kwart bo die water uitsteek, terwyl drie kwarte onder die oppervlak dryf, onsigbaar vir die haastige moderne oog. (Van Vliet <xref ref-type="bibr" rid="CIT0011">1997</xref>:26&#x2013;27)</p></disp-quote>
<p>Dit is juis hierdie standpunt wat skakel met die po&#x00EB;sie van Willem van Toorn, spesifiek die siklusse wat Heilna du Plooy vir <italic>Paaie vir die deurtog</italic> geselekteer het, en ook raakpunte toon met haar eie po&#x00EB;sie, nie net haar reeds genoemde jongste bundel nie, maar ook <italic>In die landskap ingelyf</italic> (2003) en <italic>Die donker is nooit leeg nie</italic> (1997). Die oordeelkundig uitgesoekte titel van haar Van Toorn-seleksie is afkomstig van die laaste strofe van &#x2018;Die inpak&#x2019;, die eerste gedig in die slotsiklus, <italic>Die hofreis</italic>. Dit gaan hier onder meer oor die kaarte wat reis bemiddel, en die (po&#x00EB;tiese) reis wat verdere vergesigte en moontlikhede bemiddel: &#x2018;en bo-op die kaart, die kaarte/van waterkanale en paaie vir die deurtog./En hoop. Hoe verswe&#x00EB; ook al, maar tog.&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:39).</p>
<p>Inderdaad handel hierdie siklusse oor die onlosmaaklike verband tussen die waarneembare en die onder-, die dieper- of agterliggende ten opsigte van sowel die werklikheid en menslike bestaan as die po&#x00EB;sie. In <italic>Die studam</italic> word die verhaal vertel van die spreker wat langs &#x2019;n studam (keerdam) &#x2019;n onbekende man raakloop, wat hom later vertel van onder meer die huis, die paadjie, die heining en boord wat vyf jaar gelede weens die afsluit van die wal onder die wateroppervlak verdwyn het, maar steeds daar benede is. Die man langs die dam word voortaan vir die spreker &#x2019;n soort gidsfiguur wat by hom bly spook:</p>
<disp-quote><p>Hy staan soms op die rand van my slaap,</p>
<p>net daar waar jy met &#x2019;n skok</p>
<p>voel of jy val. Daar wag hy my in</p>
<p>en saam daal ons af in die dam. (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:5)</p></disp-quote>
<p>Hierdie gegewe verbind die spreker met onbewuste inhoude en &#x2019;n aantal geliefde persone wat hy verloor het.</p>
<p>Die tweede siklus, &#x2018;La citt&#x00E0; ideale&#x2019;, die ideale (renaissancistiese) stad, en die derde, <italic>Die Kunst der Fuge</italic>, waarin toespelings op Bach die botoon voer, vertoon vormlike en inhoudelike ooreenkomste, asook herhalingselemente, en handel oor groter of kleiner &#x2018;lyn&#x2019; en &#x2018;plan&#x2019; en &#x2018;verhaal&#x2019; wat onderskeidelik stad en musiek deurkruis, onderl&#x00EA; of bepaal &#x2013; ook selfs &#x2019;n hondjie se eiesinnige dog niksbeduidende roetes in die stad. Die slotsiklus &#x2018;Die hofreis&#x2019;, is die verhaal van &#x2019;n reis teen die agtergrond van &#x2019;n vervlo&#x00EB; reis, naamlik di&#x00E9; van &#x2019;n shogun na die koninklike hof agter &#x2019;n meisie aan wat intussen egter keiserin en dus onbereikbaar geword het. Ook die dood as &#x2018;laaste reis&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:40) is deel hiervan.</p>
<p>Die skryf van siklusse in plaas van enkelgedigte hang myns insiens saam met die vooropstelling juis van plan en beplanning &#x2013; &#x2019;n bewustheid van gekonstrueerdheid. Gedigsiklusse leen hulle dan ook tot die verhalende as oppervlak- sowel as diepteverskynsel.</p>
<p>Die tematisering van die diepere en die verdoke kom wel meer algemeen in die po&#x00EB;sie voor, en bied inderwaarheid &#x2019;n standhoudende bron vir digterlike kreatiwiteit en die ontginning van menslike eksistensie. Dink maar aan digters so uiteenlopend soos Gerrit Achterberg, en meer resent Kees &#x2019;t Hart, wat bekender is as romansier. Laasgenoemde se gedig &#x2018;De ijzerwarenwinkel Auke Rauwerda&#x2019; uit sy debuutdigbundel <italic>Kinderen die leren lezen</italic> (1998) het reeds in 1992 in <italic>De Revisor</italic> verskyn en handel oor die bekende Frieslandse hardewarewinkel van Rauwerda wat veel groter is as wat dit van die straat af lyk en met talryke gangetjies en trappe uit- en na benede strek. Jeroen Vullings (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2000</xref>) skryf soos volg hieroor en haal &#x2019;t Hart self ook aan:</p>
<disp-quote><p>Rauwerda&#x0027;s ijzerwarenwinkel is zijn po&#x00EB;ticaal mer &#x00E0;boire, zogezegd. Zijn credo dat hij als schrijver een warhoofd wil zijn, komt op deze plek a fortiori tot uitdrukking.&#x2018;De ijzerwarenwinkel is de absurde w&#x00EA;reld zelf, het is d&#x00E9; metafoor. Hier ligt het materiaal waaruit de wereld bestaat allemaal uitgestald. Ik ken die wereld niet, het is een utopie. Hier word ik ermee geconfronteerd dat ik als een onnozelaar in de wereld rondloop, als een kinderlijk onbevangene die stuurloos door de spelonken dwaalt. Ik weet niet waarvoor de meeste voorwerpen dienen en dat bevalt me. Het is geweldig geheimzinnig. Ik tref geen systeem aan in deze opslagruimten, maar voor de Rauwerda&#x0027;s zelf is het hier ongelooflijk gestructureerd. Ze weten haarscherp de weg te vinden. In mijn gedicht word ik rondgeleid in de winkel door Rauwerda. Hij is diegene die de wereld kent. Rauwerda is God die mij inwijdt. De dood is hier permanent aanwezig door de verganklijkheid van de voorwerpen&#x2019;. (p. 76)</p></disp-quote>
<p>Dit wat hierdie hardewarewinkel vir &#x2019;t Hart beteken, is vergelykbaar met die betekenis en waarde wat Van Toorn aan die studam koppel. En &#x2019;t Hart is nie die enigste wat &#x2019;n sterk verbintenis met daardie winkel voel nie: &#x2018;&#x201C;Zes jaar geleden heb ik, samen met andere kunstenaars, allemaal Rauwerda-gekken, in het Fries Museum een wereldtentoonstelling voorbereid over Rauwerda&#x0027;s winkel&#x2019;&#x2019;&#x2019; (Vullings <xref ref-type="bibr" rid="CIT0012">2000</xref>:76). Waaroor dit hier gaan, is die gedagte van viering en bewaring, wat skakel met Willem van Toorn se werksaamheid en aktivisme met betrekking tot die kultuurlandskap. <italic>Het grote landschapsboek</italic>, <italic>met foto&#x0027;s van Theo Baart</italic> bevat verskeie tekste deur Van Toorn met betrekking tot hierdie onderwerp, byvoorbeeld oor die &#x2018;landschappelijke stad&#x2019; en &#x2018;schrijverslandschappen&#x2019;. Die lang essay &#x2018;Projekt Nederland&#x2019; open soos volg:</p>
<disp-quote><p>Nog betrekkelijk kort geleden &#x2013; zeg in de tijd van onze grootouders, maar zeker in die van hun ouders &#x2013; gingen de meeste landschappen een paar generaties lang vrijwel onveranderd mee. Dat geldt voor landschappen in al hun gedaanten, ook voor stadswijken en dorpen. Op het pad langs de boomgaard waar jij naar school liep, had ook je overgrootmoeder gelopen; het voetveer waarmee je de rivier overstak, had ook je oudoom en -tante gedragen &#x2013; misschien was jouw veerman wel de achterkleinzoon van die van hen (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2011</xref>:65)</p></disp-quote>
<p>Van Toorn dui voorts aan dat &#x2019;n wesenstrek van landskappe wel is dat hulle algaande verander. Waarteen hy egter te velde trek, is onder meer die volgende: eerstens die eietydse eensydige verheerliking van (gewaand ongerepte) &#x2019;natuur&#x2019; sonder &#x2019;n ewe sterk bewaringsingesteldheid ook wat betref die landskap as kultuurerfenis, en tweedens die proliferasie van onoordeelkundige stadsontwikkeling. Hy is nie gekant teen ontwikkeling nie en stel dit dat grootskaalse ingrepe in die landskap wel in die verlede al nodig was en &#x2019;n duidelik aanwysbare doel gedien het, byvoorbeeld in Nederland ten opsigte van die stryd teen die water. Daardie soort verandering van die landskap is destyds egter deeglik beplan en bestuur. Wat hom bekommer, is die hedendaagse ongeko&#x00F6;rdineerde en lukrake aktiwiteite van byvoorbeeld ontwikkelaars waardeur geen groter doel gedien word as die najaag van m&#x00F3;&#x00F3; ntlike wins vir enkeles nie, maar wat die gevolg het dat hele stadswyke binne enkele jare onherroeplik verander.</p>
<p>Wat die gedigsiklusse deur Van Toorn in <italic>Paaie vir die deurtog</italic> onder meer doen, is om aan die hand van die palimpses-gegewe van byvoorbeeld &#x2019;n stad, bewarend te probeer omgaan met en erkenning te gee aan wat en wie is en eens was, selfs onderliggende denkbeelde en planne, en stil te staan by die verband tussen aanvanklike plan en hoe dit hom baie jare later (op maniere wat nie heeltemal voorsien kon word nie) uitspeel ten opsigte van die gebeurlike en die huidige oomblik:</p>
<disp-quote><p>Waar die plan gemaak is</p>
<p>wat kon voorsien hoe die grys</p>
<p>dalende halflig op die juiste tyd</p>
<p>die wagtende dakke sou bereik</p>
<p>waarop dit nou val</p>
<p>van die presies in hierdie jaar</p>
<p>ingepaste stad: die vermoeide,</p>
<p>die wulpse dog volmaakte</p>
<p>boog van die grag, die roet-besmeerde</p>
<p>goue hovaardigheid van gewels ... (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:26)</p></disp-quote>
<p>Heilna du Plooy, as samesteller en vertaler, bemiddel op haar beurt op voortreflike wyse die deurtog wat in die ingeslote siklusse bewerkstellig word, vanaf die toepaslike omslagkunswerk uit haar eie hand, wat die oomblik van verswelging deur die watermassa uitbeeld, die kort inleiding wat die siklusse voorafgaan tot by die trefseker oplossings wat sy ten opsigte van die (ver)taalprobleme kies. Haar aanpak laat reg geskied aan wesenstrekke van Van Toorn se werk, naamlik die heldere oopheid dog geraffineerde gelaagdheid daarvan, asook plek-plek die kompakter en meer veeleisende stelwyse of inkleding. Du Plooy ontsluit die Nederlandse idioom van Van Toorn en sit dit om in ewe idiomatiese Afrikaans. As voorbeeld hiervan kan die volgende strofe uit <italic>Die Kunst der Fuge</italic> dien, wat in die oorspronklike Nederlands soos volg lees:</p>
<disp-quote><p>O mij best, dan ben ik,</p>
<p>zegt het woord, maar meer van de straat.</p>
<p>Waar dan weer tegenover staat</p>
<p>dat &#x00ED;k mij alleen heel goed red</p>
<p>en een noot alleen is zo niks. (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2009</xref>:35)</p></disp-quote>
<p>Hiervan maak Du Plooy (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">2003</xref>):</p>
<disp-quote><p>O, dit pas my, s&#x00EA; die woord,</p>
<p>dan is ek eintlik meer van die straat.</p>
<p>In vergelyking met jou kom ek</p>
<p>op my eie baie goed reg</p>
<p>en een noot alleen is net mooi niks. (bl. 36)</p></disp-quote>
<p>Anders as in die vertaalde po&#x00EB;siepublikasies van Daniel Hugo, die mees produktiewe vertaler van Nederlandse liter&#x00EA;re werke na Afrikaans, word die oorspronklike Nederlandse gedigte in <italic>Paaie vir die deurtog</italic> ni&#x00E9; langs die Afrikaans afgedruk nie. Direkte vergelykende lees is daarom nie moontlik nie en die fokus is op die Afrikaanse weergawes. Die eerste toets waaraan &#x2019;n mens dan ook seker &#x2019;n vertaling kan meet, is of die teks vlot en oortuigend in die doeltaal lees. In hierdie verband kan wat <italic>Paaie vir die deurtog</italic> betref, bevestigend geantwoord word. Myns insiens is daar in hierdie bundel slegs een vertaalkeuse wat onmiddellik vreemd op die oog/oor val, en des te meer uitstaan omdat dit in &#x2018;La citt&#x00E0; ideale&#x2019; sowel as in &#x2018;Die Kunst der Fuge&#x2019; voorkom, naamlik die versre&#x00EB;l &#x2018;en jy daar gans sonder uitvlug&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:23, 34). Sou die leser die oorspronklike Nederlandse weergawe raadpleeg, sal hy of sy vasstel dat hierdie formulering moet dien as vertaling vir &#x2018;terwijl je geen kant meer op kunt&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2009</xref>:19, 33), wat beteken: om vasgevang te wees, om geen uitkomkans te sien nie.</p>
<p>Indien die leser die Afrikaanse vertalings deurlopend langs die Nederlandse bronteks lees, kan verdere twyfelagtighede of ongemotiveerdhede ge&#x00EF;dentifiseer word. In byvoorbeeld &#x2018;La citt&#x00E0; ideale&#x2019; blyk &#x2018;grasperke&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:27) &#x2019;n minder akkurate vertaling van &#x2018;weiden&#x2019; te wees en dit skakel ook nie al te oortuigend met die &#x2018;vijvers&#x2019; wat daarmee saam genoem word nie (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2009</xref>:23). &#x2018;Weide&#x2019; is immers &#x2019;n weiveld of grasland. Nog &#x2019;n voorbeeld: Die laaste gedig van dieselfde siklus se slotre&#x00EB;l, &#x2018;in teen die groot vergeet&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0010">2013</xref>:28), besit vanwe&#x00EB; die intertekstuele resonansie met &#x2019;n versre&#x00EB;l van T.T. Cloete (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1982</xref>:56) se gedig &#x2018;Eiewysheid&#x2019; uit<italic> Jukstaposisie</italic>, iets wat uiteraard nie deel vorm van die oorspronklike Nederlandse &#x2018;tegen het groot vergeten&#x2019; (Van Toorn <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2009</xref>:24) nie. Ofskoon &#x2018;(teen) die groot vergeet&#x2019; verre oorspronge het en dus geen unieke formulering is nie, is dit die ingevoegde voorsetsel &#x2018;in&#x2019; wat hier onwillekeurig aan Cloete laat dink.</p>
<p>Kleiner redaksionele sakies val ook op. In die inleiding deur Du Plooy is daar in die eerste sin van die derde paragraaf &#x2019;n oorbodige &#x2018;gaan&#x2019;: &#x2018;In &#x201C;Die studam&#x201D; gaan dit gaan byvoorbeeld oor pogings om te verstaan hoe die onderlae van &#x2019;n mens se gees werk&#x2019;. Voorts word deurlopend in die bundel in &#x2018;La citt&#x00E0; ideale&#x2019; die akuutaksent op die <italic>a</italic> in plaas van die gravis gebruik. Verder moet die koppelteken by sommige gedigte verkeerdelik diens doen as aandagstreep.</p>
<p>Hierdie tekortkominge is egter te gering om werklik afbreuk te doen aan die keurige geheel.</p>
<p>Met <italic>Paaie vir die deurtog</italic> word Afrikaanse lesers nie net attent gemaak op &#x2019;n Nederlandse skrywer wat hier te lande minder bekend is nie, maar ook &#x2019;n verrykende leeservaring gebied wat die waarde van die digkuns opnuut bevestig, sinvolle perspektiewe bied op die noodsaak aan bewaring en herdenking van die kultuurerfenis en boonop sinvol resoneer met Heilna du Plooy se eie kreatiewe, literatuurwetenskaplike en vertaalwerk.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ref-list id="reference">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cloete</surname>, <given-names>T.T.</given-names></string-name></person-group>, <year>1982</year>, <source><italic>Jukstaposisie</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1997</year>, <source><italic>Die donker is nooit leeg nie</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2003</year>, <source><italic>In die landskap ingelyf</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Du Plooy</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2014</year>, <source><italic>Die stilte opgeskort</italic></source>, <publisher-name>Protea Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>&#x2019;t Hart</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>1992</year>, &#x2018;<article-title>De ijzerwarenwinkel Auke Rauwerda</article-title>&#x2019;, <source><italic>De Revisor</italic></source> <volume>19</volume>, <fpage>52</fpage>&#x2013;<lpage>53</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>&#x2019;t Hart</surname>, <given-names>K.</given-names></string-name></person-group>, <year>1998</year>, <source><italic>Kinderen die leren lezen</italic></source>, <publisher-name>Querido</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Toorn</surname>, <given-names>W.</given-names></string-name></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Het stuwmeer</italic></source>, <publisher-name>Querido</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Toorn</surname>, <given-names>W.</given-names></string-name></person-group>, <year>2009</year>, <source><italic>De hofreis</italic></source>, <publisher-name>Querido</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Toorn</surname>, <given-names>W.</given-names></string-name></person-group>, <year>2011</year>, <source><italic>Het grote landschapsboek: Met foto</italic>&#x2019;<italic>s van Theo Baart</italic></source>, <publisher-name>Querido</publisher-name>, <publisher-loc>Amsterdam</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Toorn</surname>, <given-names>W.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, <source><italic>Paaie vir die deurtog</italic></source>, <comment>vertl. H. du Plooy</comment>, <publisher-name>Litera</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Vliet</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1997</year>, <chapter-title>&#x2019;n <italic>Pleidooi vir die po&#x00EB;sie</italic></chapter-title>, <comment>vertaal deur Heilna du Plooy</comment>, <publisher-name>Protea Po&#x00EB;sie</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0012"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Vullings</surname>, <given-names>J.</given-names></string-name></person-group>, <year>2000</year>, &#x2018;<article-title>Voor mij geen Praxis of Gamma meer</article-title>&#x2019;, <source><italic>Vrij Nederland</italic></source>, <comment>11 Maart</comment>, p. <fpage>76</fpage>.</mixed-citation></ref></ref-list>
</back>
</article>