Original Research

Breytenbach se Verlies: ‘n verhaal in spreekwoorde

T. T. Cloete
Literator | Vol 1, No 2 | a1023 | DOI: https://doi.org/10.4102/lit.v1i2.1023 | © 1980 T. T. Cloete | This work is licensed under CC Attribution 4.0
Submitted: 10 May 1980 | Published: 10 May 1980

About the author(s)

T. T. Cloete,, South Africa

Full Text:

PDF (317KB)

Abstract

Breyten Breytenbach se “Verlies” (in Katastrofes) is effens langer as “Die boenk” uit dieselfde bundel, op die oog af effens meer verhalend as laasgenoemde maar nogtans ’n kompakte, moeilik deurdringbare vertelling. Sy kompaktheid lê gedeeltelik daarin dat die verhaal grootliks saamgestel is uit spreekwoorde of ander vaste uitdrukkings. Deurdat dit uit spreekwoorde saamgestel is, is dit ’n weinig deskriptiewe verhaal. “Door het aanhalen van een kort gezegde kan men vaak een lange redenering uitwinnen”, sê Van Dale in sy Handwoordenboek der Nederlandse taal van die gesegde — en dit is presies wat gebeur in “Verlies”: ’n aantal kort gesegdes wen in hierdie verhaal lang beskrywings uit, en sekerlik skakel dit alle redenering uit — dit gee aan die verhaal ’n maksimale direktheid.

Keywords

No related keywords in the metadata.

Metrics

Total abstract views: 2746
Total article views: 2449


Crossref Citations

No related citations found.