<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>LITERATOR JOURNAL OF LITERARY CRITICISM, COMPARATIVE LINGUISTICS AND LITERARY STUDIES</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-36-1158</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v36i1.1158</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Chroniek van &#x2018;n taalstryd &#x2013; Afrikaans op Stellenbosch</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Kotz&#x00E9;</surname>
<given-names>Ernst F.</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Applied Language Studies, Nelson Mandela Metropolitan University, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="ernst.somerstrand@gmail.com">ernst.somerstrand@gmail.com</email> <bold>Postal address:</bold> Strandfonteinweg 34, Somerstrand, Port Elizabeth 6001, South Africa</corresp>
<fn><p><bold>How to cite this book review:</bold> Kotz&#x00E9;, E.F, 2015, &#x2018;Chroniek van &#x2018;n taalstryd &#x2013; Afrikaans op Stellenbosch&#x2019;, <italic>Literator</italic> 36(1), Art. #1158, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/literator.v36i1.1158">http://dx.doi.org/10.4102/literator.v36i1.1158</ext-link></p></fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>04</day>
<month>07</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>36</volume>
<issue>1</issue>
<elocation-id>1158</elocation-id>
<product product-type="book"><source>Maties en Afrikaans</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="LIT-36-1158-Cover.jpg"/><person-group person-group-type="author"><name><surname>Pieter</surname><given-names>Kapp</given-names></name></person-group><isbn>978-1-86919-979-1</isbn><publisher-name>Pretoria Boekhuis</publisher-name>, <year>2013</year>, <fpage>261</fpage> pp., <comment>ZAR150.00* *Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<sec id="s0001">
<title>Opsomming</title>
<p>Met die oog op die honderdjarige herdenking van die ontstaan van die Universiteit van Stellenbosch in 2018 verskaf die outeur, &#x2018;n bekende historikus, &#x2018;n omvattende beskrywing van die rol wat Afrikaans as voertaal van hierdie universiteit sedert die beginjare tot in die jongste verlede gespeel het. Die historiese aanloop en bre&#x00EB;r maatskaplike konteks van die talesituasie aan die Kaap, en mettertyd in die res van die land, dien as vertrekpunt vir die fokus op taal in die onderwys, en dan spesifiek op Stellenbosch. Die opkoms en vestiging van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit Stellenbosch (US) word in die eerste drie hoofstukke in besonderhede, maar in gedronge formaat, uiteengesit, voordat die gebeure van die voorafgaande dekade of wat stap vir stap onder die loep geneem word &#x2013; iets wat die laaste ses hoofstukke van die werk beslaan.</p>
<p>N&#x00E1; &#x2018;n tydperk van relatiewe rustigheid op hierdie terrein tot die laat sewentigerjare, het gesindheidsveranderings en verdeeldheid op sowel politieke as taalgebied na vore begin kom, iets wat mettertyd tot uitbarsting sou kom, en wat sowel binne die strukture van die Universiteit as in die openbare media uitvoerig gedokumenteer is. Die outeur, wat as president van die Konvokasie &#x2018;n belangrike rolspeler in hierdie gebeure was, verwerk in hierdie boek sy persoonlike ervaring van die gebeure, asook die volgorde van beleidsbepalings en -veranderings oor die gebruik van Afrikaans en Engels aan die Universiteit. Deur die openbaarmaking van dokumentasie wat grotendeels onbekend was vir die deursneeleser en die rangskikking daarvan in (chrono)logiese orde, word lig gewerp op die verwikkelde debat oor hierdie saak, asook op die rol van betrokke individue, die pers en burgerlikesamelewing-organisasies.</p></sec>
<sec id="s0002">
<title>Evaluering</title>
<p>&#x2018;n Publikasie soos di&#x00E9; verteenwoordig in verskillende opsigte &#x2018;n genre van sy eie. Enersyds poog dit om &#x2018;n bepaalde stuk geskiedenis te dokumenteer, en maak dan ook gebruik van die metodologie van die geskiedenis as vakgebied om die inhoud histories te situeer en deur middel van bronverwysings te substantiveer. Andersyds maak die outeur ook onbeskaamd voorspraak vir &#x2018;n saak wat hom, en &#x2018;n groot deel van sy leserspubliek, na aan die hart l&#x00EA;. Dit is daarom te verwagte dat die aanbod van die feitemateriaal daarop afgestem is.</p>
<p>&#x2018;n Belangrike aanleiding vir die skryf van hierdie publikasie is klaarblyklik die boek, <italic>No Lesser Place</italic>, wat deur die voormalige rektor van US, Chris Brink, geskryf en net voor die rektorsverkiesing in 2006 deur die ANC-leier en Afrikaanse digter, Matthews Phosa, ter ondersteuning van Brink bekendgestel is. Hierdie boek (waarvan die titel &#x2018;n verwysing is na die skenking van Jannie Marais in 1915 ten bedrae van &#x00A3;100&#x00A0;000 ten bate van die stigting van die Universiteit, op voorwaarde dat Afrikaans en/of Hollands nie &#x2018;n mindere plek as Engels sal beklee nie) het ten doel gehad, volgens Kapp, om &#x2018;n skerp kontras te teken tussen die pleitbesorgers vir Afrikaans, wat in die proses ge&#x00EB;tiketteer word, en die Universiteit se taalbeleid. Die omstredenheid wat daarmee gepaard gegaan het, het, soos aangedui word, &#x2018;n diep kloof veroorsaak binne die Afrikaanse taalgemeenskap, &#x2018;n kloof wat oor politieke skeidslyne heen geloop het. <italic>Maties en Afrikaans</italic> het dan ten doel om dit wat in Brink se boek verswyg word, naamlik die taaldebat en die praktyk van die taalbeleid, onder die aandag van die leserspubliek te bring.</p>
<p>As &#x2018;n rekord van &#x2018;n traumatiese periode in die geskiedenis van hierdie Universiteit, waardeur die skrywer &#x2018;n enorme hoeveelheid data geboekstaaf en chronologies georden het, is hierdie boek van besondere waarde. Daarsonder sou enige buitestander &#x2018;n onvolledige indruk van die taaldebat en -stryd op Stellenbosch verkry, &#x2018;n indruk wat bepaal word deur die sienswyse, of individuele betrokkenheid van die inligtingsbron by die gebeure.</p>
<p>Een punt van kritiek wat op <italic>No Lesser Place</italic> gelewer word, het betrekking op &#x2018;[<italic>d</italic>]ie haas waarmee die boek uitgegee is, wat tot sy onversorgdheid op bepaalde plekke gelei het&#x2019; (bl. 136). Ongelukkig is dit egter ook &#x2018;n leemte wat &#x2018;n mens opval by die lees van hierdie teks. Enkele voorbeelde:</p>
<p>Die integrasie van &#x2018;n buiteteks (bv. di&#x00E9; van Giliomee, soos aangedui in vn. 105 op bl. 125) by die hoofteks maak dit onduidelik wie aan die woord is, en bring mee dat &#x2018;n betogende styl in botsing kom met die beskrywende, soos &#x2018;n mens van &#x2018;n historiese perspektief sou verwag.</p>
<p>&#x2018;n Leser wat nie met die betrokke geskiedenis vertroud is nie, sal nie noodwendig verstaan wat bedoel word met bepaalde verwysings, wat nie met die eerste vermelding verduidelik of gedefinieer word nie. So word daar sonder meer verwys na die T-opsie, wat 66 keer genoem word, maar eers op bladsy 147 gedefinieer word. Nog &#x2018;n voorbeeld is die die sogenaamde &#x2018;Wernher-Beit-toekenning&#x2019;, wat sonder verduideliking vermeld word.</p>
<p>Wat die tekstuele versorging betref, maak die gebrek aan toepaslike punktuasiemiddele (veral kommas) dit dikwels moeilik om agter die kap van die byl te kom, veral wat lang sinne betref. Hier en daar is daar foutiewe formulerings in Afrikaans, byvoorbeeld &#x2018;suidelik Afrika&#x2019; (bl. 16), en &#x2018;tegnikaliteite&#x2019; (bl. 114&#x2013;115), maar ook in Nederlandse (&#x2018;<italic>zedelik en national leven</italic>&#x2019; &#x2013; bl. 39) en Engelse (&#x2018;<italic>I, as an English-speaking South African, has</italic> [<italic>sic</italic>] <italic>missed</italic> ...&#x2019; &#x2013; bl. 55) aangehaalde passasies.</p>
<p>Aandag aan probleme soos die bogenoemde sou &#x2018;n veel afgeronder en deegliker aanbieding tot gevolg gehad het en die inherente waarde van die boek beduidend verhoog het.</p></sec>
<sec id="s0003">
<title>Teikengroep</title>
<p>Hierdie boek is bedoel as noodsaaklike leesstof vir iedereen wat op direkte of indirekte wyse by die US betrokke was en/of is, maar ook vir akademici wat by taalbeplanning in die onderwys in den brede belang het. Dit is ook van groot belang vir diegene vir wie die voortbestaan van Afrikaans deur sy ho&#x00EB;r funksies, veral in die huidige politieke bedeling, &#x2018;n saak van erns is.</p></sec>
<sec id="s0004">
<title>Standpunte</title>
<p>&#x2019;n Standpunt wat telkens deur die teks na vore kom, is die siening dat dienstigheid aan die politiek van die dag neerslag vind in beleidsrigtings by universiteite wat van regeringsubsidies afhanklik is. Daar word reeds op bladsy 65 verwys na die ANC-woordvoerder oor onderwys, Blade Nzimande, se uitspraak in 1996 dat hy gekant is teen die bestaan van Afrikaanse skole en universiteite. As motivering vir hierdie dienstigheid word dan aangevoer dat Engels (en die veronderstelde eerstetaalvaardigheid in Engels van alle nie-Afrikaanssprekende studente) gelykgestel kan word aan toegang tot kennis by tersi&#x00EA;re inrigtings. Dit blyk uit die argumente van bepaalde rolspelers by die vasstelling van die US-taalbeleid dat dit inderdaad &#x2019;n rol speel (of gespeel het), maar ook by ander universiteite in die land as vertrekpunt beskou word.</p>
<p>Nog &#x2019;n belangrike waarneming (wat die voorafgaande standpunt relativeer) is dat sienings oor taal, en Afrikaans in die besonder, nie noodwendig ooreenstem met politieke of ideologiese affiliasies nie. Terwyl Jonathan Jansen die talekwessie gelykstel aan &#x2019;n stryd om magsbehoud (bl. 115), gaan dit vir Breyten Breytenbach, Jakes Gerwel en Van Zyl Slabbert (in 2005) om die basiese regte van alle sprekers van Afrikaans. Hierdie eiesoortige, politiek onafhanklike verbintenis met taal blyk ook uit standpuntverskille by politici en ander openbare figure tydens die ontwikkeling van Afrikaans as amptelike taal.</p></sec>
<sec id="s0005">
<title>Ten slotte</title>
<p>Die geskiedenis (&#x2019;n mens moet jou soms daaraan herinner dat dit nie fiksie is nie) van die talekwessie by die Universiteit van Stellenbosch lees soos &#x2019;n realiteitsriller, en herinner aan die beskouings van die Amerikaanse linguis, Dwight Bolinger, wie se boek <italic>Language &#x2013; the loaded weapon</italic> in 1980 die aandag gevestig het op die ingrypende uitwerking wat taal op die lewens van mense en die kulturele voortbestaan van taalgemeenskappe kan h&#x00EA;. Behoudens die kritiek wat hierbo uitgespreek is, is dit &#x2019;n teks waarvan daar kennis geneem moet word.</p>
</sec>
</body>
<back>
<ref-list id="reference">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="cit0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brink</surname>, <given-names>C.</given-names></string-name></person-group>, <year>2006</year>, <source><italic>No lesser</italic> place &#x2013; the Taaldebat at Stellenbosch</source>, <publisher-name>Sun Press</publisher-name>, <publisher-loc>Stellenbosch</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Bolinger</surname>, <given-names>D.</given-names></string-name></person-group>, <year>1980</year>, <source><italic>Language &#x2013; the loaded weapon: The use and abuse of language today</italic></source>, <publisher-name>Longman</publisher-name>, <publisher-loc>New York/London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
</ref-list>
</back>
</article>