<?xml version="1.0" encoding="UTF-8"?>
<!DOCTYPE article PUBLIC "-//NLM//DTD JATS (Z39.96) Journal Publishing DTD v1.1d1 20130915//EN" "http://jats.nlm.nih.gov/publishing/1.1d1/JATS-journalpublishing1.dtd">
<article xmlns:xlink="http://www.w3.org/1999/xlink" xmlns:mml="http://www.w3.org/1998/Math/MathML" article-type="book-review" xml:lang="af">
<front>
<journal-meta>
<journal-id journal-id-type="publisher-id">LIT</journal-id>
<journal-title-group>
<journal-title>LITERATOR JOURNAL OF LITERARY CRITICISM, COMPARATIVE LINGUISTICS AND LITERARY STUDIES</journal-title>
</journal-title-group>
<issn pub-type="ppub">0258-2279</issn>
<issn pub-type="epub">2219-8237</issn>
<publisher>
<publisher-name>AOSIS OpenJournals</publisher-name>
</publisher>
</journal-meta>
<article-meta>
<article-id pub-id-type="publisher-id">LIT-36-1124</article-id>
<article-id pub-id-type="doi">10.4102/lit.v36i1.1124</article-id>
<article-categories>
<subj-group subj-group-type="heading">
<subject>Boekresensie</subject>
</subj-group>
</article-categories>
<title-group>
<article-title>Die groot maroelas</article-title>
</title-group>
<contrib-group>
<contrib contrib-type="author" corresp="yes">
<name>
<surname>Lemmer</surname>
<given-names>Erika</given-names>
</name>
<xref ref-type="aff" rid="AF0001">1</xref>
</contrib>
<aff id="AF0001"><label>1</label>Department of Afrikaans and Theory of Literature, University of South Africa, South Africa</aff>
</contrib-group>
<author-notes>
<corresp id="cor1"><bold>Email:</bold> <email xlink:href="lemmee@unisa.ac.za">lemmee@unisa.ac.za</email>, <bold>Postal address:</bold> PO Box 392, Pretoria 0003, South Africa</corresp>
<fn>
<p><bold>How to cite this book review:</bold> Lemmer, E., 2015, &#x2018;Die groot maroelas&#x2019;, <italic>Literator</italic> 36(1), Art. #1124, 2 pages. <ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1124">http://dx.doi.org/10.4102/lit.v36i1.1124</ext-link></p>
</fn>
</author-notes>
<pub-date pub-type="epub">
<day>15</day>
<month>06</month>
<year>2015</year>
</pub-date>
<pub-date pub-type="collection">
<year>2015</year>
</pub-date>
<volume>36</volume>
<issue>1</issue>
<fpage>1</fpage>
<lpage>2</lpage>
<product product-type="book"><source>Die groot maroelas</source><inline-graphic id="F0001" xlink:href="LIT-36-1124-g001.tif"/><person-group person-group-type="author"><name><surname>Immelman</surname><given-names>Doc</given-names></name></person-group><isbn>978-1-86919-439-0</isbn><publisher-name>Pretoria Boekhuis</publisher-name>, <publisher-loc>Pretoria</publisher-loc>, <year>2011</year>, <comment>260 pp. ZAR140.00*</comment><comment>*, Book price at time of review</comment></product>
<permissions>
<copyright-statement>&#x00A9; 2015. The Authors</copyright-statement>
<copyright-year>2015</copyright-year>
<license license-type="open-access" xlink:href="http://creativecommons.org/licenses/by/2.0/">
<license-p>AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License.</license-p>
</license>
</permissions>
</article-meta>
</front>
<body>
<p>Daniel Ferdinand (Doc) Immelman (1928&#x2013;2013) se tekste verwoord deurgaans die <italic>genius loci,</italic> die gevoelstemming<italic>,</italic> die onsigbare gees van die ou Suidwes-Afrika (vandag Namibi&#x00EB;). Met <italic>Die groot maroelas</italic> (heruitgegee deur Protea Boekhuis in 2011) is dit dan ook nie anders gesteld nie. Op die kleurryke Immelman se amptelike webtuiste (<ext-link ext-link-type="uri" xlink:href="http://www.docimmelman.com">http://www.docimmelman.com</ext-link>) verwoord sy dogters hulle pa se intieme vereenselwiging met di&#x00E9; land soos volg:<disp-quote><p>&#x2018;n Suidwester in been en bloed, hart en siel. Ons pa is aanmekaargeweef van kameeldoringhout en rooi duinesand, van salpeter op &#x2019;n perd se nek, van die vaal Suidwes-winterveld, die blou-blou lug, van koedoebiltong en potgebraaide springbokboud, van kampvuur onder die suider-sterrehemel en van duisende woorde en sinne en stories.</p></disp-quote></p>
<p>Doc Immelman word saam met Christiaan Bakkes en Piet van Rooyen wyd beskou as die Afrikaanse &#x2018;Suidwes-skrywers&#x2019; (Smith <xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2002</xref>:6). Immelman word meermale die &#x2018;Hemingway van Namibi&#x00EB;&#x2019; genoem (La Vita <xref ref-type="bibr" rid="CIT0002">1994</xref>:18). Hy erken in &#x2018;n onderhoud met Smith (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0006">2002</xref>:6) ook dat hy terde&#x00EB; be&#x00EF;nvloed is deur skrywers soos De Maupassant, Hemingway en Steinbeck en beskryf sy liefde vir Namibi&#x00EB; as iets wat grens aan hartstog en jaloesie. Van Rooyen (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2002</xref>) meen selfs dat hierdie tekste grootliks bygedra het tot die vorming van leserspersepsies oor die omgewing en geskiedenis van die ou Suidwes-Afrika.</p>
<p>Immelman se uitgebreide oeuvre bestryk volgens Rousseau (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0004">2009</xref>:12, 2013:5) meer as 40 romans, 140 kortverhale, 10 vervolgverhale, 300 artikels, 2000 koerantrubrieke asook sketse onder sy eie naam of onder skuilname (soos bv. Rya Avenant).</p>
<p>Van Rooyen (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2002</xref>) toon aan dat die waarskynlikste lesers van Immelman se fiksie wit Afrikaanse tienerseuns tussen die ouderdomme van 13&#x2013;18 jaar is, maar dat dit ook sal spreek tot volwassenes wat verhale in die tradisie van die Amerikaanse &#x2018;<italic>western</italic>&#x2019; verkies. Hy vergelyk die avontuur- en jagverhale van Immelman met die &#x2018;<italic>frontier fiction</italic>&#x2019; van Amerika en munt die term &#x2018;oor-grens&#x2019;-fiksie met verwysing na Immelman se tekste: juis omdat die karakters dikwels &#x2018;n reis na onbekende terrein onderneem, maar terselfdertyd ook &#x2018;n simboliese reis na &#x2018;die ongekarteerde ruimtes van die gedagtew&#x00EA;reld&#x2019; (Van Rooyen <xref ref-type="bibr" rid="CIT0008">2002</xref>).</p>
<p><italic>Die groot maroelas</italic> speel af op die beesplaas Omugongo naby Tsumeb in die ou Suidwes. Die plaas word bewoon deur die Wagner-gesin (bestaande uit Hans, Bettie en hulle tienerkinders, Petrus en Heidi) asook hulle Ovambo-arbeiders. Op die buurplaas, Toekoms, woon die wewenaar Gert Cloete en sy dogter, Martie. Cloete het voorheen in Angola geboer en wanneer Petrus neerhalend na die gesin as &#x2018;die Angolas&#x2019; (2011:24) verwys, word hy deur sy pa tereggewys. Bettie Wagner ontferm haar oor die buurdogter en nooi die Cloetes soms oor vir ete. Petrus raak in die proses, voorspelbaar genoeg, verlief op Martie Cloete. Ten spye van die tydelike bedreiging van die Engelse miljoen&#x00EA;rsdogter, June Foulkes, eindig die teks met Petrus en Martie wat hulle liefde aan mekaar verklaar.</p>
<p>Die verhaalgebeure in <italic>Die groot maroelas</italic> sentreer rondom die stryd tussen Petrus Wagner en die jong leeumannetjie wat (in die openingstoneel van die teks) sy pa se been so beseer dat laasgenoemde daarna toenemend sukkel om sy boerderyverpligtinge na te kom. Die leeumannetjie word tydens di&#x00E9; skermutseling met Hans Wagner gekwes en word daarna uitgeken aan sy af oor. In verskeie insidente van beesvangery asook die aanval op Gert Cloete word die afoorleeu weer ge&#x00EF;mpliseer.</p>
<p>Die veertienjarige Petrus is &#x2018;n kranige jagter en met sy splinternuwe Mauser skiet hy koedoes by die mielielande (en eenmaal verkeerdelik ook sonder permit &#x2018;n eland). Di&#x00E9; jagsessies word deurentyd geregverdig deur klem te l&#x00EA; op verantwoordelike jagpraktyke en die vleis word agterna altyd tussen die jagter en sy handlangers verdeel. Wanneer die aanstellerige Richard Foulkes vir Petrus uitdaag om sy jagvernuf ten toon te stel deur &#x2018;n horingbekvo&#x00EB;l te skiet, wys Petrus hom op die sinneloosheid van die daad en bied aan om eerder die tak onder die vo&#x00EB;l uit te skiet: &#x2018;Toe die skoot dreun, ruk die tak van die boom en die horingbekvo&#x00EB;l vlieg skreeuend weg&#x2019; Die jong afoorleeu bly egter vir Petrus oor &#x2018;n periode van drie na vier jaar ontwyk en by meer as een geleentheid word hy deur die leeumannetjie uitoorl&#x00EA;.</p>
<p>Hennie Aucamp (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0001">1999</xref>:381) verklaar in <italic>Wys my waar is Timboektoe: &#x2018;n Persoonlike reis deur Afrika</italic> met verwysing na een van Henk Rall (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1991</xref>) se ikoniese jagverhale (&#x2018;Omba muungu&#x2019;) dat talle jagverhale op twee vlakke afspeel; enersyds feitelik (soos by P.J. Schoeman en Sangiro), maar andersyds ook metafisies, aangesien die eintlike jag in die gemoed van die jagter afspeel. Op een vlak is daar dus die tweestryd met die jong leeu, maar op &#x2018;n ander vlak sinjaleer die skiet van die leeu &#x2018;n deurgangsrite: &#x2018;n volwassewording van seun na man. Visagie (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0009">2000</xref>) wys immers op die moontlikheid dat geweld (oorlog en jag) as een van die wesenlike grondstene beskou kan word waarop manlike subjektiwiteit gekonstrueer word.</p>
<p>In sy voorwoord tot Henk Rall (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0003">1991</xref>) se <italic>Jagtye:</italic> &#x2018;n<italic> Keur van jagervarings uit Suider-Afrika</italic> voer Henk van Dyk, &#x2018;n voormalige president van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging, aan dat daardie tekste waarin daar &#x2018;respek&#x2019; vir die dier getoon word, juis om daardie rede besondere gevoelswaarde het. Wanneer Petrus uiteindelik die leeu in die slottoneel skiet, blyk dit dat die dier se gekweste oor al weggevreet is deur die maaiers en dat hy in ondraaglike pyn moes verkeer:<disp-quote><p>En meteens is Petrus bly. Bly dat hy hierdie arme dier uit sy pyn en lyding en ellende verlos het. Sal hy die vel wil afslag? Nee, hierdie vel wil hy nie h&#x00EA; nie. Hy wil nie onthou hoe hierdie dier gely het nie. (bl. 259)</p></disp-quote></p>
<p>Petrus se respek vir die leeumannetjie word weer bevestig wanneer hy op Martie se opmerking dat dit &#x2018;wonderlik&#x2019; is dat hy die leeu geskiet het, somber antwoord: &#x2018;Dit was nie wonderlik nie&#x2019;.</p>
<p>Soos met die meeste herdrukke van ouer tekste, blyk die gedateerde verwysingsraamwerk van die teks onder meer uit die konserwatiewe gewoontes van die karakters asook die talle paternaliserende verwysings na die plaasarbeiders. Protea Boekhuis het reeds talle van Immelman se bekendste titels (soos <italic>Kurt Mauser, Die bul van Kashimbo en Die wit hings van die Namib</italic>) herdruk en noop lesers in die proses om di&#x00E9; tekste te herwaardeer as argiewe waarin verlore w&#x00EA;relde vasgel&#x00EA; word. By hierdie storieverteller se afsterwe in Maart 2013 bring die uitgewer, Nicol Stassen (<xref ref-type="bibr" rid="CIT0007">2013</xref>:143), soos volg hulde aan die legendariese Doc Immelman: &#x2018;Die woorde &#x201C;wanneer &#x2018;n ou man in Afrika sterf, gaan &#x2018;n hele biblioteek verlore&#x201D;, geld beslis vir Doc&#x2019;.</p>
<p>Ten slotte: di&#x00E9; heruitgawe sal waarskynlik die meeste byval vind by geharde Immelman-lesers. Die gedateerde verwysingsraamwerk waarna hierbo verwys is, mag ongelukkig dalk in die pad staan van potensi&#x00EB;le nuwe volgelinge.</p>
</body>
<back>
<ref-list id="reference">
<title>Literatuurverwysings</title>
<ref id="CIT0001"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Aucamp</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1999</year>, <source><italic>Wys my waar is Timboektoe</italic>: &#x2018;n <italic>Persoonlike reis deur Afrika</italic></source>, <publisher-name>Tafelberg</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0002"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>La Vita</surname>, <given-names>M.</given-names></string-name></person-group>, <year>1994</year>, &#x2018;<article-title>Hemingway van Namibi&#x00EB;</article-title>&#x2019;, <source><italic>Keur</italic></source>, <comment>19 Augustus, bl. 18</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0003"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rall</surname>, <given-names>H.</given-names></string-name></person-group>, <year>1991</year>, <source><italic>Jagtye:</italic> &#x2018;<italic>n Keur uit jagervarings uit Suider-Afrika</italic></source>, <publisher-name>Human &#x0026; Rousseau</publisher-name>, <publisher-loc>Kaapstad</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0004"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rousseau</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name></person-group>, <year>2009</year>, &#x2018;<article-title>Lewende legende</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Burger</italic></source>, <comment>8 Augustus, bl. 12</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0005"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Rousseau</surname>, <given-names>L.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>N&#x00F3;&#x00F3;it weer iemand soos Doc</article-title>&#x2019;, <source><italic>By</italic></source>, <comment>16 Maart, bl. 5</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0006"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Smith</surname>, <given-names>C.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, &#x2018;<article-title>Taaie Doc nog vol stories</article-title>&#x2019;, <source><italic>Die Burger</italic></source>, <comment>09 Desember, bl. 6</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0007"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Stassen</surname>, <given-names>N.</given-names></string-name></person-group>, <year>2013</year>, &#x2018;<article-title>&#x2018;n Hele biblioteek verlore</article-title>&#x2019;, <source><italic>Weg</italic></source>, <comment>Junie 2013, bl. 143</comment>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0008"><mixed-citation publication-type="book"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Van Rooyen</surname>, <given-names>P.</given-names></string-name></person-group>, <year>2002</year>, &#x2018;<chapter-title>Doc Immelman in Namibies-Afrikaanse letterkunde: &#x2018;n Analise van rasse- en genderstereotipering in sy werk</chapter-title>&#x2019;, <publisher-name>MA-verhandeling, Universiteit van Namibi&#x00EB;</publisher-name>, <publisher-loc>Windhoek</publisher-loc>.</mixed-citation></ref>
<ref id="CIT0009"><mixed-citation publication-type="journal"><person-group person-group-type="author"><string-name><surname>Visagie</surname>, <given-names>A.</given-names></string-name></person-group>, <year>2000</year>, &#x2018;<article-title>Manlikheid en magsverlies in die Afrikaanse jagliteratuur sedert 1994: Die olifantjagters van Piet van Rooyen en Groot vyf van Johann Botha</article-title>&#x2019;, <source><italic>Stilet</italic></source> <comment>12, Junie, 27&#x2013;42</comment>.</mixed-citation></ref></ref-list>
</back>
</article>