<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="research-article" xml:lang="en">
	<front>
		<journal-meta>
			<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
			<journal-title-group>
				<journal-title>LITERATOR JOURNAL OF LITERARY CRITICISM, COMPARATIVE LINGUISTICS AND LITERARY STUDIES</journal-title>
			</journal-title-group>
			<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
			<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
			<publisher>
				<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
			</publisher>
		</journal-meta>
		<article-meta>
			<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-35-1138</article-id>
			<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v35i2.1138</article-id>
			<article-categories>
				<subj-group subj-group-type="heading">
					<subject>Original Research</subject>
				</subj-group>
			</article-categories>
			<title-group>
				<article-title>&#x2018;Die choreografie van ontwyking&#x2019;: Die po&#x00EB;tiese krag van negativering by Elisabeth Eybers</article-title>
			</title-group>
			<contrib-group>
				<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
					<name>
						<surname>Viljoen</surname>
						<given-names>Hein</given-names>
					</name>
					<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
				</contrib>
			</contrib-group>
			<aff id="AF0001">
				<label>1</label>Department of Afrikaans and Dutch, School of Languages, North-West University, Potchefstroom Campus, South Africa</aff>
			<author-notes>
				<corresp id="cor1"><bold>Correspondence to:</bold> Hein Viljoen, <bold>Email:</bold> <email xlink:href="hein.viljoen@nwu.ac.za">hein.viljoen@nwu.ac.za</email>, <bold>Postal address:</bold> Private Bag X6001, Potchefstroom 2520, South Africa</corresp>
				<fn>
					<p>
				<bold>How to cite this article:</bold> Viljoen, H., 2014, &#x2018;&#x201C;Die choreografie van ontwyking&#x201D;: Die po&#x00EB;tiese krag van negativering by Elisabeth Eybers&#x2019;, <italic>Literator</italic> 35(2), Art. #1138, 9 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v35i2.1138">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v35i2.1138</ext-link>
			</p>
				</fn>
			</author-notes>
			<pub-date pub-type="epub">
				<day>10</day>
				<month>12</month>
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<pub-date pub-type="collection">
				<year>2014</year>
			</pub-date>
			<volume>35</volume>
			<issue>2</issue>
			<fpage>1</fpage>
			<lpage>9</lpage>
			<history>
				<date date-type="received">
					<day>22</day>
					<month>07</month>
					<year>2014</year>
				</date>
				<date date-type="accepted">
					<day>24</day>
					<month>10</month>
					<year>2014</year>
				</date>
			</history>
			<permissions>
				<copyright-statement>&#x00A9; 2014. The Authors</copyright-statement>
				<copyright-year>2014</copyright-year>
				<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
					<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
				</license>
			</permissions>
			<abstract>
				<title>Abstract</title>
				<p>Hierdie artikel is &#x0027;n verkenning van die opvallende gebruik van woorde met die voorvoegsels <italic>on</italic>- en <italic>ont</italic>-, asook ander negatiewe, negativerende woorde, of terme van afstroping (soos die woord <italic>sonder</italic> en die agtervoegsel -<italic>loos</italic>, e.d.m.), in Elisabeth Eybers se po&#x00EB;sie. Dit is &#x0027;n hermeneutiese ondersoek van die moontlikhede wat negativerende uitdrukkings bied, en na die rol wat hulle in haar po&#x00EB;sie en po&#x00EB;tika speel. Eybers roep dikwels &#x0027;n alternatiewe w&#x00EA;reld deur negativering op. Dit is tekenend van haar digterlike ingesteldheid en haar po&#x00EB;tika.</p>
				</abstract>
				<trans-abstract xml:lang="in">
				<title>Abstrak</title>
				<p><bold>&#x2018;The choreography of evasion&#x2019;: The poetical power of negation in the work of Elisabeth Eybers</bold>. This article is an exploration of the striking use of words with the prefixes <italic>on</italic>- and <italic>ont</italic>-, as well as other negatives, markers of negation or terms and affixes of deprivation, like <italic>sonder</italic>, -<italic>loos</italic>, etcetera, in Elisabeth Eybers&#x0027;s poetry. It is a hermeneutic investigation into the possibilities of expression offered by negation and the role they play in her poetry and poetic conception. Eybers often creates an alternative world by means of negation. This is typical of her poetics and poetical stance.</p>
			</trans-abstract>
		</article-meta>
	</front>
	<body>
			<p>The infinite is best expressed inexpressibly, suggestively, negatively. (Marechera <xref ref-type="bibr" rid="cit0012">1990</xref>:32)</p>
		<sec id="S0001">
			<title>Inleiding</title>
			<p>My titel is ontleen aan die gedig &#x2018;Rym&#x2019;:<disp-quote>
					<p>RYM</p>
					<p>Die choreografie van ontwyking</p>
					<p>wat jy jare lank betrag</p>
					<p>moet uiteindelik triomfeer</p>
					<p>in &#x0027;n klimaks van verstryking</p>
					<p>op die laaste voorlopige dag</p>
					<p>van onmedepligtig wag</p>
					<p>en argeloos repeteer.</p>
					<p>(uit <italic>Dryfsand</italic> 1985; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:499)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die gedig is nogal duister en moeilik verstaanbaar buite die bundelkonteks. Die verskynsel wat ek in hierdie artikel ondersoek, blyk veral uit die laaste twee re&#x00EB;ls: die ontkenning of negativering in <italic>onmedepligtig</italic> en <italic>argeloos</italic>. Sulke negativerings is besonder opvallend in Eybers se po&#x00EB;sie. Byna in elke gedig van haar kom daar meer as een <italic>on</italic>-, <italic>ont</italic>- of -<italic>loos</italic> voor &#x2013; saam met ander woorde wat ontkenning uitdruk, soos <italic>nie</italic>, <italic>nooit</italic> en <italic>niks</italic>, en ook deprivatiewe soos <italic>sonder</italic> of <italic>skaars</italic> (&#x2018;skaars doelbewus&#x2019;). Eybers se voorliefde vir ontkenning en negatiewe uitdrukkings is &#x0027;n aspek van haar werk wat tot dusver min aandag gekry het. N&#x00F3;g Ester (<xref ref-type="bibr" rid="cit0006">1994</xref>), n&#x00F3;g Kannemeyer (<xref ref-type="bibr" rid="cit0011">1995</xref>) merk dit op. Ena Jansen (<xref ref-type="bibr" rid="cit0010">1996</xref>:206) toon wel aan dat Eybers &#x2018;baie selde die dubbele ontkenning gebruik&#x2019; en eerder die Nederlandse sintaksis volg, veral in haar po&#x00EB;sie sedert 1961, maar die dubbele ontkenning tog soms gebruik om die negativering te benadruk. Wat wel dikwels in Eybers se werk opgemerk is, is die sterk element van afstroping, wegneem of privatisering (kyk o.a. Britz <xref ref-type="bibr" rid="cit0001">1971</xref>; Gouws <xref ref-type="bibr" rid="cit0009">1979</xref>), wat aansluit by die spanning tussen vloeibaarheid en verstrakking in Eybers se werk wat Cloete (<xref ref-type="bibr" rid="cit0003">1970</xref>) byvoorbeeld uitgewys het.</p>
			<p>In die uitvoerige uittreksels uit die onderhoude met haar wat Ena Jansen (<xref ref-type="bibr" rid="cit0010">1996</xref>:92&#x2013;166) aanhaal, beklemtoon Eybers dat haar gedigte van buite ingegee word en dat sy strewe na &#x0027;n konsentraat of kristallisering van die emosie (bl. 149). Sy verbind po&#x00EB;sie ook aan &#x0027;n soort drang na &#x2018;duursaamheid en volmaaktheid&#x2019; as beswering van die onvolmaaktheid en gemis van die lewe (bl. 152). In haar Brusselse opstel &#x2018;Oor po&#x00EB;sie&#x2019; uit 1963 skryf sy:<disp-quote>
					<p>Ek vermoed dat een van die redes waarom iemand verse skryf, is omdat daar vir hom dinge is, te intiem, of te aangrypend, of te onvatbaar-op-eerste-sig, of te ongerymd om in die openbaar mee te deel. Hulle moet gesing of gesuggereer of oorgesein word.</p>
					<p>(Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0007">1978</xref>:107)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die negatiewe wat sy hier gebruik (<italic>onvatbaar</italic>, <italic>ongerymd</italic>) dui reeds aan hoe belangrik ontkenning en negativering in haar werk is.</p>
		</sec>
		<sec id="S0002">
			<title>Negativering en die po&#x00EB;tiese krag daarvan</title>
			<p>Ontkenning en negativering is komplekse maniere om dinge te s&#x00EA;. Die teenoorgestelde van &#x2018;Sy is mooi&#x2019; is &#x2018;Sy is lelik&#x2019;. Dit is egter nie dieselfde as om te s&#x00EA; &#x2018;Sy is nie mooi nie&#x2019;. &#x0027;n Mens kan ook die lelikheid ontken en s&#x00EA;: &#x2018;Sy is nie lelik nie&#x2019;, maar dan kan dit ironies beteken dat sy mooi is &#x2013; eintlik baie mooi, beeldskoon. Die effek van ontkenning is dikwels afhanklik van die konteks.</p>
			<p>Nog komplekser word die saak as &#x0027;n mens die ontkenning ontken en byvoorbeeld s&#x00EA;: &#x2018;Sy is nie onlelik nie&#x2019;, wat weer verskil van &#x2018;Sy is nie onmooi nie&#x2019;. Dit is hierdie komplekse soort ontkenning wat &#x0027;n mens in Eybers se werk teenkom.</p>
			<p>In die taalkunde word vier soorte ontkenning onderskei. By morfologiese ontkenning word die ontkenning morfologies uitgedruk, meestal as &#x0027;n affiks aan &#x0027;n werkwoord (<italic>ontken</italic>) of hulpwerkwoord. In hierdie geval word die sin ontken, in teenstelling met woorde met voorvoegsels soos <italic>on-</italic> of &#x2018;onlelik&#x2019; of agtervoegsels soos -<italic>loos</italic>, wat leksikale ontkenning genoem word (Dahl <xref ref-type="bibr" rid="cit0004">2010</xref>:14). Tweedens word partikels vir ontkenning gebruik, soos in &#x2018;Sy is nie mooi nie&#x2019;. Dit word sintaktiese ontkenning genoem. Partikels is onafhanklike woorde eerder as affikse en verbuig nie. Derdens word negatiewe werkwoorde of hulpwerkwoorde in sommige tale, soos in Tonga, &#x0027;n Maleis-Polinesiese taal, vir ontkenning gebruik (Dahl <xref ref-type="bibr" rid="cit0004">2010</xref>:20&#x2013;21) &#x2013; iets wat nie in Afrikaans voorkom nie. In die vierde plek kan &#x0027;n mens inherent negatiewe woorde onderskei &#x2013; positief van vorm, maar negatief van betekenis, soos <italic>hartseer</italic> of <italic>dood</italic> (McLoughlin <xref ref-type="bibr" rid="cit0013">2013</xref>:220) &#x2013; of in bostaande voorbeeld, <italic>lelik</italic>.</p>
			<p>Die po&#x00EB;tiese krag van ontkenning, of dit nou deur middel van morfologiese, sintaktiese of inherent negatiewe merkers geskied, kan toegeskryf word aan die skep van alternatiewe moontlike w&#x00EA;relde en die uitwerking wat hierdie alternatiewe w&#x00EA;relde het op die verwagtings en persepsies van die leser.</p>
			<p>Ontkenning bring alternatiewe moontlike, konseptuele ruimtes of stande van sake, ofte wel alternatiewe moontlike w&#x00EA;relde (<italic>alternative possible worlds</italic>) vir die algemeen aanvaarde w&#x00EA;reld tot stand. Dit is so omdat die negatiewe merker die afwesigheid van &#x0027;n entiteit spesifiseer in &#x0027;n mentale ruimte wat deur die ooreenstemmende positiewe term geskep word. Ontkenning wysig met ander woorde die inligting wat beskikbaar is in die aanvaarde w&#x00EA;reld van die diskoers (Downing <xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:123). Sodoende bring ontkenning subw&#x00EA;relde tot stand wat die heersende voorstellings bevraagteken of wat parallelle werklikhede tot stand bring wat lesers forseer om bekende en konvensionele situasies op &#x0027;n minder bekende manier te herinterpreteer (Downing <xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:126).</p>
			<p>Ontkenning wysig ook die verwagtings, aannames en oortuigings van gespreksgenote in &#x0027;n bepaalde situasie. Ontkenning is konteksgevoelig, want dit doen &#x0027;n beroep op bepaalde vooronderstellings (McLoughlin <xref ref-type="bibr" rid="cit0013">2013</xref>:219). Dit bring gewoonlik nie nuwe inligting in die gesprek in nie, maar kodeer die inligting op &#x0027;n wyse wat die hoorder waarsku dat die spreker nie die positiewe oortuiging deel nie. Ontkenning is dus &#x0027;n sterk gemerkte diskoersopsie (Downing <xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:120).</p>
			<p>Dit beteken verder dat ontkenning &#x0027;n tegniek van beklemtoning en vooropstelling is (&#x2018;<italic>a natural foregrounding device&#x2019;</italic>, Downing <xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:121). Ontkenning van bepaalde inligting staan uit teen die agtergrond van die gewone gedeelde verwagtings van deelnemers aan die gesprek &#x2013; die nongebeurtenis of die nontoestand word tydelik belangriker as die gewone toestand. Vandaar die sterk vooropstellingseffek van ontkenning.</p>
			<p>Hoewel dit minder gebruiklik is, kan &#x0027;n mens inligting ook op &#x0027;n negatiewe manier in die teks invoer. Dit staan dan op &#x0027;n onkonvensioneel manier as &#x0027;t ware op die agtergrond (Eng. <italic>negative accommodation</italic>), maar word paradoksaal tog beklemtoon, soos in die re&#x00EB;l &#x2018;my sister doesn&#x0027;t write poems&#x2019; in Szymborska se gedig &#x2018;In praise of my sister&#x2019; wat Downing (<xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:127) aanhaal. Die verwagting dat digterlike aanleg oorerflik is, word negatief aangebied maar tog op die voorgrond geplaas as &#x0027;n soort omgekeerde vooropstelling.</p>
			<p>Om ontkenning goed te verstaan, moet die leser die semantiese inhoud van die uiting verwerk, maar ook die konteks van die uiting, die konteks van die teks as geheel en ook die bre&#x00EB;r veronderstellings van die deelnemers aan die diskoers. Ontkenning skep dus meer betekenis as wat semanties gegee is, omdat dit &#x0027;n beroep doen op heelwat implisiete kennis (McLoughlin <xref ref-type="bibr" rid="cit0013">2013</xref>; Nahajec <xref ref-type="bibr" rid="cit0014">2009</xref>).</p>
			<p>Uiteindelik is negativering &#x0027;n manier om die onuitspreeklike uit te spreek (&#x2018;<italic>to express the inexpressible&#x2019;</italic> [Brook <xref ref-type="bibr" rid="cit0002">2002</xref>:97&#x2013;141; Downing <xref ref-type="bibr" rid="cit0005">2002</xref>:121&#x2013;122]). Hier is veral die sg. <italic>via negativa</italic> of negatiewe teologie van belang. Dit is die proses, veral by mistici soos Pseudo-Dionysius, om die eienskappe van God byvoorbeeld een vir een te ontken totdat Hy in sy absolute transendensie na vore kom (Brook <xref ref-type="bibr" rid="cit0002">2002</xref>:101).</p>
			<p>In hierdie artikel sal ek eers die verskynsel van negativering by Eybers aantoon. Daarna gaan ek &#x0027;n paar gedigte met &#x0027;n negatiewe teken en van die alternatiewe w&#x00EA;relde van Eybers se po&#x00EB;sie bekyk. Negativering en verlange of gemis, negativering en die dood (of vergetelheid), en negativering en die Absolute, God, kom vervolgens aan die beurt. Ten slotte sal ek die verband tussen negativering en Eybers se po&#x00EB;tika ondersoek.</p>
		</sec>
		<sec id="S0003">
			<title>Die verskynsel van negativering in Eybers se po&#x00EB;sie</title>
			<p>&#x0027;n Ander, eweneens redelik duister gedig uit <italic>Dryfsand</italic> werp enigsins lig op negativering by Eybers. Dit is die gedig &#x2018;Voortbestaan&#x2019;:<disp-quote>
					<p>VOORTBESTAAN</p>
					<p>Wie ooit &#x0027;n nuwe omgewing binneswerf leen plaaslike spatte om hom te kamoefleer, o&#x00EB;nskynlike versmelting te verwerf sonder sy eie gestalte af te sweer terwyl die tyd-seis onverstoorbaar snoei.</p>
					<p>Hy sluit sy o&#x00EB; en bou by binnelig &#x0027;n omgekeerde aftreksom wat groei in lengte en in weerbarstige gewig.</p>
					<p>Een dag &#x2013; miskien voor hy s&#x00F3; ver kan dink &#x2013; sal die teveel aan vroe&#x00EB;r hom versink.</p>
					<p>(Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:487)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Ook in hierdie gedig gebruik die digter &#x0027;n paar opvallend vreemde woorde en opvallende ontkennings. In die eerste strofe val die vreemde woord <italic>spatte</italic> op en in die tweede strofe die vreemde &#x2018;omgekeerde aftreksom wat groei&#x2019;. Van Dale (Sterkenburg <xref ref-type="bibr" rid="cit0019">1994</xref>) omskryf <italic>spat</italic> as &#x2018;afspringend of opspringend deeltje van vog&#x2019;. In Afrikaans word <italic>spat</italic> net as werkwoord gebruik, in die sin van &#x2018;in druppels of stukkies [<italic>laat</italic>] op- of wegspring&#x2019; (Odendal &#x0026; Gouws <xref ref-type="bibr" rid="cit0015">2005</xref>) &#x2013; modder laat opspat; laat spat in alle rigtings &#x2013; d.w.s. padgee, wyk, weghardloop. <italic>Spatte</italic> is dus eintlik druppels of spatsels. Ter wille van oorlewing moet iemand in &#x0027;n nuwe omgewing as &#x0027;t ware druppeltjies daarvan teen hom laat opspat sodat dit lyk asof hy deel word daarvan. Soos uit die twee slotre&#x00EB;ls van die eerste strofe duidelik word, is die deel word van die omgewing maar &#x0027;n illusie &#x2013; dit is maar skyn, d.w.s. kamoeflering. Die kamoeflering word genoem, en dan eintlik weer teruggetrek. &#x2018;O&#x00EB;nskynlike versmelting te verwerf sonder sy eie gestalte af te sweer&#x2019; is derhalwe een van daardie paradoksale negativerings wat ek bedoel: die versmelting is &#x0027;n illusie en die &#x2018;eie gestalte&#x2019; is skynbaar net negatief (met <italic>sonder</italic>) uitdrukbaar. Die doel van die kamoeflering is juis om die eie identiteit te bewaar, en nie deel te word van die omgewing nie, maar dit tog so te laat lyk.</p>
			<p>Problematies bly nog daardie &#x2018;omgekeerde aftreksom&#x2019;. Is dit &#x0027;n optelsom &#x2013; wiskundig die omgekeerde van aftrek? En hoe bou &#x0027;n mens &#x0027;n aftreksom? En hoekom gebruik die digter die ompaadjie om die aftreksom as &#x0027;t ware te ontken (om te draai) ten einde te s&#x00EA; wat sy wil s&#x00EA;?</p>
			<p>Die woorde &#x2018;die teveel aan vroe&#x00EB;r&#x2019; in die slotstrofe werp m.i. lig op hierdie vreemde aftreksom. Die aftreksom het m.a.w. te doen met herinnering, te veel in die verlede leef of te veel daaraan terugdink. Gewoonlik neem &#x0027;n mens bestek op van jou lewe &#x2013; jy probeer die sin daarvan vind &#x2013; jy som dit op. As mens &#x0027;n aftreksom maak, raak die aanvanklike getal gaandeweg al hoe kleiner &#x2013; veral as dit &#x0027;n lange is. &#x0027;n Omgekeerde aftreksom begin dus redelik breed en word dan al langer &#x2013; ho&#x00EB;r &#x2013; en druk al swaarder op die basis. Dit is die &#x2018;weerbarstige gewig&#x2019; waarvan in die gedig gepraat word. Die gedurige opsom van die verlede word dus gaandeweg al groter en swaarder &#x2013; groei langer en swaarder soos &#x0027;n spitstoelopende boom. En dit is hierdie groeiende verlede wat dreig om die spreker te laat sink in die <italic>dryfsand</italic> van die titel van die bundel &#x2013; verraderlike sand wat o&#x00EB;nskynlik vas is, maar waarin &#x0027;n mens kan verdrink of wegsink.</p>
			<p>Uit die dubbele ontkenning van hierdie omgekeerde aftreksom blyk dus dat die choreografie van ontwyking hierdie ingewikkelde negatiewe manier is om dinge ges&#x00EA; te kry, uitgedruk te kry &#x2013; met ompaadjies langs wat veral werk met ontkenning, negativering, omkering en met woorde, partikels of affikse soos <italic>nie</italic>, <italic>nooit</italic>, <italic>on</italic>-, -<italic>loos</italic>, <italic>sonder</italic>.</p>
			<sec id="S20004">
				<title>Gedigte met &#x2018;n minusteken</title>
				<p>Negativering is opvallend in &#x2018;Digteres as huisvrou&#x2019;:<disp-quote>
						<p>DIGTERES AS HUISVROU</p>
						<p>Altyd &#x0027;n besem iewers teen &#x0027;n muur, maaltye nooit op die gepaste uur.</p>
						<p>Agendalose dae waardeur sy leeg, hardnekkig en skaars doelbewus beweeg.</p>
						<p>Strykgoed wat moedeloos oor &#x0027;n stoelrug hang, gebare sonder afloop of aanvang.</p>
						<p>Ou briewe onbeantwoord, deurmekaar, papiere en pille in &#x00E9;&#x00E9;n laai opgegaar.</p>
						<p>Dankbaar om haar in jou groot hart te strek en tog verknog aan haar klein skulpomtrek.</p>
						<p>O ordenende te&#x00EB;voeter, wees gewaarsku, stuur haar liewer na haar lees.</p>
						<p>(uit <italic>Einder</italic> 1977; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:401)</p>
					</disp-quote>
				</p>
				<p>&#x2018;Digteres as huisvrou&#x2019; is &#x0027;n fassinerende illustrasie van Riffaterre (<xref ref-type="bibr" rid="cit0018">1980</xref>:19&#x2013;21) se idees oor die semiotiek van die po&#x00EB;sie, nl. dat elke gedig &#x0027;n herhaling en verdere uitwerk van een sentrale frase of uitdrukking is &#x2013; dit wat hy die <italic>matrys</italic> noem. Die matrys van hierdie gedig word duidelik as &#x0027;n mens oplet watter geykte beeld sistematies ontken word &#x2013; &#x0027;n beeld wat in hierdie konteks ge&#x00EF;mpliseer word. Vergelyk:<list list-type="bullet">
						<list-item>
							<p>maaltye <italic>nooit</italic> op die gepaste uur</p>
						</list-item>
						<list-item>
							<p>agenda<italic>lose</italic> dae waardeur sy <italic>leeg</italic>; <italic>skaars</italic> doelbewus</p>
						</list-item>
						<list-item>
							<p>strykgoed wat moede<italic>loos</italic> oor &#x0027;n stoelrug hang</p>
						</list-item>
						<list-item>
							<p>ou briewe <italic>on</italic>beantwoord.</p>
						</list-item>
					</list>
				</p>
				<p>Hierdie negativerende merkers en woorde skep &#x0027;n beeld van die digteres deur die stereotipe beeld van die goeie huisvrou sistematies te ontken. Die goeie huisvrou word as &#x0027;t ware onder &#x0027;n negatiewe teken, &#x0027;n minusteken aangebied. Die hele gedig is kortom &#x0027;n uitwerk van die idee van <italic>wanorde</italic> &#x2013; dit wat die digteres veroorsaak wanneer sy haar nie by haar lees &#x2013; haar ambag en haar leeswerk &#x2013; hou nie.</p>
				<p>Die leser se stereotipe van die onhandige en onpraktiese digter word bevestig deur die alternatiewe moontlike w&#x00EA;reld van die digteres as onhandige huisvrou wat deur sistematiese ontkenning bewerkstellig word. Tog is die gedig nie net &#x0027;n beeld van die digteres se swak vermo&#x00EB; om huis te hou nie. Die verdere implikasie is dat die wanordelike toestand van die huis en byvoorbeeld die &#x2018;agendalose dae waardeur sy leeg, hardnekkig en skaars doelbewus beweeg&#x2019; &#x0027;n toestand skets waarin die digteres haar nie by haar lees of haar ambag hou nie &#x2013; dit wil s&#x00EA;, &#x0027;n tydperk beleef waarin sy nie kan skryf nie, &#x0027;n moedelose, onkreatiewe tydperk. Die w&#x00EA;reld van die swak huisvrou wat op die voorgrond staan, is tegelyk ook &#x0027;n ontkenning van die kreatiewe digteres.</p>
				<p>Ook in ander bekende gedigte van Eybers word &#x0027;n omgekeerde beeld &#x2013; &#x0027;n beeld as &#x0027;t ware met &#x0027;n minusteken &#x2013; opgeroep. Weer speel negativerings &#x0027;n belangrike rol in hierdie proses. Ek bedoel gedigte soos &#x2018;R&#x00F6;ntgenfoto&#x2019; (Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:159) en &#x2018;Wespark&#x2019; (bl. 161), albei uit <italic>Die helder halfjaar</italic> (1956):<disp-quote>
						<p>R&#x00D6;NTGENFOTO</p>
						<p>Bekyk haar goed &#x2013; die strak gesig wat stip sy blik na buite rig stel mens gerus, want geen portret vlei meer as di&#x00E9; van die skelet wat alle weekheid laat verdwyn en elke deug presies omlyn: die oog is weifelloos, die mond word nooit verle&#x00EB; of verwond; die skouers flink, horisontaal &#x2013; jukstang van &#x0027;n aptekerskaal &#x2013;, die hele blink struktuur van been met weefsel skemerig daaromheen is keurig inmekaar gepas, en, deur die tyd onaangetas, soos elke ware kunstenaarswerk tot die essensie ingeperk.</p>
						<p>Die res, wat blote bysaak is, dryf omtrekloos deur &#x0027;n dun mis: die hart, met sy vertakkings, hang dof agter traliewerk gevang; kanale &#x2013; bloed en limf en klier en ingewande &#x2013; wieg soos wier en di&#x00E9; wat drif en droombeeld huis swem wasig bo die bekkensluis wat onintiem sy naaktheid toon en soetheid van geslag verlo&#x00EB;n &#x2026;</p>
						<p>Al die verdriet en vreugde en vrees was dus &#x0027;n hersenskim gewees?</p>
					</disp-quote>
				</p>
				<p>In &#x2018;R&#x00F6;ntgenfoto&#x2019; word &#x0027;n portret van die skelet geteken &#x2013; en meestal ook deur &#x0027;n opstapeling van negatiewe, byvoorbeeld in &#x2018;die oog is weifelloos, die mond/ word nooit verle&#x00EB; of verwond. Dit is &#x0027;n negatiewe portret, want dit fokus ironiserend op dit wat strak en duidelik omlyn is: &#x2018;&#x2026;want geen portret/ vlei meer as di&#x00E9; van die skelet &#x2026;&#x2019;</p>
				<p>Ook die veel gesiteerde idee dat die ware kunstenaarswerk tot die essensie ingeperk word, word hier ironies betrag.</p>
				<p>Die wasige, voelende, willende pyngevoelige deel van die liggaam wat op die R&#x00F6;ntgenfoto &#x2018;blote bysaak&#x2019; is, word egter ook o.a. met negatiewe opgeroep &#x2013; maar dan negatiewe wat die teenoorgestelde van strak is &#x2013; <italic>omtrekloos</italic> en die ongewone woord <italic>onintiem</italic>. Hierdie laaste woord is ryk aan implikasie, want dit roep &#x0027;n hele alternatiewe w&#x00EA;reld van nabyheid en intimiteit op. So is die gedig &#x0027;n goeie voorbeeld van omgekeerde vooropstelling &#x2013; die essensi&#x00EB;le inligting word negatief aangebied.</p>
				<p>In &#x2018;Wespark&#x2019; word ook &#x0027;n beeld geskep wat in nie-essensi&#x00EB;le opsig waar is, maar in &#x2018;essensi&#x00EB;le opsig vals&#x2019; (in die woorde van R&#x00E9;na Pretorius <xref ref-type="bibr" rid="cit0017">1986</xref>:112). En dit word gedoen deur &#x0027;n teenbeeld van die sorge van die lewe &#x2013; &#x0027;n paradyslike toestand &#x2013; op te roep met veral &#x0027;n hele reeks negativerings. Kyk byvoorbeeld na die twee laaste strofes:<disp-quote>
						<p>Die eensames voel <italic>nooit</italic> alleen in die wit broederskap van been, hier kan die digter <italic>sonder</italic> skroom hom blywend toespin in sy droom.</p>
						<p>
							<italic>Geen</italic> jaarlikse belastingheffing op hierdie langtermynbelegging: geagte leser, di&#x00E9; geleentheid bied hom slegs een keer in &#x0027;n leeftyd.</p>
						<p>(my kursivering)</p>
					</disp-quote>
				</p>
				<p>In die gedig word &#x0027;n volmaak geluksalige voorstedelike bestaan opgeroep as teenbeeld van die eintlike werklikheid, maar dit is net geldig omdat Wespark &#x0027;n begraafplaas is. Die geluksalige toestand is net in die dood moontlik. Weer eens word dit, tipies van Eybers, deur ontkenning bewerkstellig.</p>
				<p>Teen die agtergrond van hierdie gedigte onder &#x0027;n negatiewe teken sou &#x0027;n mens verwag dat &#x2018;Lied van die verliefde oujongnooi&#x2019; (uit <italic>Rymdwang</italic> 1987; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:541) ook so &#x0027;n omgekeerde beeld sou skets &#x2013; geldig in nie-essensi&#x00EB;le opsig, ongeldig in die essensi&#x00EB;le.<disp-quote>
						<p>LIED VAN DIE VERLIEFDE OUJONGNOOI</p>
						<p>Ek hoef nie sy ete te kook ek hoef nie sy bed op te maak ek hoef nie sy wellus te stook, met taak na langdradige taak my welwillendheid te betoon dag in dag uit te betoon.</p>
						<p>Ek hoef nie sy kinders te baar ek hoef nie sy ego te streel sy goedkeuring te bewaar hom sluipenderwys te verveel deur tussen vier mure te woon s&#x00E1;&#x00E1;m tussen vier mure te woon.</p>
						<p>Geen woord uit sy lippe verstom geen peinsende blik word gedoof: elke beweging van hom speel oor en oor in my hoof. Niemand misgun my my loon, my onvergelyklike loon.</p>
					</disp-quote>
				</p>
				<p>Hier het ons &#x0027;n opstapeling van negatiewe (<italic>ek hoef nie</italic>, <italic>geen</italic>) waardeur &#x0027;n ironiese teenbeeld geskep word van &#x0027;n gewone soort huwelik &#x2013; met sy sleur en sy wellus, sy verveling en sy pyn. &#x0027;n Mens is geneig om te dink die spreker praat teen haar beterwete in, want al is die huwelik nie volmaak nie, is dit tog nog beter as haar lewe as oujongnooi. Die negativerings in die slotstrofe lyk daarom aanvanklik asof hulle ironies bedoel word: &#x2018;<italic>Niemand misgun my my loon</italic>/ <italic>my onvergelyklike loon</italic>.&#x2019;</p>
				<p>
					<italic>Onvergelyklike</italic> loon &#x2013; dit kan tog nie anders as ironies bedoel wees nie? Maar as &#x0027;n mens kyk na die voorlaaste re&#x00EB;l, is jy nie meer so seker van die ironie nie. <italic>Niemand misgun my my loon</italic> &#x2013; is dit twee negatiewe wat &#x0027;n positief maak? Die dinge wat sy s&#x00EA;, is eintlik &#x2013; essensieel &#x2013; waar &#x2013; sy hoef nie sy ete te kook, sy bed op te maak, sy ego te streel of sy kinders te baar nie. En as dit ironie is om te praat van &#x0027;n onvergelyklike loon, is dit in ieder geval &#x0027;n komplekser ironie as in bv. &#x2018;Wespark&#x2019;, want die teenfeitelike (Eng. <italic>contrafactua</italic>l) werklikheid wat hier geteken word, kan nie summier as vals afgemaak word nie. Dit is waar in vele opsigte. En deurdat die huwelik nie voltrek word nie (soos met die negativerings uitgedruk word), bly sy inderdaad baie van hierdie negatiewe dinge gespaar en behou sy haar droom, al is dit &#x0027;n wrang ironiese droom.</p>
				<p>Die gedig skets in &#x0027;n sin &#x0027;n dubbele negatief &#x2013; &#x0027;n negatief van &#x0027;n negatief wat inderdaad, soos in wiskunde, begin lyk na &#x0027;n plus. Die een negatief kanselleer die ander uit. Die resultaat kan ook nie anders as met &#x0027;n negatief uitgedruk word nie &#x2013; <italic>onvergelyklik</italic>. Die gedig skep &#x0027;n sterk alternatiewe w&#x00EA;reld &#x2013; die teenpool van die gewone en die aanvaarde, nl. dat &#x0027;n huwelik die toppunt van geluk is. Die negatiewe aspekte van die huwelik word ook negatief aangebied, bv. met die negatiewe woord &#x2018;(wellus) <italic>stook</italic>&#x2019;, maar dan op die agtergrond, omgekeerd vooropstel.</p>
				<p>Dit lyk dus of &#x0027;n mens sou kon beweer dat die negativering in Eybers se latere po&#x00EB;sie dikwels &#x0027;n dubbele negativering word &#x2013; iets paradoksaals wat neig om die ordenende verstand te bowe te gaan.</p>
			</sec>
		</sec>
		<sec id="S0005">
			<title>Negativering en verlange of gemis</title>
			<p>In &#x2018;Die lied van die verliefde oujongnooi&#x2019; word &#x0027;n grenslose soort gemis deur die negatiewe tot stand gebring. Negativering word dikwels gebruik om gemis of verlange uit te druk. Dit is immers &#x0027;n toestand van die afwesigheid van die geliefde &#x2013; van niesamesyn &#x2013; &#x0027;n negatiewe toestand in daardie sin.</p>
			<p>&#x0027;n Gedig wat vol is van sulke negativerings wat die gemis aan die geliefde uitdruk, is &#x2018;Herfsdeun&#x2019;, met my kursivering:<disp-quote>
					<p>HERFSDEUN</p>
					<p>Lang druppels litteken die ruit, uit die gehoorbuis klink jou stem verstrooid en afgepas, of het ek my verbeel? Ek dink vaag <italic>on</italic>behaaglik daaroor na. Ek wil jou iets, maar w&#x00E1;t wil ek? jou vra. Daar kom <italic>geen</italic> woorde by my op, slegs &#x0027;n behoefte in my keel. Wat wil ek tog? Jy het nog <italic>nooit</italic> jou warmte vir my verkrop, nog <italic>nooit</italic> versuim om my te se&#x00EB;n &#x2026; Die hele dag het dit gere&#x00EB;n, gere&#x00EB;n, en toe jy nags&#x00EA; was jou stem formeel en v&#x00E9;r, en kon <italic>my handhol nie jou skedel streel</italic>.</p>
					<p>(uit <italic>Einder</italic> 1977; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:412)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die afwesigheid van die geliefde is &#x0027;n onbehaaglike toestand, nog soveel erger omdat dit sonder woorde is. Die tristesse van die aanhoudende re&#x00EB;n speel hierin saam. Die slotbeeld is sterk negatief en juis &#x0027;n beeld van verlange. Die hol hand herhaal die vorm van die skedel tevergeefs. Wrang klink dit teen die ge&#x00EF;mpliseerde woord <italic>handevol</italic> en die alternatief waarin die geliefde aanwesig is. Die le&#x00EB; hand herhaal die afwesige vorm van die geliefde, maar die afwesigheid is soveel skrynender omdat die geliefde potensieel reeds gereduseer is tot &#x0027;n dooie geraamte (&#x2018;skedel&#x2019;). Die afwesigheid is dubbel negatief.</p>
			<p>&#x0027;n Kort gediggie oor gemis wat ook opvallend vol negativerings is, is &#x2018;Nood&#x2019;, met my kursivering:<disp-quote>
					<p>NOOD</p>
					<p>&#x2018;Ek het jou nodig en jy is <italic>nie</italic> daar...&#x2019; Gets&#x00E9;man&#x00E9; se trooste<italic>lose</italic> verwyt, hoe <italic>on</italic>verdiend, klink steeds <italic>on</italic>lo&#x00EB;nbaar. Swyg <italic>nietemin</italic> en raak mekaar <italic>nie</italic>
						<italic>kwyt</italic>.</p>
					<p>(uit <italic>Verbruikersverse</italic> 1997; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:742)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Selde &#x2013; selfs by Eybers &#x2013; vind &#x0027;n mens &#x0027;n gedig so vol negativerings en ontkennings. Twee keer <italic>nie</italic>, twee keer <italic>on</italic>-, &#x0027;n <italic>nietemin</italic> en &#x0027;n <italic>-loos</italic> en boonop die negatiewe werkwoord <italic>kwytraak</italic> wat ook ontken word. Die afwesigheid van &#x0027;n persoon word uitgedruk in die gedig &#x2013; afwesigheid ook van troos, van teenspraak, van praat (woorde) &#x2013; en dit eindig met die afwesigheid van woorde juis ter wille van die vermyding van &#x0027;n potensi&#x00EB;le afwesigheid, verlies, eensaamheid; ter wille van <italic>mekaar</italic>. Die vraag is natuurlik hoekom soveel ontkennings gebruik word &#x2013; hoekom die gegewens so aangebied word &#x2013; as &#x0027;t ware met &#x0027;n minusteken.</p>
			<p>S&#x00EA; die gedig iets wesenliks oor nood? Dit skets nood as &#x0027;n toestand van afwesigheid van die nodige persoon &#x2013; nodig h&#x00EA;, maar juis uit nodig h&#x00EA;, die nood ontken, verswyg &#x2013; <italic>nietemin</italic>. Die spreker wil die afwesigheid nie noem nie ter wille van die moontlikheid van &#x0027;n groter en langduriger afwesigheid. Om mekaar kwyt te raak bly &#x0027;n konstante gevaar. Die paradoks, vergestalt in die negativerings, is dat die nood ontken word juis ter wille van die nood &#x2013; ter wille van die behoefte aan (en die dreigende verlies van) die Ander.</p>
			<p>Die bekende re&#x00EB;l, &#x2018;dat skoonheid gebore word uit gemis&#x2019;, uit &#x2018;Die eerste nag&#x2019; uit Eybers se tweede bundel, <italic>Die stil avontuur</italic> (1939), is een van die aforismes waarmee Eybers se po&#x00EB;sie verklaar word (o.a. deur Jansen <xref ref-type="bibr" rid="cit0010">1996</xref>:300). Ook in ander gedigte kom die gedagte na vore dat skoonheid uit die negatiewe, die gemis en verlange, gebore word. So word die gemis, die verlange, wat die verwagtende vrou ervaar wanneer sy wonder oor haar kind se toekoms, met sterk negativering uitgedruk. Dit is opvallend in die laaste drie strofes van &#x2018;Sonnet&#x2019;, met my kursivering:<disp-quote>
					<p>SONNET</p>
					<p>Nou het ek jou reeds aarselend lief soos mens die <italic>on</italic>voltooide dinge sku bemin; jy is nog <italic>niks</italic> as droom, ekstase, wens, &#x0027;n lied wat ek <italic>nie</italic> duidelik kan versin.</p>
					<p>Ek ken jou <italic>nie</italic> en kan jou <italic>skaars</italic> vermoed maar dieper as die hamer van my hart wentel jou <italic>on</italic>geduld; ons deel &#x00E9;&#x00E9;n bloed en, vreemd verenig, bly ons tog apart. Wat sal di&#x00E9; dwase liefde later baat as ek jou ken en tog <italic>nie</italic> langer het, <italic>nie</italic> langer kan beskut teen alle kwaad en alle teerheid langsaamaan <italic>verdwyn</italic>?</p>
					<p>Die worsteling wat jou moet verlos is net die aanvang van die skeiding en die pyn.</p>
					<p>(uit <italic>Die vrou en ander verse</italic>, 1945; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:57)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die versigtige verwagting, die onsekerheid blyk uit woorde soos <italic>aarselend</italic>, <italic>sku</italic>, en <italic>skaars</italic>. Die nog onbekende werklikheid van die ongebore kind word uitgedruk met negatiewe soos <italic>onvoltooide</italic>, <italic>niks as droom</italic>, <italic>nie duidelik</italic>. Die kind word duidelik gemerk as optatief, teenfeitelik, <italic>skaars vermoed</italic>, met beelde soos &#x2018;droom, ekstase, wens, lied&#x2019; waarvan die kontoere nog nie duidelik is nie. Selfs die feitelike gegewe van die bewegings van die kind in die baarmoeder word met &#x0027;n negatief uitgedruk: &#x2018;wentel jou <italic>on</italic>geduld&#x2019; &#x2013; negatief gemerk omdat dit ook &#x0027;n veronderstelling van die spreker is.</p>
			<p>In die slot dink die spreker haar reeds in in die teenfeitelike toestand van skeiding en gemis as die kind volwasse geword het en sy hom &#x2018;nie langer kan beskut teen alle kwaad&#x2019;. Die komplekse verhouding tussen moeder en kind word met drie paradokse uitgedruk, nl. &#x2018;vreemd verenig, bly ons tog apart&#x2019;, &#x2018;die worsteling wat jou moet verlos&#x2019; en die paradoks van die worsteling van die geboorte wat &#x2018;net die aanvang van die skeiding en die pyn [<italic>is</italic>]&#x2019;.</p>
			<p>Die spreker beweeg van die kind as wens, via die kind as werklikheid, na die toekomstige toestand van skeiding en pyn. Die mymerende moeder roep met ander woorde met die negatiewe en paradokse drie verskillende teenfeitelike toestande op. Dit maak hierdie vroe&#x00EB; gedig van Eybers reeds kompleks en ryk aan implisiete betekenis.</p>
			<p>Negativering is veral belangrik om die finale skeiding en pyn &#x2013; die dood, vergetelheid &#x2013; uit te druk. Die dood is immers die finale ontkenning, die finale niks.</p>
		</sec>
		<sec id="S0006">
			<title>Negativering en die dood</title>
			<p>So word die dood inderdaad ook voorgestel in &#x2018;Antirevolusion&#x00EA;r&#x2019;:<disp-quote>
					<p>ANTIREVOLUSION&#x00CA;R</p>
					<p>Tot eenpersoonsuitwissing krimp die kreits&#x2026; Vreemde verkenning doen ek dig by huis en hoop maar dat my kleinkinders mag reis mensdomaanhangers, gaste oral tuis &#x2013; om breed en gretig om hulle heen te kyk, nie om die groot uitwissing te ontwyk.</p>
					<p>(<italic>Noodluik</italic> 1989; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:587)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die negativering is opvallend in die slotvers &#x2013; wat &#x0027;n dubbele betekenis het. Slaan dit op die spreker of op die kleinkinders van wie sy praat? Of op albei &#x2013; want n&#x00F3;g haar klein verkenning, n&#x00F3;g hulle wye reise kan hoop om die groot uitwissing vry te spring. Nie eens die dubbele negatief kan van die groot niks, die dood, &#x0027;n positief maak nie.</p>
			<p>In die gedig &#x2018;In memoriam sororis&#x2019; (uit <italic>Dryfsand</italic> 1985; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:515) word die dood eweneens met &#x0027;n reeks negativerings opgeroep, met my onderstreping:<disp-quote>
					<p>IN MEMORIAM SORORIS</p>
					<p>Onlangs het sy geskryf <italic>tot binnekort</italic> en sonder waarskuwing onbereikbaar geword.</p>
					<p>Terwyl ek as kind haar voorbeeld moes volg, het ek my gou genoeg eiesinnig daaraan onttrek.</p>
					<p>Deur opgroeigrille heen het ek aanvaar sy is die oudste en nie te ewenaar.</p>
					<p>Haar vingers kon my omkoop met musiek, met die heksery van Mozart, Schubert, Grieg.</p>
					<p>By langdurige naastediens het die melodie versterf, haar klavier in &#x0027;n later pastorie was &#x0027;n stigtelike nugter meubelstuk: elke vrou kies immers haar eie smal geluk.</p>
					<p>Hoe kan iemand wat so sorgsaam is eensklaps ons die kluts ontfutsel, onthutsend en ongepas?</p>
					<p>Ek was al weer nie daar nie en moet straks, as ek haar voorbeeld volg, in die duister tas.</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die suster het &#x2018;sonder waarskuwing onbereikbaar geword&#x2019; (vers 2). Wat die dood skokkend maak, is nie soseer die afwesigheid van die oudste suster nie, maar dat dit so onvanpas is &#x2013; vgl. strofe 7: &#x2018;Hoe kan iemand wat so sorgsaam is eensklaps/ ons die kluts ontfutsel, onthutsend en ongepas?&#x2019;</p>
			<p>Die drie negatiewe in die laaste vers druk die onvanpastheid sterk uit. &#x2018;Ons die kluts ontfutsel&#x2019; beteken dat die dood ons ons lewensbalans &#x2018;skelm of listig ontneem het&#x2019;. (Sterkenburg <xref ref-type="bibr" rid="cit0019">1994</xref> s.v. <italic>ontfutselen</italic>). <italic>Ontfutsel</italic> en <italic>ongepas</italic> (&#x2018;ondoelmatig&#x2019;, &#x2018;onbetaamlik&#x2019; volgens Van Dale) is meer Nederlands en stel die onvanpastheid van die dood dubbel voorop. Hierdie vermenging van Afrikaans en Nederlands in Eybers se later werk is dubbel po&#x00EB;ties: vreemd vir sowel Afrikaanse as Nederlandse lesers (Jansen <xref ref-type="bibr" rid="cit0010">1996</xref>:258).</p>
			<p>Die slotsom van die gedig onderstreep die realiteit van die naderende dood, maar klee dit negatief in, as &#x0027;n afwesigheid van die spreker &#x2013; &#x0027;n afwesigheid wat die duisterheid en onbekendheid van die dood beklemtoon: &#x2018;Ek was al weer nie daar nie en moet straks,/ as ek haar voorbeeld volg, in die duister tas.</p>
			<p>Ook in die &#x2018;Sonnette aan F.&#x2019; (uit <italic>Die vrou en ander verse</italic> 1945; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:77&#x2013;79) word die dood voorgestel met negatiewe &#x2013; &#x2018;jou nie-meer-wees&#x2019;, byvoorbeeld, maar soos elders in Eybers se werk, is die ergste van die dood dat die gesprek verbreek word &#x2013; dat die gestorwene niks meer kan meedeel nie. Dit is opvallend in die derde sonnet (my kursivering):<disp-quote>
					<p>III</p>
					<p>Omdat die end eensaam en vreeslik is bedink ons baie wat tot troos moet strek en hulle wat die antwoord reeds <italic>ont</italic>dek kan dit <italic>nie</italic> deel met hulle wat nog gis want <italic>n&#x00EA;rens</italic> is daar bymekaarkomplek tussen die w&#x00EA;relde van jou en my: oorkant die kloof van stilte wat ons skei kan <italic>geen</italic> geroep &#x0027;n dowwe weerklank wek, daar&#x0027;s <italic>niks</italic> wat die vertroulike gesprek wat <italic>on</italic>bedag en kosbaar soms <italic>ont</italic>vlam tussen di&#x00E9; wat hul hart noukeurig dek behalwe teen die enkele geesgenoot <italic>ooit weer</italic> kan opwek tussen my, verlam deur lewe, en jou, bevorder tot die dood.</p>
					<p>(Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:78)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die dood, as teenfeitelike toestand, word sterk met negatiewe opgeroep, en die implikasies van daardie negatiewe, wat o.a. die onkenbaarheid van die dood vir die lewendes beklemtoon, maak die verskrikking van die dood soveel erger.</p>
			<p>Die poging om die onkenbare dood met negatiewe uit te druk, hou verband met die uitdrukking van &#x0027;n ander Onkenbare. Negativering en God (of die Absolute) hang dikwels saam in Eybers se werk.</p>
		</sec>
		<sec id="S0007">
			<title>Negativering en die absolute &#x2013; God en religie</title>
			<p>Opperman (1962):372) se stellige uitspraak dat Eybers &#x2018;geen sin vir die &#x201C;religieuse soeke&#x201D; besit nie,&#x2019; lyk my nogal twyfelagtig in die lig van die idee dat die onkenbare net negatief uitgedruk kan word. In die Nederlandse onderhoude (Jansen <xref ref-type="bibr" rid="cit0010">1996</xref>: 123&#x2013;125) het Eybers verduidelik dat sy haar losgemaak het van haar Calvinistiese opvoeding en agnosties geword het. Oor die lewe na die dood s&#x00EA; sy aan Guus Middag (bl. 162) &#x2018;dat dit iets is waarvan jy niks weet nie en waarvan jy ook niks k&#x00E1;n weet nie&#x2019;. God of &#x0027;n skeppende mag, meen sy, &#x2018;kan ons nie begryp nie&#x2019;, en sy vervolg: &#x2018;Ek s&#x00EA; nie dat die onsterflike siel nie bestaan nie, maar jy kan jou daar geen voorstelling van maak nie&#x2019;. Teenoor Jansen self het sy bely:<disp-quote>
					<p>&#x2026; ek wil nie s&#x00EA; ek is ongelowig nie, want ek sal nooit s&#x00EA; dat ek die moontlikheid van die bestaan van die Godheid ontken nie, maar ek het nie meer daardie kinderlike geloof, en, eerlik ges&#x00EA;, ek het absoluut geen verwagting van &#x0027;n hiernamaals nie. (bl. 164)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Hierdie uitsprake van Eybers is opvallend vol negatiewe. Oor God, die lewe na die dood en die onsterflike siel kan net in negatiewe gepraat word. God word inderdaad soms in Eybers se po&#x00EB;sie voorgestel as die Een wat alle menslike bedenksels transendeer, en daarom noodwendig negatief bedink moet word.</p>
			<p>Een heel eksplisiete voorbeeld daarvan is &#x2018;Miskien&#x2019;:<disp-quote>
					<p>MISKIEN</p>
					<p>Die saaiste deugde wat jy kan bedink &#x2013; uithouvermo&#x00EB;, self<italic>ont</italic>segging &#x2013; blyk ten slotte dwingend, kan <italic>nie</italic> meer <italic>ont</italic>wyk word wanneer elke tinteling versink.</p>
					<p>
						<italic>On</italic>wrikbare voorbeskikking kom straks uit, die allesweters wis t&#x00F3;g, sal jy sien sodra jou sin en sintuie faal. Miskien is dit God self waarop jy eindelik stuit: die hi&#x00EB;roglief vir alles wat begrip en definisie uittart en <italic>ont</italic>glip.</p>
					<p>Maar wat vir j&#x00F3;&#x00FA; aan hierdie denkbeeld raak het iets met liefde en musiek te maak.&#x2019;</p>
					<p>(uit <italic>Rymdwang</italic>, 1987; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:535; my kursivering)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>God as &#x2018;die hi&#x00EB;roglief vir alles wat begrip en definisie uittart en ontglip&#x2019; is die punt wat bereik word &#x2018;sodra jou sin en sintuie faal&#x2019;. Tog stel die spreker in die slotstrofe &#x0027;n alternatiewe siening van God daarteenoor &#x2013; as iets wat met liefde en musiek te make het.</p>
			<p>Die noue samehang tussen negativering en die uitbeelding van die goddelike is duidelik in &#x0027;n vroe&#x00EB; gedig van Eybers, nl. &#x2018;Nirvana&#x2019;, met my kursivering:<disp-quote>
					<p>NIRVANA</p>
					<p>Die mens se droom van salige Nirvana was eenmaal werklikheid: daar was <italic>geen</italic> haat; daar was <italic>geen</italic> droefheid oor die heengegane; daar was <italic>niks</italic> om te wen of te verlaat.</p>
					<p>Daar was <italic>geen</italic> liefde as net die blinde smagting waarmee &#x0027;n skulp hom vassuig aan &#x0027;n rots in branding<italic>lose</italic> veiligheid; verwagting en angs het <italic>nooit</italic> in daardie see geklots.</p>
					<p>Sy lewe, deur <italic>geen</italic> ruimtegrens geraak, was vreemd en tyde<italic>loos</italic> in die diepe skoot; deur ewige stilte en duisternis bewaak het sy gestalte langsaam oopgevou en <italic>niks</italic> wat hom geskei het van die dood as slegs die donker drome van &#x0027;n vrou.</p>
					<p>(uit <italic>Die vrou en ander verse</italic> 1945; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:52)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Met opvallend baie negatiewe word die voorgeboortelike toestand hier beskryf &#x2013; <italic>geen</italic> haat, <italic>geen</italic> liefde, <italic>geen</italic> verlange, <italic>geen</italic> begrip van ruimte of tyd nie &#x2013; ook amper <italic>geen</italic> lewe nie &#x2013; of ten minste iets wat nouliks onderskei kan word van die dood. Die voorgeboortelike toestand vorm &#x0027;n baie sterk alternatiewe werklikheid.</p>
			<p>Juis in hierdie beskrywing van die kind veilig in die moederskoot &#x2013; in skerp kontras met die gewone lewe met sy angste, drange en begeertes &#x2013; sien ek by Eybers wel &#x0027;n metafisiese verlange. Die gedig suggereer dat die nirvana-toestand juis &#x0027;n metafisiese toestand van die negatief is. Ook op ander plekke word geboorte en dood voorgestel as &#x0027;n instort in die lewe in uit &#x0027;n geluksalige toestand en die dood as &#x0027;n terugkeer daarheen. Opperman (<xref ref-type="bibr" rid="cit0016">1953</xref>) se stelling moet dus genuanseer word.</p>
			<p>Verdere steun vir hierdie argument is, onder andere, te vinde in die gedig &#x2018;Terug&#x2019; (uit <italic>Einder</italic> 1977; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:433) waarin die digter spekuleer oor die herkoms en bestemming van die lewe. Die slotsom van die gedig bevat &#x0027;n interessante negatief (die digter se kursivering): &#x2018;Van herkoms en bestemming weet/ ons dat dit God &#x2013; of <italic>God weet</italic> &#x2013; heet.&#x2019;</p>
			<p>
				<italic>God weet</italic> is &#x0027;n semantiese ontkenning wat nie sintakties of morfologies gemerk is nie. Van Dale (Sterkenburg <xref ref-type="bibr" rid="cit0019">1994</xref>) verklaar dit as &#x0027;n &#x2018;uitdrukking van onsekerheid&#x2019;. As ontkenning is dit egter ryk aan implikasies wat die ander woorde waarmee dit rym &#x2013; <italic>weet</italic> en <italic>heet</italic> &#x2013; ontken en daardeur alle menslike pogings om te ken en te benoem, in twyfel trek.</p>
			<p>Die gedig van Eybers wat moontlik die naaste aan die mistieke kom, is &#x2018;Uitsig op die kade&#x2019;:<disp-quote>
					<p>UITSIG OP DIE KADE</p>
					<p>
						<italic>Nouliks</italic> vertolkbaar wat hulle my vertel, spreeus, eksters, meeue, eende, kraaie, al die ywerige dagloners op die wal, die reier so <italic>afgetrokke</italic> opgestel.</p>
					<p>Ek <italic>mis</italic> myself <italic>steeds minder</italic>. Ek bedoel: as steeds meer buitedinge my gaan boei dan <italic>sintels</italic> van inwendige gevoel tintel dit of ek <italic>selfafstotend</italic> groei.</p>
					<p>
						<italic>Vermindering</italic> neem waarneembaar toe. Ek hoop om te voldoen aan die <italic>omgekeerde bloei</italic> en <italic>leeg genoeg te loop</italic> om vol te loop met wat vanuit hierbuite binnevloei.</p>
					<p>(uit <italic>Respyt</italic> 1993; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:626)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die woorde wat ek gekursiveer het, is nie soseer negatief van betekenis nie, maar druk eerder &#x0027;n polariteit van vermindering uit. Die gedig werk met negativerende woorde eerder as met gewone morfologiese of sintaktiese ontkenning. &#x0027;n Sin soos &#x2018;ek mis myself steeds minder&#x2019; kom neer op &#x0027;n verdere ontkenning (<italic>steeds minder</italic>) van wat reeds &#x0027;n negatiewe woord is (<italic>mis</italic>). <italic>Sintels</italic> is ook &#x0027;n negatiewe beeld: van die emosie bly net uitgebrande reste soos van uitgebrande steenkool oor. Wat minder word, word meer &#x2013; &#x0027;n gedagte wat vasgevang word in die frase <italic>omgekeerde bloei</italic>, wat die vermindering deur die &#x2018;choreografie van ontwyking&#x2019; paradoksaal omvorm tot wat tog &#x0027;n soort bloei is. Om &#x2018;leeg genoeg te loop om vol te loop&#x2019; is mistieke taal vir die leegmaak van die self wat paradoksaal ook &#x0027;n volheid word. Ook deur die ander paradokse van vermindering wat &#x0027;n vermeerdering is en &#x0027;n afname wat &#x0027;n toename is (<italic>omgekeerde bloei</italic>) volg Eybers hier die <italic>via negativa</italic> om die onuitspreeklike uitgedruk te kry.</p>
		</sec>
		<sec id="S0008">
			<title>Slotsom: Negativering en Eybers se po&#x00EB;tika</title>
			<p>Reeds uit die poging om verlange, die dood, God, die Absolute uit te druk &#x2013; dit wat eintlik nie (of amper nie) in woorde uitgedruk kan word nie &#x2013; blyk dat negativering by Eybers ook te doen het met randverskynsels &#x2013; die s&#x00EA; van dinge in &#x0027;n tussentoestand of randtoestand. Een voorbeeld wat &#x0027;n mens hiervan kan noem, is &#x2018;Soeklig&#x2019;, met my kursivering:<disp-quote>
					<p>SOEKLIG</p>
					<p>Donker is <italic>n&#x00EA;rens</italic> donkerder dan langs die soom van lig, <italic>on</italic>peilbaarheid flankeer die gloed op <italic>waan</italic>doelwit gerig. Lynreg en kompromis<italic>loos</italic> moet die <italic>on</italic>versadigbare straal b&#x00F3;&#x00F3;r, vurig uitvors en bepaal, die digtheid van die immerbuur wat hom uitdaag en voed verduur.</p>
					<p>(<italic>Einder</italic> 1977; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:425)</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Die straal van die soeklig word o.m. met negatiewe beskryf as <italic>lynreg en kompromisloos</italic>, as <italic>onversadigbaar</italic>. Maar dit word <italic>[ge]flankeer</italic> deur <italic>onpeilbaarheid</italic>. Daar ontstaan &#x0027;n soort gesprek tussen die straal en dit wat hom omring &#x2013; &#x2018;donker is n&#x00EA;rens donkerder / dan langs die soom van lig&#x2019;. Die sin en die ontkenning daarvan is in gesprek met mekaar, daag mekaar uit, voed mekaar, soos uit die slotverse blyk.</p>
			<p>Iets soortgelyks tref &#x0027;n mens aan in &#x2018;Te&#x00EB;spraak&#x2019; &#x2013; die programgedig voor in <italic>Respyt</italic> (1993; Eybers <xref ref-type="bibr" rid="cit0008">2004</xref>:603). Dit bevat &#x0027;n hele lys negativerings &#x2013; ondraaglike dinge, dinge wat geen reg het om te bestaan nie, gebeure &#x2018;wat eerder ontken moet word of genegeer&#x2019; (met my kursivering):<disp-quote>
					<p>TE&#x00CB;SPRAAK</p>
					<p>Mens dig noodgedwongener oor <italic>on</italic>draaglike dinge of dinge wat eintlik <italic>geen</italic> reg het om te bestaan, gebeure wat eerder <italic>ont</italic>ken moet word of <italic>genegeer</italic> &#x2013; maklik ges&#x00EA; en <italic>nie</italic> minder maklik gedaan</p>
					<p>
						<italic>tensy</italic> jy hul tog in die oog kyk, betas en takseer en met steeds ondernemender woordegegogel besweer. <italic>On</italic>draaglikheid, <italic>on</italic>bestaanbaarheid tel dan nie meer behalwe as prikkel om <italic>te&#x00EB;spraak</italic> aan te gaan.</p>
				</disp-quote>
			</p>
			<p>Wat is die antwoord op hierdie negatiewe dinge? &#x2018;Steeds ondernemender woordegegogel&#x2019; word dit genoem &#x2013; met ander woorde, skryf, die po&#x00EB;sie self. Die po&#x00EB;sie is &#x0027;n spel en gego&#x00EB;l met woorde wat meevoerend en betowerend is, maar dalk ook &#x0027;n gegorrel, &#x0027;n sinlose gepraat, &#x0027;n gebrabbel. Die negativering in die twee slotverse spreek o&#x00EB;nskynlik die ondraaglikheid en onbestaanbaarheid teen &#x2013; maar hou dit terselfdertyd nadruklik in stand deur dit weer &#x2013; en weer met negatiewe &#x2013; te benoem. Dit word in die gedig se woordegegogel onuitwisbaar vasgevang.</p>
			<p>Die idee van te&#x00EB;spraak word hier vooropgestel. Eybers skryf teen die ondraaglikheid in &#x2013; in teenspraak daarmee &#x2013; maar op soek na &#x0027;n alternatief. Op soek na die ontkenning van die ondraaglike &#x2013; die verlange, ouer word, die dood, die pyn en ellende. In hierdie sin is negativering kreatief &#x2013; dit dwing tot die soek na alternatiewe, na uitkomkans, na die anders rangskik van woorde. Hierdie proses kan saamgevat word as &#x0027;n &#x2018;choreografie van ontwyking&#x2019;. Daarmee wil ek beweer dat negativering nie maar &#x0027;n interessante verskynsel in Eybers se po&#x00EB;sie is nie &#x2013; maar die onmisbare voorwaarde daarvan uitmaak. Negativering is immers &#x0027;n uitdrukking van die besef dat die lewe onvolmaak is en maak &#x0027;n wesenlike deel uit van Eybers se po&#x00EB;tika van afstroping, vermindering en verstrakking. Haar werk munt uit in die oproep van alternatiewe vir die gewone w&#x00EA;reld. Uiteindelik is negativering in Eybers se werk ook &#x0027;n &#x2018;natuurlike&#x2019; manier om die onuitspreeklike mee uit te spreek.</p>
		</sec>
		<sec id="S0009">
			<title>Erkennings</title>
			<sec id="S20010">
				<title>Mededingende belange</title>
				<p>Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansi&#x00EB;le of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon be&#x00EF;nvloed het in die skryf van hierdie artikel nie.</p>
			</sec>
		</sec>
	</body>
	<back>
		<ref-list id="references"><title>Literatuurverwysing</title>
<ref id="cit0001"><mixed-citation publication-type="conference"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Britz</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1971</year>, <article-title>&#x2018;Die paradoks in die po&#x00EB;sie, met verwysing na Elisabeth Eybers&#x2019;</article-title>, <comment>MA-skripsie</comment>, <publisher-name>Universiteit van Stellenbosch</publisher-name>, <conf-loc>Stellenbosch</conf-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0002"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Brook</surname>, <given-names>C.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, <source><italic>The expression of the inexpressible in Eugenio Montale&#x0027;s poetry; metaphor, negation, and silence</italic></source>, <publisher-name>Clarendon Press</publisher-name>, <publisher-loc>Oxford</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Cloete</surname>, <given-names>T.T.</given-names></string-name></person-group>, <year>1970</year>, <chapter-title>&#x2018;Elisabeth Eybers se po&#x00EB;sie vroulik?&#x2019;</chapter-title>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>T.</given-names> <surname>Cloete</surname></string-name></person-group> (red.), <source><italic>Kaneel</italic></source>, bl. <fpage>29</fpage>&#x2013;<lpage>34</lpage>, <publisher-name>Nasionale Boekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0004"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Dahl</surname>, <given-names>O.</given-names></string-name></person-group>, <year>2010</year>, <chapter-title>&#x2018;Typology of negation&#x2019;</chapter-title>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>L.</given-names> <surname>Horn</surname></string-name></person-group> (ed.), <source><italic>The expression of negation</italic>: <italic>The expression of cognitive categories</italic></source>, pp. <fpage>9</fpage>&#x2013;<lpage>38</lpage>, <publisher-name>De Gruyter Mouton</publisher-name>, <publisher-loc>Berlin, New York</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Downing</surname>, <given-names>L.H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, <article-title>&#x2018;Creating things that are not: The role of negation in the poetry of Wislawa Szymborska&#x2019;</article-title>, <source><italic>Journal of Literary Semantics</italic></source> <volume>31</volume>, <fpage>13</fpage>&#x2013;<lpage>132</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1515/jlse.2002.012">http://dx.doi.org/10.1515/jlse.2002.012</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="cit0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Ester</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1994</year>, <article-title>&#x2018;De interne en de externe po&#x00EB;tica van Elisabeth Eybers&#x2019;</article-title>, <source><italic>Tydskrif vir Letterkunde</italic></source> <volume>32</volume>(<issue>3</issue>), <month>Augustus</month>, <fpage>27</fpage>&#x2013;<lpage>35</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0007"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eybers</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1978</year>, <source><italic>Voetpad van verkenning: Kritiese opstelle</italic></source>, red. <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>J.C.</given-names> <surname>Kannemeyer</surname></string-name></person-group>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Eybers</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>2004</year>, <source><italic>Versamelde gedigte</italic></source>, <edition>3de uitgebr. uitg</edition>, <publisher-name>Kaapstad, Human &#x0026; Rousseau en Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0009"><mixed-citation publication-type="conference"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Gouws</surname>, <given-names>S.M.</given-names></string-name></person-group>, <year>1979</year>, <article-title>&#x2018;Die afstropingsmotief in die po&#x00EB;sie van Elisabeth Eybers&#x2019;</article-title>, <publisher-name>MA-verh., PU vir CHO</publisher-name>, <conf-loc>Potchefstroom</conf-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0010"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Jansen</surname>, <given-names>E.</given-names></string-name></person-group>, <year>1996</year>, <source><italic>Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam</italic></source>, <publisher-name>J.L. van Schaik Akademies</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0011"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Kannemeyer</surname>, <given-names>J.C.</given-names></string-name></person-group>, <year>1995</year>, <source><italic>Die gespitste binneblik: &#x0027;n Opstel oor die po&#x00EB;tika van Elisabeth Eybers by geleentheid van haar tagtigste verjaardag op 26 Februarie 1995</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0012"><mixed-citation publication-type="conference"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Marechera</surname>, <given-names>D.</given-names></string-name></person-group>, <year>1990</year>, <source><italic>The black outsider</italic></source>, <comment>comp. and ed</comment>. <publisher-name>Flora Veit-Wild, Boabab Books</publisher-name>, <conf-loc>Harare</conf-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0013"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>McLoughlin</surname>, <given-names>N.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, <article-title>&#x2018;Negative polarity in Eavan Boland&#x0027;s &#x201C;The Famine Road&#x201D;&#x2019;</article-title>, <source><italic>New Writing: The International Journal for the Practice &#x0026; Theory of Creative Writing</italic></source> <volume>10</volume>, <fpage>219</fpage>&#x2013;<lpage>227</lpage>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0014"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Nahajec</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name></person-group>, <year>2009</year>, <article-title>&#x2018;Negation and the creation of implicit meaning in poetry&#x2019;</article-title>, <source><italic>Language &#x0026; Literature</italic></source> <volume>18</volume>, <fpage>109</fpage>&#x2013;<lpage>127</lpage>. <comment><ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.1177/0963947009105340">http://dx.doi.org/10.1177/0963947009105340</ext-link></comment></mixed-citation></ref>
<ref id="cit0015"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Odendal</surname>, <given-names>F.F.</given-names></string-name>, &#x0026; <string-name><surname>Gouws</surname>, <given-names>R.H.</given-names></string-name></person-group>, <year>2005</year>, <source><italic>Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse Taal</italic></source>, <edition>3de uitg</edition>, <publisher-name>Pearson Education South Africa</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0016"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Opperman</surname>, <given-names>D.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>1953</year>, <source><italic>Digters van dertig</italic></source>, <edition>3de druk</edition>, <publisher-name>Nasionale Boekhandel</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0017"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Pretorius</surname>, <given-names>R.</given-names></string-name></person-group>, <year>1986</year>, <chapter-title>&#x2018;&#x201C;Wespark&#x201D;: Ironie as po&#x00EB;tiese middel&#x2019;</chapter-title>, in <person-group person-group-type="editor"><string-name><given-names>R.</given-names> <surname>Pretorius</surname></string-name></person-group> (red.), <source><italic>Ryk domeine: Opstelle oor die Afrikaanse po&#x00EB;sie</italic></source>, pp. <fpage>105</fpage>&#x2013;<lpage>117</lpage>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad/Pretoria</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0018"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Riffaterre</surname>, <given-names>M.</given-names></string-name></person-group>, <year>1980</year>, <source><italic>Semiotics of poetry: Advances in semiotics</italic></source>, <publisher-name>Methuen</publisher-name>, <publisher-loc>London</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="cit0019"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Sterkenburg</surname>, <given-names>P.G.J.</given-names></string-name></person-group>, <year>1994</year>, <source><italic>Van Dale handwoordenboek van hedendaags Nederlands</italic></source>, <publisher-name>Van Dale Lexicografie</publisher-name>, <publisher-loc>Utrecht/Antwerpen</publisher-loc>.</mixed-citation></ref></ref-list></back></article>
