<?xml version="1.0" encoding="UTF-8" standalone="yes"?>
<article Literator_1040=""><bibl><publisher><pub_name>AOSIS OpenJournals</pub_name><pub_url>www.openjournals.net</pub_url><pub_mail>info@openjournals.net</pub_mail><journal_website>http://www.literator.org.za</journal_website></publisher><issn><issn_print>0258-2279</issn_print><issn_web>2219-8237</issn_web></issn><title><article_title>Emily Hobhouse kaleidoskoop </article_title></title><aug><au><author_name>Joan Hambidge1  </author_name><author_affiliation>1Department of Afrikaans Literature and Creative Writing, University of Cape Town, South Africa </author_affiliation></au></aug><correspondence><author_name>Joan Hambidge1  </author_name><corresponding_email>joan.hambidge@uct.ac.za</corresponding_email><corresponding_postal_address>Private Bag X3, Rondebosch 7701, South Africa</corresponding_postal_address></correspondence><note><text>The poems in this Litera contribution also appeared in LitNet. </text></note></bibl><xref><article_id>1040</article_id><volume>34</volume><issue>2</issue><doi>10.4102/lit.v34i2.1040</doi></xref><history><citation><text>Hambidge, J., 2013, ‘Emily Hobhouse kaleidoskoop’, Literator 34(2), Art. #1040, 1 page. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v34i2.1040 </text></citation></history><copyright><year>© 2013.</year><statement>The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. </statement></copyright><body><sec_heading>Emily Hobhouse in ’n ongeposte brief aan Tibbie Steyn: <paragraph>Vir Hans du Plessis </paragraph><paragraph>Ek dank jou  vir jou warm brief uit die Verre Vrystaat</paragraph><paragraph>met biltong, ingelegde vrugte, flertsies groen kweper, ’n klein karmenaadjie my toegesend.</paragraph><paragraph>Ek proe my aangenome land in ’n toegetrekte keel: sien vroue wat weef en spin in ’n verre Phillipolis…</paragraph><paragraph>O Tibbie, hier is ek ’n rebel, ’n leuenaar, ’n vyand van my mense…</paragraph><paragraph>Maar ek weet: eendag sal my gees weer sweef oor die wye velde van my Troue Land.</paragraph><paragraph>Hoe graag sou ek nie  by die monument   wou klaag? My dank vir die voordrag, die lees van my brief: vir die wonde wat jy, Tibbie, só selfloos, ón-stoets, namens my dra.</paragraph></sec_heading><sec_heading>Emily Hobhouse, ’n selfgesprek <paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, weet u hoe die oorlog ruik? Mag ek u vertel, meedeel van die ellendes daagliks uitgedeel soos stinkende kospakkies? Hoe ’n vader sonder steun sy kind se uitvaart moet aanskou?</paragraph><paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, weet u hoe die oorlog klink? Hoe ’n moeder vir dae sonder trane ’n lyk op haar skoot hou, ’n woordelose wiegelied? Op Springfontein word ’n jong vrou in ’n grys sak ter aarde beklink.</paragraph><paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, weet u hoe die oorlog proe? Die rens melk, die vleis vrot, skifsels meel langs vlieë en luise, luise en vlieë, en vlieë, en nogmaals vlieë, digby grafte soos gapende wonde.</paragraph><paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, vandag het ’n baba van drie maande gesterf. En op hierdie dag, die hereweet, nog twee ander… Vir die vaders, vegtend tot die bitterend, ’n swart-en-wit-kiekie die enigste nalatenskap…</paragraph><paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, ek sien die wit blom in die hand  van ’n kind, stóm.</paragraph><paragraph>Heer Kitchener, Heer Milner, hoor my, hoor my aan.</paragraph></sec_heading></body><bm><referencing></referencing></bm></article>
